Derby-Lewis al sedert verlede jaar in die hospitaal

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis is al sedert verlede jaar in die hospitaal waar hy vir kanker behandel word, maar die departement van korrektiewe dienste versuim om te sê waar hy behandeling ontvang.

Logan Maistry, woordvoerder van die departement, het Sondag gesê Derby-Lewis ontvang behandeling in ooreenstemming met die departement se beleid. Derby-Lewis betaal self die koste van die bewaarders en behandeling. “Hy betaal vir die behandeling en sy dokters het hom aangeraai dat hy in die hospitaal moet bly,” het Maistry gesê. “Hy is al sedert verlede jaar daar, maar ons kan nie bekend maak waar hy is nie.”

Mediaberigte oor die naweek het aangevoer dat Derby-Lewis al 14 maande lank in ʼn Pretoriase hospitaal behandeling ontvang.

Maistry het gesê hy kan nie dadelik bevestig hoe lank Derby-Lewis al in die hospitaal is nie, maar slegs dat hy bewus is daarvan dat dit al sedert verlede jaar is.

Derby-Lewis is in April 1993 skuldig bevind is vir sy aandeel in SAKP-leier Chris Hani se moord.

Bron: Giordano Stolley, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

J.Z ·

As jy wit en siek is sal jy dood in die tronk,ander was so siek dat hy sou dood gaan maar speel golf en hou party,danksy die ANC apartheid

Gert van der Merwe ·

Toemaar JZ, hy gaan een van die dae sy dag in die hof kry dan sal hy vir ewig, so he he he he tronk toe. Dan sal hy dalk begin besef wat hy aan ander gedoen het. Want die tyd op Roben eiland was hy in hotel gewees, maar hy reken hy was swak behandel, sal sien hoe voel hy in sy eie hedendaagse tronk

Dave ·

Dìt was nou werklik snaaks en het ‘n lag ontlok ten spyte van die inhoud van die berig.
Jy het vir J.Z. belowe dat JZ een van die dae toegesluit gaan word. :-)

Ghost ·

JZ stem saam met jou. Zuma en sy gespuis manipileer die stelsel sodat dit hulle pas en die wit man benaadeel word. Duidelike rasisme omgekeurd.

Bruno Stef ·

Clive vandag beleef jy maar net waarna ek en jy verkiesing na verkiesing teen gestry het jy sal nie enige simpatie van die kommuniste of die pienk liberaliste kry nie.Jy het vriende wat jou sal ondersteun en n standvastige vrou Gaye wat altyd vir jou daar sal wees.

scalla ·

As jy na al die ander gevalle kyk(shaik ens.) moes die oom al lankal gekwalifiseer het vir mediese parool, dubbel standaarde, sterkte oom clive

Ampie ·

Wat nogal ongelooflik is, is dat CDL moet BETAAL vir sy behandeling en sy BEWAARDERS! Ongelooflik. Net in SA. Ek is seker daar is honderde gevangenis in die hospitaal, maar betaal niks.

Dan van Rooyen ·

Is daar niemand in die ganse wereld wat kan of wil iets aan hierdie vergrype van n korupte regeering doen nie. Ek dink hulle lag lekker in hul mou vir ons patete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.