Dept stoor of verkoop nie meer onwettige perlemoen

Gekonfiskeerde perlemoen (Foto: SAPD)

Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, het Woensdag gesê sy departement sal nie meer gekonfiskeerde vis en perlemoen stoor of verkoop nie.

Zokwana het in sy begrotingsrede gesê wanneer dit kom by die bestuur van die land se mariene hulpbronne, is dit “nie gewone misdadigers nie, maar georganiseerde sindikate” wat verantwoordelik is vir omgewingsmisdade soos oormatige visvang, visvang sonder permitte en diefstal uit die departement se pakhuise, gewoonlik met behulp van departementele beamptes.

“Dis waarom ek die besluit geneem het dat die departement nooit weer enige gekonfiskeerde vis sal stoor nie,” het hy gesê.

Sy departement is ook in gesprek met die departement van justisie, polisie en omgewingsake om ʼn holistiese en omvattende nasionale strategie te ondersoek om dié misdade te bekamp.

Hy het verwys na ʼn onlangse voorval waar verskeie gewapende rowers, na bewering in polisieuniforms geklee, Dinsdag toegeslaan het en sewe ton gekonfiskeerde perlemoen gesteel het wat by die departement van visserye in Kaapstad gestoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

zoom zoom ·

As dit nie gestoor of verkoop gaan word wat gaan die departement met die goe doen. Nerens in die berig lees ek wat gaan gedoen word.

Bok ·

Francois, ek dink jy is heeltemal reg.
Laat die wat die vis gekry het heerlik eet aan hulle fonds hoekom moet binne diewe die vis eet??

Oom Kalahari ·

@ Francois, jou steling is korrek. Sal net graag wil weet as die Dept dit nie meer wil verkoop of stoor nie wat gaan dan van dit word. Laat dit dan deur Marine biologie verkoop word en die geld aanwend vir Marine beskerming.

Vryheid ·

Ja die minister is moeg vir vis en perlemoen eet. Vrieskaste is vol. Gee hom n steak asb.

Gemaskerde Sopbeen ·

Huh? Nou moet almal in daardie departement hulle EIE vis vang en perlemoen uithaal? Nee man…..hier kom nog ‘n “strike”!!

E.K. die eerste ·

..gaan dit seker skenk aan hul bra’s wat seekosrestaurante het of self opeet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.