Dept. oor wiskunde: ‘Talle leerders sou druip’

wiskunde argieffoto 2

Argieffoto.

Die departement van basiese onderwys het sy besluit, om wiskunde se slaagsyfer vir gr. 7, 8 en 9 leerders na 20% aan te pas, verdedig.

“Hoofde van regoor die land het die departement in kennis gestel leerders in die gr.7, 8 en 9-seniorfase sal baie sleg vaar indien hulle aan die vereiste slaagsyfer van 40% vir wiskunde moes voldoen,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder vir die departement in mediaverklaring, gesê.

Die vereiste van 40% vir wiskunde vir ʼn leerder om sy jaar te slaag, is tydens die implementering van die nuwe leerplan (Caps-kurrikulum) in 2014 ingestel. Daar is van ʼn leerder in dié fase verwag om twee tale te slaag, asook wiskunde, om die akademiese jaar te slaag.

“Die onderwyskringe het gedurende die 2016-akademiese jaar hul kommer uitgespreek oor die slaagvereistes vir hierdie fase en versoek dat die vereistes hersien moet word. Die departement is besig hiermee,” het Mhlanga gesê.

Die departement het intussen besluit om spesiale kwytskelding te gee vir leerders wie se bevordering na die volgende graad nadelig beïnvloed is deur die verpligte vereiste om wiskunde met 40% te slaag.

Volgens Mhlanga was dit die beste besluit wat die onderwysdepartement op kort kennisgewing kon neem en is dit net vir 2016 geldig.

“Die departement glo nie die besluit sal die poging van die leerplan om slaagstandaarde te verhoog, belemmer nie. Standaarde kan net stelselmatig verhoog word en daarom die interimbesluit terwyl ons die beleide hersien,” het Mhlanga gesê.

Debbie Shäfer, die Wes-Kaapse minister vir onderwys, het egter gesê die besluit van die onderwysdepartement is “soos om ʼn verband te plak op ʼn pasiënt in die hoësorgeenheid en te verwag dit sal hom gesond maak”.

“Dit is nie ongewoon om kwytskelding vir leerders te verskaf indien ʼn nuwe leerplan met hoër standaarde in die onderwys geïmplementeer word nie, maar waarom die slaagsyfer vir wiskunde aanpas na 20% en dit nie net hou by die 30% slaagsyfer, soos wat dit voor die nuwe leerplan was nie?

“Ek verstaan ook nie waarom gr. 7 en 8-leerders by die besluit betrek word nie. Gr. 9-leerders het minstens die opsie om wiskundige geletterdheid te neem tot matriek, maar kinders wat net 20% vir wiskunde in gr. 7 en 8 behaal het, gaan beslis net verder sukkel in die volgende twee jaar wat hulle nog die vak moet neem,” het sy gesê.

Shäfer het gesê die tussentydse besluit van die onderwysdepartement spreek nie ‘n veel groter probleem aan nie. “Ons het eenvoudig nie genoeg goeie wiskunde-onderwysers in Suid-Afrika nie.”

Sy stel voor dat onderwysers dadelik beter opgelei word om beter klas in wiskunde vir die seniorfase aan te bied. “In die Wes-Kaap word dit gedoen deur ʼn e-leerprogram waar ons aanlynbronne gebruik om beide leerders en onderwysers met die vak te help. Die model kan landwyd uitgerol word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Anoniem ·

Shame man hoekom die kinders nog straf om skool toe te gaan… gee hulle hulle matriek en stuur hulle direk Universiteite toe vir verdere studies in Bcom petoging en B.ing klip gooi gee hulle dan ‘n Meesters graad in afbrand en stig ‘n organisasie #mathsmustfall want dit is anyway die Kolonialisme wat dit ingebring het…

Johann ·

Waarom dan daardie kinders hoegenaamd wiskunde laat neem, net om hul besig te hou? Leer hulle eerder kettie skiet, of kleilat gooi, ten minste doen hulle dan iets waarvan hulle hou.

antjie ·

Ek sal nie eers droom om sulke half ongeletterde mense indiens te neem nie….dit is n skreiende skande…Wat gaan jy maak as jy op die operasie tafel le….juis met n slaagsyfer van 30% en daai dr moet jou opereer….nee wat dan loop sterwe ek maar in my huis….

Cacophony ·

Dis bietjie snobisties of hoe. Gaan elke kind dan nou doktor word? Nee man daardie dae is verby. Daar is reuse spektrum om vam te kies en jynhet nie wiskunde nosig vir alles nie. Duisende kinders het in ou skool bedeling nie eers wiskinde as vak gehad nie en kon steeda universiteit toe gaan en sukses maak van hul.lewens. Medies werklik nie die end all and be all nie

Naomi ·

Dis die departementele vraestelle wat die kinders laat druip het. Regdeur tot graad 11. Daar is goed gevra wat die kinders nooit behandel het nie. Ek voel die kinders wat we’ll wiskunde gedruip het sou nie as daai moeilike onbehandelde vrae nie gevra was in die vraestelle nie. Daai graad 10 en graad 11 kinders moet ook deur gesit word!

Se maar net ·

Ons president kan ok nie tel nie. Moenie lelik wees nie. Ons moet by hom aan pas… LOL!

Gerda Thiart ·

Regtig word die slegte onderwyser alweer die sondebok gemaak. Liewe hemel die kinders is lui en weet hulle hoef niks te doen nie, want hulle word deurgesit. Ons kan net met die breinselle werk wat ons kry. As ek my ou kar in n mercedes garage gaan bêre oor nag…raai wat !!!! DIT BLY N OU KAR…..dit verander nie in n Mercedes nie. Jy kan die beste onderwyser wees wat die beste werk lewer AS DIE KIND NIKS DOEN NIE……IS AL JOU GOEIE
AANBIEDiNGS en insette useless.
Elke jaar word leerders aangehelp na die volgende graad….dit is regtig nie iets nuutste nie. Daarom sit jy met kinders in graad 8 en 9 wat in graad 5 of 6 laas Wiskunde op hulle eie geslaag het. Dit is onmoontlik om te verwag dat hulle graad 8 en 9 Wiskunde kan baasraak. Dan het ons verder die probleem van klasse van 80 in EEN KLAS. Jy as onderwyser moet net cope…….die maklikste oplossing van die Departement is…..sit hul deur, deur die slaagvereistes te verlang. Heel jaar word ons opgedruk oor standaard…..en aan die einde van die jaar was alles verniet….
Dit is een groot grap….. Nee onderwysers is nie die probleem nie…

Cacophony ·

Gerda kan ek aanneem jy is onderwyser? Ja nee kyk die standaard van wiskunde onderrig is vrot dit ontken niemand. Ons as ouers bestee fortuin aan ekstra wiskunde klasse (amper geen kind kan meer op eie stoom of net met onderwyser oor die weg kom nie. So asb kry jou feite eers reg. Kinders is nie lui nie onderwysers is te flippen vrotsig om hulle ordentlik te leer en stoot te maklik die verantwoordelikheid op ouers en ekstra klasse af. Neem eerder bietjie verantwoordelikheid eerder as om altyd net die maklike roete te vat van die kinders is lui. Bog man dis julle kloml wat net nie meer die moeite wil doen nie

Anon ·

Cacophony, onderwysers kry altyd die skuld vir alles. Ek stem saam met Gerda. Klasse met meer as 50 kinders per klas. Hulle stel nie belang om handboeke te bring, huiswerk te doen of assesserings in te handig nie. Hulle weet dat hulle oorgeplaas of hulle punte aangepas sal word.

Verıtas ·

Cacophany, jy stel dıt so’n bıetjıe kras maar ek wıl ın ‘n mate met jou saamstem. Baıe onderwysers beskık ongelukkıg nıe oor dıe vermoë om kennıs oor te dra nıe. Dıt beteken egter nıe dat hy/sy nıe sy/haar vak ken nıe. Wat wıskunde aanbetref, glo ek dıe belangrıkheıd daarvan word oorbeklemmtoon. Daar bestaan wel ‘n behoefte om basıese wıskunde (lees rekene) onder dıe knıe te kry, maar dıe belangrıkheıd van dıe vak word heeltemal oorspeel. Daar ıs tog vele beroepsrıgtıngs wat nıe gevorderde wıskunde, soos ons dıt ken, benodıg nıe. Daarby kan alle leerlınge tog nıe ewe mooı teken of musıek maak nıe. Alle kınders se aanlegte behoort aangespreek te word en nıe net dıé van kınders wat wıskundıg aangelê ıs nıe.

Jack Russl ·

Cacophany, wat het jy teen onderwysers? Is jy een van die wat nie eers geslaag het nadat hulle die ander deurgesit het nie?

Ek stem saam dat daar onderwysers is wat nie weet wat hulle doen nie, maar jy kan nie afmaak dat almal niks weet nie.

Die ouers is ‘n groot probleem, en dit begin al in die kleuterskole. Die ouers het GEEN disipline by die huis nie. Dan slaan daai kind ‘n ander by die skool en dan word hy teruggeslaan deur die ander kind. Dan kom die ouers woedend by die skool aan want hoe durf ‘n ander kind sy kind slaan. Dreigemente word rondgegooi, maar die probleem is die kind het nie disipline by die huis nie, maar hulle wil dit afskuif op die onderwyser. Ek het hope voorbeelde

Cacophony ·

Ja nee kyk Jack Russl jy kef soos ‘n brakkie maar jou argument het geen byt nie.
Jy erken jouself dat daar onderwysers is wat nie weet wat hulle doen nie. Kyk na die stand van wiskunde en jy sal self moet erken dat dit moet aan die hand van die statistieke die oorgrote meeederheid wees. Kom ons kyk bietjie wie bied deesdae wiskunde aan? Die onderwyser wat gespesialiseer het in wiskunde? Nee dis die student wat dalk iewers in sy kursus wiskunde 1 gehad het. Geen skill om te verduidelik nie maar ingegooi in wiskunde klas. Daar is goeie onderwysers ja… die afgetrede onderwysers of dalk een of twee wat dedicated is tot die vak. Skattebol jou argument oor my onderrig is so lame soos kinders se wiskunde punte en ek vermoed heel moontlik so lame soos jou klas se wiskunde punte. Fokus bietjie skattebol en moenie jou alie wip oor die feite julle wiskunde onderrig is swakker as die rand!

Paula ·

Weet nie wat is die bohaai nie, ek het 26 jaar terug matriek geskryf en die slaag syfer was 35%.
As jy nie wiskundig aangelê is nie kan jy nie wiskunde doen nie. God het elkeen met n ander gawe geskep. Sommige mense kan dig en skilder waar ander wiskundig is. Ek verpes die “slim mense” wat so te kere gaan as mens nie kan wiskunde kan doen nie. Kan julle skildery verf en digbundels skryf.

Jan ·

Jy is 100% reg, nou waarom iemand in ‘n rigting indwing terwyl daardie persoon nie die aanleg daarvoor het nie. Waarom bring die regering nie aanlegtoetse en Psigometriese toetse terug nie, vra ek jou. Hulle versaak die jong mense, die jong mense weet nie wie hulle is nie, hulle probeer wees wat ander wil hê hulle moet wees.

Meraai ·

Ons het verseker nie wiskunde onderwysers nie en ons onderwys het transformasie dringend nodig. In plaas van onderwysers op te saal met snert, bied vir hulle sinvolle opleiding aan. Ek dink vir my persoonlik geld beginsels soos hoe minder onderwysers doen, hoe minder wil hulle doen. Gee hulle uitdagings – rakende klasgemiddeldes – gee hulle weer uitdagings om te werk na sukses!!! Ek dink persoonlik dat punte baie keer geknoei en gekreukel word vir kinders om te slaag!!! Laat wiskunde vir ons land se onderwys asseblief ‘n uitdaging word – ons MOET ons standaarde lig!!!

Poppie ·

Ons onderwysers berei voor en kry opleiding en gee toetse en ekstra klasse en noem dit maar op en dit sal op die lysie wees. Die studente doen nie eers huiswerk nie, daag nie op vir klasse nie en wanneer hulle wel opdaag beter jy as onderwyser net in jou spoor trap om hulle nie te affronteer nie want dan is jy kniediep in die sop.ure en ure se werk aan lesbeplanning en elke bladsy in elke voorbereidings leêr beter elke dag in orde te wees anders is daar oorlog. Groot klasse en konsepte en lesinhoud wat nie bemeester is in vorige grade nie is groot probleem.dis NIE moontlik om te toor en daai agterstand in te haal nie.my gebed is net altyd elke aand.Here help my om die volgende dag suksesvol af te handel, te help waar ek kan en genade dat my senuwees deur al die tatrende gedrag nie sal knak nie. Amen

Jan ·

Poppie, daar is baie van ons wat na aan julle staan, wat groot empatie met julle het, lewer net jou bes, ons sien dit in ons kinders dat julle ‘n verskil maak. Dankie omdat julle is wat julle is, dit nog jul roeping is.

Cacophony ·

Dis ongelukkig nie die geval in alle skole nie! Daar is hoeveel onderwysers wat net eenvoudig nie belangstel nie. Vir wie diente maklik is om te sê die kind is lui. Ja daar is lui kinders geen twyfel maar nie alle kinders kan luo wees nie. Baie gevalle is dit eerder dat die onderwysers net absolute onvermoë het om wisk aan te bied en dan kom met daardie snert benadering vam figure it out yourself.

Charmaine ·

Hoekom is hierdie probleem geidentifiseer aan die einde van die jaar nadat die kinders klaar eksamen geskryf het. Wat het hulle die hele jaar gedoen? Nou word die probleem oorgedra en aangegee vd volgende onderwyser. Volgende Desember lees ons van die selfde grade wat nou gaan wees gr 8, 9, 10 wat agv swak wiskundige insig nie kon verstaan watter werk gemerk was om te leer vir die eksamen nie. Lekker lat gepluk! Wie se las gaan hierdie kinders word as hulle nie kan werk kry nie? Die belastingbetaler s’n!

Alida ·

Sommige onderwysers is nie opgelei nie. Die een blinde lei die ander.

Wonder ·

Leerders wat oor die algemeen hier deur bevoordeel word is of eerstens nie Wiskundig aangelê nie, skole van benadeelde areas, meer as normaal met hulle ouers se toestemming afwesig. Ten minste 80% van die leerders presteer puik. Ja daar is onderwysers wat nie op standaard is, maar ons wat hier so wil krities wees, se kinders is in goeie hande en word met ope arms by universiteite aanvaar. Jammer dat die probleem nie spesifiek in kommerwekkende areas gemeld word nie.

snoefie ·

80% presteer puik (seker 50’s% gemiddeld) en word met ope arms by universiteite verwelkom. soms praat onkunde tog so hard ne.

Wil Wiskunde ·

TRAGIES! Verstommend! Ongelooflik! stem saam met al die kommentare, behalwe Naomi en Paula wat deur hul nekke praat. Wiskunde is ongetwyfeld DIE vak wat toekomstige prestasie, hetsy op skool , universiteit of in die werksplek dikteer. Of wil ons ook soos Kuba spog met geletterdheid sonder enige besondere bekwaamheid ? Met hierdie kortsigtige laat-maar gaan benadering gaan mediese dokters opgelei word as ongekwalifiseerde verpleers en ingenieurs as “wanna-be” werktuigkundiges. Wat op aarde wag op ons in hierdie land van ongeloofbaarhede en toenemende onkunde?

Naomi ·

Nee, ek praat nie deur my nek nie. Ek ken n graad 11 meisie wat die hele jaar lank 3de of 4de in haar klas gestaan het met wiskunde (nie geletterdheid nie) en die dag toe hulle klaar eksamen geskryf het het sy vertel van hoe moeilik dit was en daar n hele seksie in was wat hulle nie behandel het nie. Daai kind moet nou graad 11 herhaal want sy het wiskunde gedruip. Ek glo dis bitter onregverdig! My eie seun het van 76% geval tot 40%. Ja, hy slaag, maar ook maar net-net. Hy het ook gekla oor die vraestel wat so moeilik was.

Cacophony ·

Wil wiskunde jou akademiese snobisme is uiters verstommend! Dis duidelik dat jy geen ondervinding van die werksplek het nie dienooreenkomstig jou kortsigtige opmerkings. Doen jouself ‘n guns (dis nou natuurlik as jy buite jou wiskundige boksie kan dink) en gaan lees bietjie op oor EQ vs IQ in die werksplek. Wiskunde is beslis nie die maatstaf van sukses nie inteendeel wonder ek of daar al ooit in ‘n onderhoud gevra is wys my asb jou graad 12 wiskunde punte. Dis omtrent so oorbodige vraag soos wys my jou bywoning sertifikaat vanag graad 1 tot 12. Wiskunde is miskien een van die maatstawe maar werklik nie die enigste maatstaf nie. En weereens word tog jet wakker dr en ing. is defnitief nie die enigste beroepe in ons wêreld nie. Klim biejtie uit daai boks van jou. There is a big wide world out there and it’s not dictated by one plus one!

Jan maak n Plan ·

@ Wonder – Jou kind het seker nog nie vir medies aansoek gedoen nie. Google asb die universiteite se toelatings vereistes vir medies. Dis n skande.

Wonder ·

Raai wat my kind en vriende se kind is gekeur. Sterkte uit die Wes-Kaap

hermanie ·

Hoe geleerd sal jy nou wees. Onderwysers en leerders.Gelukkig sal hulle nie universiteit toe kan gaan nie.

Jvs ·

Te veel leerders per klas. Klaskamers staan leeg, maar die Departement sal nie nog onderwysers aanstel nie! Skreiende skande. Sommige onderwysers werk vakansies met die leerders en sommige na ure. Leerders kan ook net solank konsentreer. Nogsteeds nie goed genoeg nie!!!

Cacophony ·

Wat ‘n klomp snert. Jy laat daai kind deurkom met 20% in die laer grade maar as hy in graad 10 en hoër is dan moet hy weer 40% kry om te slaag. Dis bitter onregverdig teenoor die kind want daar word illusies by hulle gekweek oor wiskunde. Nie almal kan wiskunde doen nie maar sit beteken glad nie die kind is dom nie!!! Asb tog hoekom gaan ons nie net terug na die dae waar kinders kon kies om wiskunde en ander vakke te neem en steess varsity toe kon gaan. Ie dae van hoër graad srd graad ens. Dit het gewerk. Hierdie oordrewe fokus op.wiskunde breek menige kind en as die std nou nog daarby verlaag gaan word sal dit menige kind breek

Janneman ·

Niks fout met die plan nie. McDonalds werkernemers werk nie met die miljoene wat zumpie so gereeld oor struikel nie. Hulle moet net 0 tot 9 te kan intik en tegnologie sal die res doen!

Johan Bezuidenhout ·

Sportmanne en sportvroue lig die dwarslat. In onderwys laat sak ons die dwarskat tot nadeel van die hele land en sy ekonomie.

wilma ·

Regering wil ma net dat leerders klamaak met skool dat hul as regeri ng net kan voel hul het hul plig gedun om di nasie deur skool te kry.

Kloekie ·

Skool gaan n bywoningskursus word. Nes medies. Ek weet van mediese studente wat hul matriekjaar die eerste maal gedop het en moes weer doen. Nee wat, niks sal ooit hul skuld wees. Bv. Die bus sal altyd vir hulle wegry, sal nooit wees van ek was laat nie. 0% Accountability!!!

Jana ·

Ek vra ook hoekom hulle so laat n pleister op die verkeerde plek wil plak… my opinie: die kirrikulum is oorvol, my gr8 kind kry 80% gem vir ander vakke, maar ondanks ekstra klasse en wisk huiswerk waarmee sy tot laataand sit, behaal sy 42% met moeite. Daar is nie genoeg tyd om elke beginsel goed onder die knie te kry voor die vlg tema behandel word nie. Hersien die lesplanne, sorg vir n beter grondslag en daar mag dalk beter resultate wees!

Johan Fourie ·

Ouers doen julle self n guns ek het self een in gr8 .Wiskunde n nagmerrie gaan kyk na die opnames van die kammeras in die klaskammers.Waar jou kind in n vak sukkel,jy sal agter kom wie se skuld dit is jy sal verbaas wees wat daai kinners in staat is in n klas,

IRAM ·

Die probleem begin in Graad 1. Die CAPS curriculum in absoluut belagluk. Daar is geen tyd vir vaslegging. Al wat belangrik is, is as “madam” kom inspeksie doen wil sy sien en tel hoeveel aktiwiteite jy as onderwyser gedoen het. As hulle ons as onderwysers los en jou professionaliteit respekteer sodat jy kan vaslegging doen van begrippe wat leerders nie verstaan nie sal ons nie sit met sulke besluite nie. Dis tog seker hoekom dit die Grondslag fase genoem word.

vermeende ·

Die probleem is meer kompleks as net lui leerders of lui onderweisers.
Die probleem le eerder by die departement wat heeltemal verwyder is van van die probleem en wat eerder die maklike roete kies as om ondersoel te stel en met werkbare oplossings te kom.

Kinders moet twee tale en wiskunde slaag om te vorder maar dan is daar kinders wat soos ek disleksies is. Mense wat disleksies is, is meer geneig om wiskundig te presteer, deteken dit dat hierdie kinders se taal persintasies ook aamgepas sal word soos die wiskunde punte?

John ·

Hoekom wiskunde uitsonder? Almal droom oor universiteit, ‘n droom-job en ‘n droom-salaris in hierdie droomland van ons. Maak nie saak hoe nie, maar kry gaan ons dit kry. Begrippe soos wiskunde en standaarde is nie in Afrika uitgedink nie… maar dit kan wel binne ‘n japtrap ‘n vierkant in ‘n sirkel verander… teen betaling natuurlik… Ouers moet hul kinders waarsku om te vlug as hulle leerkragte sien peuter met kragdrade, spuitkannetjies, bottels vol vreemde middels of met ‘n wriemelende rottang in die hand…

leon - Centurion ·

Wat ‘n grap. Die kruks van die saak is. Ons skoolopleiding is van die swakste in die wereld. In plaas van om skouer aan die wiel te sit en die oplossings vir ons swak prestasie te vind, neem “ons leiers” weer die maklikste opsie. Dit is so tekenend van die ANC regering, plak ‘n pleister op! So word die standaarde weer ‘n kerf afwaarts geskuif. Nog ‘n ou transformasie passie.

Wees verseker – die manne en vroue kan nie ‘n land regeer nie. Jammer ou Max, noem my maar wat jy wil.

Klaas ·

Hoekom word al julle slim mense ni wiskunde onderwysers ni. En nou word daar van ons as werkgewers verwag om vir hierdie mense werk te gee. Ai tog.

Lala ·

Ai Klaas as jy net gaan fokus op wiskundige aanleg om.mense aan te stel gaan jou onderneming in GROOT moeilikheid wees.
Kinders neem oor die algemeen tot en met 9 vakke. Wil jy nou rerig kyk na net een punt om hulle “deug” te bepaal? Kom ons kyk na:
Sandile hy kry gemiddeld in die 70’s vir al sy vakke maar sukkel met wiskunde dis net 50.
Sarie kry 70 vir wiskunde maar doen swak in Engels en Afrikaans.
Bennie hy kry 90 vir wiskunde maar kan glad nie Lewensorientering doen nie
Rhoda kry 70 vir al haar vakke maar 90 vir wisk gelets.

So Klaas maak jou keuse gaan jy jet die ou aanstel wat 90 vir wiskunde gekry het? Nee daar is verskeidenheid in kinders se prestasies. Wiskunde word by verre oorskat!

Lala ·

Ai Klaas as jy net gaan fokus op wiskundige aanleg om.mense aan te stel gaan jou onderneming in GROOT moeilikheid wees.
Kinders neem oor die algemeen tot en met 9 vakke. Wil jy nou rerig kyk na net een punt om hulle “deug” te bepaal? Kom ons kyk na:
Sandile hy kry gemiddeld in die 70’s vir al sy vakke maar sukkel met wiskunde dis net 50.
Sarie kry 70 vir wiskunde maar doen swak in Engels en Afrikaans.
Bennie hy kry 90 vir wiskunde maar kan glad nie Lewensorientering doen nie
Rhoda kry 70 vir al haar vakke maar 90 vir wisk gelets.

So Klaas maak jou keuse gaan jy jet die ou aanstel wat 90 vir wiskunde gekry het? Nee daar is verskeidenheid in kinders se prestasies. Wiskunde word by verre oorskat! Daar is 9 soms meer ander vakke waarin kinders kan uitblink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.