Dept. nié gelukkig nie, maar aanvaar uitspraak oor uitgelekte vraestelle

Angie Motshekga (Foto: GCIS)

Die direkteur-generaal van basiese onderwys, Mathanzima Mweli, het besluit om nie appèl aan te teken teen die Pretoriase hooggeregshof se uitspraak rakende die herskryf van die uitgelekte matriekeindeksamenvraestelle nie.

Die departement van basiese onderwys het Saterdag in ’n verklaring bevestig hoewel hy nie heeltemal gelukkig is met die uitspraak nie, sal hy dit aanvaar. Die uitgelekte tweede wiskundevraestel en die tweede fisiese wetenskap-vraestel sal dus nié op 15 en 17 Desember herskryf word nie.

“Die departement en die sektor is uiteraard teleurgesteld oor die uitspraak, maar het besluit om eerder nie die situasie vir die klas van 2020 te vererger nie en sal dus nie teen die uitspraak appelleer nie, hoewel daar met respek gronde is daarvoor.”

Maroela Media het vroeër berig regter Norman Davis het beslis dat die oorskryf van die uitgelekte vraestel ongrondwetlik is en matrieks nie hierdie vraestelle hoef oor te skryf nie.

Die departement meen dat die uitspraak nie die kern van die saak aangeraak het nie, naamlik wat die uitwerking sou wees as die departement se ondersoek later bevind dat die geloofwaardigheid en integriteit van die eksamen weens die uitgelekte vraestelle in twyfel getrek word.

Daarbenewens is sommige bevindings volgens die departement nie in ooreenstemming met sekere wetgewende bepalings nie.

“Die departement sal die uitspraak verder bestudeer om die uitwerking van sommige bevindings in die uitspraak op die onderwyssektor te oorweeg en daarna oor die pad vorentoe besluit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

tweeling ·

Dws onwettig beteken niks vir julle nie. Kan ook nie glo dat ‘n woord soos geloofwaardigheid in julle woordeskat is nie!

Adri ·

Sy kan nou maar slagoffertjie speel. Iemand by haar Dept het die vraestel gelek. Soek daai knaap en maak plan met hom.

Baardman ·

Weereens n bewys dat niemand in die anc die regte besluite kan neem nie. Presies dieselfde as die noodtoestand en meeste van die covid regulasies, ens ens

Tanniepetoors ·

Indien enige matrikulant werklik gebaat het by die uitgelekte vraestelle behoort dit baie duidelik sigbaar te wees in die uitslae van so n kandidaat. Tree dan op teen diesulkes en bowenal, kry die persoon of persone wat die vraestelle uitgelek het.

Anton ·

Ons is mos gewoond daaraan. Hulle jaag aan en ons dra die gevolge

Peetjie ·

Begin julle onderdoek by die dept self… Hoekom is due staats drukkery nie gebruik nie? Of is daar dalk n geldelike kwessie ter sprake?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.