Dept. sal aanhou veg ná skole-uitspraak

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het gesê sy departement is bereid om die saak teen die omskakeling van skole van enkelmedium na parallelmedium tot in die konstitusionele hof te beveg.

Lesufi het tydens ʼn mediakonferensie gesê sy departement sal poog om die saak direk na die konstitusionele hof te verwys. Dit volg nadat die hooggeregshof in Johannesburg gelas het dat die departement skole se taal- en toelatingsbeleid in ag moet neem in die aansoekproses om toelating van leerders vir 2016.

Volgens Lesufi het regter Gregory Wright ʼn fout gemaak in sy uitspraak. Hy het gesê die departement het ʼn probleem daarmee dat skole hul eie taal- en toelatingsbeleid in ag kan neem. “Dit is strydig met regulasie 7 van die toelating van leerders tot openbare skole, wat duidelik die kriteria stel wat skole moet oorweeg wanneer hulle die onderskeie waglyste opstel.”

Lesufi het gesê die departement wil dit duidelik maak dat geen skool ʼn leerder sal uitsluit op grond van taal nie. “Die reg tot onderwys is een van die mees fundamentele regte in die Grondwet, en indien enige skool strydig met die Grondwet optree in die toepassing van sy taal- en toelatingsbeleid, moet dié beleid buite rekening gelaat word.”

Lesufi het gesê al beslis al die howe teen die departement, sal toekomstige generasies weet dat mense probeer het om Suid-Afrika nierassig te maak. “My kinders en my kleinkinders sal nooit oor ons grafte urineer nie. Hulle sal voortgaan om te veg tot hulle wen.”

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

david ras ·

Natuurlik sal Lesufi appelleer ! Appelsake kos geld en die belastingbetaler gaan daarvoor betaal.
Ek wens net dat die howe ‘n waarskuwing rig aan die Lesufis van hierdie wereld–verloor die saak n jy betaal uit jou eie sak !
Die grondwet se immers in Art 9.1. almal is gelyk voor die reg–as Fedsas sy eie koste moet dra–so ook die department !

chris ·

Jaloesie is ‘n verterende vuur.Alles wat tot niet gaan en nog afgebreek moet word het sy oorsprong in jaloesie.Ek kan nie daarom mag jy nie.Hoeveel suksesvolle nuwe skole,hospitale,paaie.treine ens gebou in 20 jaar?Net ‘n paar in 20 jaar, met al die geld en kennis tot hul beskikking.Dit is net jaloesie.Dit is so goed ons ploeg die tartam om omdat die mense van Kenia en Somalie so goed is in die 3000 meter en altyd wen.Belaglik!

Francois ·

Interessant hoe daar gesê word : dat geen kind uitgesluit sal word op grond van taal nie

En dan oomblikke later ‘ons sal veg om SA skole nie-rassig te maak.

Wat het taal met ras te doen? Ek is nie bewus van skole wat ras as toelatings vereiste het nie? Bloot skole wat vereis dat leerders die taal van onderrig moet kan verstaan…

MARTIN ·

Hy verstaan nie mooi nie. Miskien moet hy terug gaan en skool gaan bywoon in sy eie taal. Vat so Katvis.

neelsie ·

Al is dit my laaste taak op aarde, sal ek veg vir die saak.
Mense wat altyd op ander se rug wil ry……..
Kan die regering niks self doen nie?
Lyk of hulle net verbruikers is , geen opbouers nie.
Dit sien ons in die verval van die samelewing se waardes.

Ghia ·

Maak 206 skole toe – kan dit nie onderhou nie, Maar het die cheeck om te se dat almal is geregtig om deel te wees van goeie skole. Ja, private skole wat met trots onderhou is en alle standaarde voldoen. Hoekom nie die 206 skole oopmaak, regmaak en gebruik. Sy kultuur is al so afgewater (geen trots daarin om leerlinge in die korrekte omgewing op te lei) dat hy enige skool sal parallel maak om die onderwys department se onbevoegdheid toe te smeer. Volgens wet moet daar x leerling per toilet toegelaat wees. Wat van die skole wat GEEN toilets het nie met 1000+ leerlinge? Hoekom kan dit nie reggemaak word nie. Maar nee, kom on breek wat reg is, maak nie reg waat gebreek is nie. Kan nie eers die boeke-verskaf-ding regkry nie. En toe dit moet reggemaak word met ‘tablets’, toe moet die tablette teruggetrek word agv diefstal! Ek stem – laat hy vir sy eie hofsake betaal en dan sien ons hoeveel keer gaan hy hof toe.

Johan Coetzer ·

Wat nodig is is ‘n parallelle privaatbefondste onderrig stelsel (insluitend bekostigbare privaatskole en tuisonderrig) wat self hulle eie beleid kan bepaal sowel as klaskamer getalle. Staatsinmenging het die onderwysstelsel geweldige skade aangedoen. Dit moet nie rasbehep wees nie maar geskoei op die beginsel dat Afrikaanssprekendes die keuse het om in hulle moedertaal onderrig te ontvang met gesonde getoetste grondbeginsels. As ‘n oud onderwyser soh ek sê dat menige goed opgeleide trotse pedagoge net sit en wag vir ‘n geleentheid om die beste uit hul leerders te haal sonder burokrasie.

Emile ·

Die 1976 Soweto opstande was o.a. in reaksie teen die gedwonge taalbeleid van die vorige regering. Die ANC het die Skolewet van 1996 toe juis opgestel met die intensie dat so iets nie weer sou gebeur nie en het daarmee skole se magte in die hande van die ouers en gemeenskap geplaas deur die Skoolbeheerliggaam ALTYD die meerderheidstem te laat he bo onderwysers en onderwys/regeringsamptenare. Hierdie wet bepaal dat die SBL, nie die Onderwysdepartement nie, o.a. ‘n toelatings-, godsdiens en taalbeleid vir hul skool daarstel.

Soos met die Rivonia geval blyk dit egter dat die regering nou in teenstelling met die letter en gees van hul eie Skolewet, beheer van skoolbestuur wegneem van ouers en die gemeenskap.

Chris Lombard ·

Lesufi weet hy tree teen die wet op, maar hy doen dit in elk geval. Om die wet te verander, moet die ANC die skolewet verander deur parlement, wat hulle enige tyd kan doen, of Lesufi moet van die bepalings van die huidige skolewet as onskonstitusioneel laat verklaar.

Enige persoon wat dink dat die konstitusionele hof die kant van Afrikaners gaan insien, leef in n droomwereld. Dit is net n kwessie van tyd voor hy sy sin gaan kry. Ons sal moet prober om die skole uit te koop en te privatiseer, of alternatiewelik privaat Afrikaanse skole van die grond af moet begin.

ed ·

Kry Afrikaanse privaat skole en sommer n Afrikaanse geldeenheid daarmee saam

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.