Die departement het ʼn klag by die Amerikaanse federale ondersoekburo (FBI) ingedien oor ʼn universiteit in die VSA. Die SFCS Universiteit adverteer op Facebook dat hy geakkrediteer is by die departement van hoër onderwys en gebruik ook die departement se logo.
Die instelling bied baccalaureusgrade, meestersgrade en PhD-grade aan wat binne drie weke van registrasie verwerf kan word sonder om te studeer. “Ons sal volgende week ʼn brief aan die Suid-Afrikaanse ambassade in die VSA stuur en hulle versoek om ons bystaan om ʼn saak in die VSA aanhangig te maak,” het die departement gesê.
Ander instellings wat ook deur die departement geteiken word sluit in Barkley Universiteit (VSA), Fargo Universiteit (VSA), en Morolan IT Colsultants in Sunnyside, Pretoria.
“’n Bedrogsaak is ook aanhangig gemaak teen ʼn onwettige kollege in Empangeni, KwaZulu-Natal wat bekend staan as die Empangeni Commercial College. Die instelling word onwettig bedryf en reik vals kwalifikasies uit,” het die departement gesê.
Die departement het ʼn beroep gedoen op studente om die registrasiestatus van private instellings by die departement te bevestig voor hulle registreer om daar te studeer.
Dit is waarskynlik waar baie van die “dôctôs” en ander hoog-geleerdes in staats- en regeringsposte hul sertifikate vandaan kry. Daar moet sommer ‘n oog gehou word op Zimbabwe ook waar ou Bob se vrou onlangs ‘n kits-doktorsgraad gekry het.
Dit sal goed wees as alle persone in senior staatsposte se kwalifikasies noukeurig ondersoek word, maar ek weet nie waar gaan hulle mense kry om dit te doen nie, want hulle wat in glashuise woon kan nie met klippe gooi nie.
Presies, te veel van ons slim leiers in alle sektore bly in die glas huise. Nou val die land se standaard maar, solank hierdie mense net kan regeer en skep £££££