Dept ondersoek ‘verkragtings’ en lyfstraf-video

‘n Skermskoot uit die video.

Die departement van onderwys in KwaZulu-Natal ondersoek saam met die polisie voorvalle van beweerde verkragtings en erge lyfstraf by twee hoërskole in die provinsie.

Muzi Mahlambi, woordvoerder van die departement, het gesê by een van die skole is daar bewerings dat drie leerlinge tydens drie verskillende geleenthede deur drie verskillende onderwysers verkrag is. Hy het bevestig die onderwysers wat by die bewerings betrek word, is geskors.

Ander mediabronne het berig dat ʼn leerder om die beurt deur ʼn skoolhoof, departementshoof en onderwyser verkrag is. Volgens Mahlambi is dit egter nie waar nie en was dit drie verskillende voorvalle soos hier bo gemeld.

Mahlambi het intussen ook bevestig dat ʼn onderwyser van ʼn ander skool in die provinsie ook geskors is nadat ʼn video op sosiale media die ronde begin doen het wat glo wys hoe die onderwyser erge lyfstraf op twee meisies toepas. Die video wys glo hoe die onderwyser die meisies met ʼn stok slaan.

Al die voorvalle het glo by hoërskole in Esikhaweni naby Richardsbaai voorgekom.

Dr. Rishigen Viranna, die DA se woordvoerder vir onderwys in KwaZulu-Natal, het gesê daar word amper weekliks berig oor gewelddadige en kriminele voorvalle by skole. “Ons verwag dat die polisie en departement spoedig sal optree in verband met die bewerings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Cherokee ·

Ek merk dit ook op. Het eers daaroor gespot maar nou bly KZN in die nuus se hooftrekke.

Leahim ·

Verkragting veroordeel ek ten sterkste maar n goeie geregverdigde pak slae as straf, daarmee het ek geen probleem.

Swart Piet ·

Lyfstraf – Verseker JA. Verkragting – sluit toe en gooi die sleutel weg.

Verkeerd ·

Om n kind so te slaan met n stok,is verkeerd. Om n kind te verkrag is verkeerd. Word dit “lyfstraf” genoem?. Gee dit jul goedkeuring? Vertrou regtig dat daar iets drasties gedoen sal word aan hierdie tipe van geweldadige gedrag,optrede en verkragtings in skole. So ook wat als buite skool tye gebeur.

Spikkel ·

Groot verskil tussen lyfstraf en aanranding. Hierdie is aanranding. Lyfstraf is n goeie ding.

stellla ·

Ek vermoed lyfstraf is oorspronklik weggeneem agv mense wat dit nie reg toegedien het nie (voor menseregte die skuld gekry het). Daar is niks fout met ‘n goeie pakslae nie.

Geliefd ·

Sjoe…..ek was in die onderwys vir baie jare. Respek deur leerders word verdien deur liefde v d wat jy doen en kennis v jou vak. Ek het gewerk v d eerste dag tot d laaste dag v skool. Ek was ongelooflik streng maar altyd konsekwent en het gevra v wysheid en regverdigheid v d goeie Vader. My hart gaan uit na die leerders en die personeel. Wat ‘n bewys v ons gebroke nasie…..

Retha ·

Ouers is daar om dissepline toe te pas. Onderwysers is daar vir akademiese onderrig. Moet nie die twee verwar nie. Aanranding en verkragting is ‘n misdaad.

Jakoba ·

Party ouer se kinders pas dissipline op hulle toe, en baie ouers disiplineer nie hulle kinders nie, leer hulle nie maniere nie en daar is geen respek vir die ouers of ander mense nie. Die foto lyk nie na lyfstraf nie maar eerder na aanranding. Dit lyk ook of die onderwyser met geweld slaan. Ek weet ook hoe ” opruiend” van hierdie dogters is, maar dit gee nie die onderwyser die reg om haar so geweldadig te slaan nie.

Protes ·

Ek gaan die pak slae ondersteun maar die verkragting is verkeerd en moet ten sterkste veroordeel word.

Annamarie van Zyl ·

Al my simpatie le by die onderwyser. Op die video kan gesien word hoe die leerders ,wat nie meer kinders is nie, hom tart en gil en jil. Leerders het geen respek of sin vir dissipline meer nie.

Theresa ·

Nou praat jy die waarheid. Kyk te veel TV en wil so probeer wees in die gewone lewe. Ek sou my kop verloor het of die bord uitveër heeldag gegooi het na die uittartende minagtende “kinders”. Ek kry die wat regtig graag wil leer en die goeie onderwysers(esse) bitter jammer in ‘n mal wordende R S A.

Jakoba ·

Ek het nie die video gesien nie net my afleiding gemaak van die foto. Maar as dit so is dat hulle uittartend was dan blameer ek nie die onderwyser nie. Daar moet ook gekyk word hoe hierdie kinders optree en nie net altyd die onderwyser die “scapgoat”maak nie. ‘n Saak het twee kante ook

Anoniem ·

Ek het die video gekyk. Dis skokkend. Ek is nie gekant teen pakslae nie. ‘n Pakslae op sy tyd is die beste medisyne. Wat ek wel teen gekant is is dat dit 1: voor ander kinders gedoen is en 2: maak nie saak of hulle hom uitgelok het of nie mens slaan nie ‘n kind so nie. Mens slaan nie ‘n kind in ‘n bui van woede nie. Geen kind verdien om so geslaan te word nie, ongeaf van ouderdom, ras of geslag.

Liza101 ·

Ek lees die kommentare en sidder!!! Het julle na die video gekyk? Hierdie is nie ‘n pakslae nie, dit is aanranding en kan nie goedgepraat word nie, NOOIT nie. Ek wou huil na ek dit gesien het, arme kind het geen verweer teen ‘n volwasse man met ‘n rottang nie! SKANDE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.