Dept. toets nog inentingsertifikaatstelsel

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Tumisu/Pixabay)

Die departement van gesondheid werk steeds aan die aanlyn stelsel waar mense wat teen Covid-19 ingeënt is inentingsertifikate sal kan aflaai.

Die stelsel word tans getoets om alle moontlike haakplekke uit te stryk voor die amptelike bekendstelling van die inentingsertifikate later die week, het Foster Mohale, woordvoerder van die departement, gesê.

Die webwerf waar die inentingsertifikate afgelaai kan word, is reeds beskikbaar. Volgens Foster word die departement egter oorval deur mense wat sukkel om hul inentingsertifikate te probeer aflaai. In sommige gevalle kon mense wel daarin slaag om hul inentingsertifikaat af te laai

“Die stelsel is egter nog nie amptelik funksioneel nie,” het hy gesê en ’n beroep op lede van die publiek gedoen om geduldig te wees.

“Ons moes talle veiligheidsfunksies in die stelsel inbou om die persoonlike data van individue soveel as moontlik te beskerm.

“Die ontwikkeling en vrystelling van volwaardige inentingsertifikate vir Covid-19 sal mettertyd infaseer word.”

Pres. Cyril Ramaphosa het op 30 September die land toegespreek en aangekondig dat die land op 1 Oktober na vlak 1 van die inperking skuif.

Hy het ook aangekondig dat inentingsertifikate binnekort bekendgestel sal word en dat dit ʼn veilige en verifieerbare bewys sal wees van inenting. Dit sal gebruik kan word vir reise, toegang tot instansies en byeenkomste en enige ander aktiwiteit wat ʼn bewys van inenting vereis.

Deur ʼn bewys van inenting so maklik as moontlik te maak en dit te standaardiseer, sal ook ʼn bydrae lewer om internasionale reisbeperkings na en van die land te verlig, het Ramaphosa gesê.

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het vroeër gesê die inentingsertifikate sal teen bedrog beskerm wees en in ooreenstemming met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se inisiatief wees om bewys van inenting reg oor die wêreld te standaardiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Perdeby ·

Wat te hel julle se ons kan van Maandag 4/10/2021 ons sertifikate gaan afhaal, maar nou toets julle nog die stelsel. Een berig se haal af ander een se weer ” ons toets nog die stelsel” SO WAT IS NOU DIE REGTE STORIE.?????? Besluit nou wat julle wil doen! Klomp slegte goed.

Erik ·

Ek het my sertifikaat. Werk maklik en goed. Weet nie hoekom jy so erg ontsteld is nie.

Erik ·

Daar is ‘n link wat die rondte doen vanaf die Departement van Gesondheid. Dan laai jou sertifikaat af deur daarop te kliek en jou besonderhede in te vul.

Baardman ·

Daar gaan nog n paar honderd miljoen rand se belasting geld vir n paar duisend rand se stelsel. Ons sal oor n paar maande uitvind iemand het weer n belaglike tender gekry om die stelsel te ontwerp.

Juffrou ·

Ja weereens ń belaglike spul mislukkings! Waarom met groot bravade aankondig Dinsdag kan jul die sertifikaat aflaai, maar hul het nie dié stelsel deeglik getoets nie? Dis mos onnosel verby! Maar miljoene is reeds betaal vir dié gemors!

Fritz ·

Persoonlik hoop ek vir grootskaalse bedrog. Soveel so dat die hele sertifikaat besigheid in duie sal stort.

Casper ·

Wel Anel,die inenting is nie selfmoord maar jy het ‘n 95% kans van beskerming waar jy geen beskerming het as jy nie die entstof aanvaar nie.So my raad aan jou is bly sonder die entstof en groet jou geliefdes voortydig.

Irma ·

Casper dit is nie in jou hande om te besluit wanneer mense doodgaan nie.!!!

VaalDonkie ·

Ek wil nog sien hoe spuit hulle elke 6 maande 70 miljoen mense in. Hoe lank struggle ons nou al om die eerste ronde gedoen te kry?

Kanjynoumeer ·

Gelukkig vir baie mense wat nie die jab gevat het nie is hulle nie suksesvol met enige iets wat hulle aanpak nie!

john ·

Dink hulle nou vir een oomblik ek gaan kliente weg wys as hulle nie n dompas het nie.. julle het genoeg skade aan my besigheid gedoen so voertsek ANC

Jedi Knight ·

Jip, dis hoofsaaklik groot maatskappye wat mense sal wegwys. Die oorgrote meerderheid kleiner besighede het die geld nodig. So om nie ingeënt te wees nie, sal op die meeste net n ligte irritasie veroorsaak.

Geregtigheid ·

WAT VAN MENSE WAT ALLERGIES?
WAT MENSE WAT GELOOFSBESWARE HET?

Erik ·

Allergies? Geloofsbesware? Regtig?

Allergies: Hoe weet jy jy is allergies, as jy nog nie die inenting ontvang het nie?

Geloofsbesware: Neem aan jy gebruik GEEN medikasie nie? Wat maak hierdie anders?

Lionel ·

@Geregtigheid – asb lig my net in waar iemand jou nou verplig om ingeënt te word? Niemand dwing jou om ‘n naald in jou lyf te sit nie. As sommige besighede n bewys van inenting vereis, gaan na ‘n ander winkel of moenie die besigheid ondersteun nie. So eenvoudig soos dit

Genis ·

Hier dag ek die R200 noot is die SA se inentingsertifikaat?

Genis ·

Ek gaan nie jab nie, as jy nie van geld hou nie, koop en bly ek op ander plek…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.