Die hooggeregshof in Johannesburg het verlede week gelas dat skole se taal- en toelatingsbeleid in ag geneem moet word wanneer daar oor die toelating van leerders vir 2016 besluit word. Dit volg nadat die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) ʼn dringende hofaansoek ingedien het om die departement se gesentraliseerde toelatingsproses en sy plan om enkelmediumskole na parallelmediumskole om te skakel, te keer.
Volgens Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, word daar nou ʼn ondersoek ingestel nadat dit glo aan die lig gekom het dat onderwysamptenare die bepalings van verlede week se dringende hofbevel ignoreer.
“Dreigemente van oudits van die personeel- en leerdersamestelling van sommige skole in Gauteng word ondersoek. Sommige skole word ook gedwing om die oorspronklike aansoekvorms vir 2016-toelatings aan die departement te oorhandig,” het Colditz gesê.
Hy het gesê onderwysamptenare voer na bewering aan die doel hiervan is om die sogenaamde e-platform-databasis op datum te hou. “Indien dit wel die enigste rede is, het Fedsas nie ’n probleem daarmee dat afskrifte van die aansoeke verskaf word nie. Skole is egter geregtig op hierdie vorms aangesien skole se A- en B-waglyste hiervolgens opgestel word, soos deur die hof beveel,” het hy gesê.
Colditz het beklemtoon dat die saak nie oor taal of ras gaan nie en dat die organisasie hom beywer vir die toerus van skoolbeheerliggame soos bepaal deur die Suid-Afrikaanse Skolewet. “In hierdie spesifieke geval word meestal Afrikaanse skole op die oog af geteiken en gevolglik tree Fedsas namens hierdie lede op. Die organisasie het egter ’n trotse rekord van die toerus van die volle spektrum van diversiteit in Suid-Afrika,” het hy gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Die onderwysamptenare is maar weereens ‘n bewys van swak gedrag en geen leierskap nie.
Ek verwys na ‘n artikel oor waar die kinders nie eers stoele het om op te sit nie. Die amptenare moet liewer hulle energie fokus om huidige skole se standaard op te hef, in plaas van ‘n heksejag oor taal en ras.
Hulle steur hulle aan niks. Nie eers die hoogste Hof nie. Hulle doen net wat hulle wil en niemand keer hulle nie………………………………..
Enkele aanhalings uit “VOORUITGANG” van JAN WAT VERSIES MAAK: Engels ! Engels ! alles Engels ! Engels wat jij siet en hoor; In ons SKOLE, in ons kerke, word ons moedertaal vermoor. Wie hom nie lat anglisere word geskolde en gesmaad. Tot in Vrijstaat en Transvaalal, oweral dieselfde kwaad. “Dis vooruigang !” roep de skreeuwers, “dis beskawing wat nou kom !”. Die wat dit nie wil gelowe, die is ouderwets en dom. Die voor taal en ouwe sede in die bres spring, is ‘n dwaas, “Leer mar Engels, dit maak salig !” skree hul uit met groot geraas. SKOLE, waar… Lees meer »
Die ANC is besig met kulturele volksmoord. Uit en klaar.
Waarom sal die Anc die hofbevel gehoorsaam? Die president doen dit dan nie.
Wat is hulle nalatingskap…bedrog, onbetroubaar, ongehoorsaam., die rekenaar te klein vir al die byvoeglike naamwoorde.
Fedsas ons ondersteun jou met alles.