“Die departement veroordeel ten sterkste die brand van eiendom en ander strafbare dade by die Tshwane Universiteit vir Tegnologie. Die beskadiging van eiendom verteenwoordig ’n uiterste strafregtelike daad en wetstoepassingsagentskappe moet gemobiliseer word om op te tree.”
Die departement het gesê geen besware kan die beskadiging van eiendom regverdig nie en het versoek dat die betrokke studente geskors word. “Hulle verdien nie om langer studente by die universiteit te wees nie. Die departement is in aanraking met die universiteit se bestuur om hulle raad te gee oor die beste manier om die situasie aan te pak.”
Die universiteit het akademiese bedrywighede by sy twee Soshanguve-kampusse vir die res van die jaar opgeskort. Die polisie het bevestig ’n saak van kwaadwillige saakbeskadiging word ondersoek.
Sit die parasietiese gespuis in die tronk en gooi die sleutel weg!
Niks in Suid Afrika word meer “voorkom” nie. Enige gebeure vind sonder voorbehoud plaas……..en word agterna ondersoek en “aanbevelings” gemaak. Soos by Eskom, SABC, SAL, Poskantoor, SANRAL, SASOL, ens……gebeur presies dieselfde nou op die Universiteitsgronde. NIKS word voorkom of verhoed nie………….maar agterna beoordeel en ondersoek, en aanbevelings gemaak. Dis tragies.
So sal al die universiteite lyk wat so hard probeer om te transformeer.
Die studentevakbonde se bestuurslede wat die vernietigingsveldtog dryf is oorwegend nie studente nie. Ek wonder of baie van hulle ooit self gestudeer het. Die naaste wat hulle aan ‘n universiteit gekom het, is om ‘n kantoor op die kampus te beman. Dit is ‘n uiters siek-siek situasie. Hulle is besig om ywerig jong mense se vooruitsig op ‘n beter lewe te STEEL !!! Waar is al die “sielkundiges” ? Beredder die saak vir ons asb. Lyfstraf en die doodstraf is mos onmenslik…..
Voor ek raas kry. – Studentvakverbonde (ek hoo dit is meer korrek).
GES, probeer om soms eers te Google voor jy kommentaar lewer. Alle verwysings is na studente en nie een student nie.
Jammer Dawie as die indruk geskep is dat ek veralgemeen. Ek verwys spesifiek na studentvakbondlede op die TUT kampus. Ek hoop dit is aanvaarbaar.
Huidiglik is die meerderheid ‘leiers’ by TUT in posisies vir eie of politieke gewin en topbestuur word deur studente voorgeskryf. Skande want dis SA leiers van more. Die hemele behoed ons as hulle in die parlement beland. Sal graag wou sien wat gebeur as die ware akademici opstaan vir hul regte om te studeer en waarde vir hul geld te kry teen hierdie barbare begin weerstand bied. Ek sal hul ondersteun want hul toekomsideale is in gedrang deur ‘n klomp lieplappers.
Die fout is in hul self. Vrede, vrede is al wat die res van ons wil hê. ….