Dept. ontken Henri van Breda probeer eie lewe neem

Henri Van Breda ná sy skuldigbevinding (Foto: AP Photo/Nasief Manie)

Die departement van korrektiewe dienste het Donderdag berigte dat Henri van Breda sy eie lewe probeer neem het, ten sterkste ontken.

Die Son berig Van Breda is Donderdagoggend na die Karl Bremer-hospitaal in Bellville gehaas ná hy sy eie lewe probeer neem het. Netwerk24 berig egter dat hy nie in dié hospitaal opgeneem is nie maar dat ʼn bron in die departement van gesondheid bevestig het dat hy wel by een van hul fasiliteite opgeneem is.

Daar word verder berig dat Van Breda sy eie lewe probeer neem het nadat hy deur ander verhoorafwagtendes aangerand is.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het egter aan Maroela Media gesê daar steek geen waarheid in die berigte nie. “Dit is ʼn leuen. ʼn Anonieme bron word aangehaal en dit is nie waar nie. Hy word steeds in die hospitaalafdeling aangehou,” het Nxumalo gesê.

Regter Siraj Desai het Van Breda op 21 Mei in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord op sy ouers, Martin en Theresa, en sy ouer broer, Rudi, asook poging tot moord op sy suster, Marli.

Siraj het beslis Van Breda het sy gesin in Januarie 2015 in hul huis op die De Zalze-landgoed in Stellenbosch met ʼn byl aangeval. Martin, Theresa en Rudi het op die toneel gesterf, terwyl Marli kritieke beserings opgedoen het.

Van Breda is ná die uitspraak in boeie na die aanhoudingselle geneem en daarna in die hospitaalafdeling van die Pollsmoor-gevangenis opgeneem. Vonnisverrigtinge begin op 5 Junie.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Neels ·

Hy sal moet uithaal en wys om te oorleef. Gerugte wil dit he dat die Australiese trust geld dir helfte na gom toe kom. So hy moet maar sy pad oop koop en lyfwagte aanstel met daai miljoene

Linda ·

So waarom sal hy sy eie lewe wil neem as daar soveel miljoene vir hom wag?
En tweedens wie gee ons die reg om hom te veroordeel? Ons moet vir genade pleit by Vader vir hom……en ons wat net regstaan om oordeel te vel.

siek en sat ·

Dis altyd so dat ‘n moordenaar glad nie dieselfde optrede kan hanteer as toe hy/sy ‘n moord gepleeg het nie.

Koos ·

Hy gaan so 25 jaar vir parool wag sodra hy drie keer lewenslank plus 10 jaar opgelê word…

kas ·

Koos,wat van die 15 jaar vir poging tot mootd op dy sussie.Dink jy die drie vonisse vir moord en een van poging tot moord gaan saam uitgedien word plus dan 10 jaar.

Koos ·

Kas, hy sal nooit 15 jaar vir die poging kry nie. Die drie moorde gelyk en 8 jaar vir poging daarna plus 2 vir regsverydeling.

Wonder ·

Hy was dan by die tronk se hospitaal, vandat hy uit die hof gekom het. Wou hy so probeer ontsnap het? Geen simpatie met hom nie.

Riaan ·

Dalk het ek iets gemis,maar hoe word jy skuldig bevind van moord op n persoon,in hierdie geval persone,en dan erf jy geld by hulle. Maak nie sin nie

kas ·

Riaa,uit die boedel uit kan hy nie erf nie want dit word as”bloedgeld” beskou maar hy kan uit ‘n trust uit geld ontvang.Dit maak ook nie vir my sin nie want dit bly “bloedgeld”Linda,hoe het hy ooit kon dink hy gaan daarmee vwegkom.Hy moes op sy kniee gegaan het voor hy koelbloedig sy ouers en sy broer vermoor het op ‘n uiters wrede manier en toe daaroor gelag het

SE MAAR NET ·

Hy moes daar aan gedink het toe hy die geweldige daad gepleeg het, of het hy regtig gedink dat die hof hom jammer sou kry en vry laat. En as hy skuldig bevind is, sou hy royal behandeling kry in die tronk. Realy? Ek dink sy bubble het hard gebars…

Theresa B ·

Ag, hoe dramaties tog. Maak ‘n fliek……………………………

AH ·

Geen simpatie vir hom nie. Ek glo dat hy wel die lafaard is wat sy eie lewe sal probeer neem om van sy straf te ontsnap. Hy het besluit om sy eie lewe onherroeplik te verander toe hy die gruweldaad gepleeg het, so hy moet maar sy straf wat hy driedubbel verdien vat soos ‘n man! Hopelik kom hy nooit weer uit die tronk uit nie!

Foxi ·

Ai mense, is dit nou regtig nodig om sulke kommentaar te lewer? Nee regtig……sy grootste straf sal die las wees wat hy vir die res van sy lewe sal moet saamdra. Hy het sy eie lewe verwoes, maar om iemand wat lê, aan te hou skop en skop is ook nie menslik nie!
Ja, wrede moorde was gepleeg en dit sal altyd ontstellend wees, maar los tog nou vir
van Breda uit.

LB S ·

Mens weet deesdae ook nie meer wat is feitelike nuus en wat is fopnuus nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.