Derby-Lewis glo aan bed vasgeketting

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Die departement van justisie en korrektiewe dienste wou nie Saterdag kommentaar lewer oor berigte dat Clive Derby-Lewis aan ‘n hospitaalbed vasgeketting word nie.

“Ons bespreek nooit veiligheidsmaatreëls met die media en in die publiek nie,” het Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement, gesê.

Die Saturday Star berig dat Derby-Lewis (78) aan sy bed in die Eugene Marais-hospitaal vasgeketting is en dat sy bene ook aan mekaar geboei is. Derby-Lewis ondergaan chemo en bestraling vir longkanker.

Derby-Lewis wag intussen steeds vir terugvoer van die departement rakende sy aansoek om op mediese parool vrygelaat te word. Dit is al twee keer van tevore afgekeer.

Wolela sê Derby-Lewis se paroolaansoek “bly dieselfde”.

Derby-Lewis is vroeër vanjaar twee keer in die Kgosi Mampuru Sentraal-gevangenis deur ander gevangenes aangeval.

Derby-Lewis dien tronkstraf uit vir sy aandeel in die moord op Chris Hani, voormalige sekretaris-generaal van die SAKP. Hy het reeds meer as 20 jaar van sy vonnis uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Benno ·

‘n Baie siek man, bejaarde word vasgeketting aan sy bed en met voetboeie, dis MARTELING. Ten minste tree Front Nasionaal na vore om hom te laat bevry (baie dankie daarvoor). Danksy hulle is die voetboeie nou verwyder. Een persoon is dood, Chris Hani, en sy vrou en dogter wil steeds nie toestemming verleen vir sy vrylating. Van wanneer af het hulle die reg om namens die DKD te besluit. Wat van al die Kerkstraat-bom slagoffers se gesinne wat ook steeds na hul geliefdes verlang? Bevry Mnr D-L onmiddellik, dit sou immers net menslik wees. Sy tyd is lank reeds uitgedien, terwyl ANC skurke vry rondloop op grond van sogenaamde siekte-toestande.

Demokraat ·

En ‘n ander groot misdadiger, wie ook tronkstraf opgelê is, word as gevolg van sy siektetoestand op parool vrygelaat. So “siek’ is hy dat hy selfs gereeld ‘n potjie golf kon gaan speel. Hy is nog nooit weer agter tralies geplaas nie want sy verblyf in die tronk kos die belastingbetalers glo te veel, aldus die nuwe minister van gevangeniswese.

Watter twak word aan die publiek verkoop deur ‘n regering wat veronderstel is om verantwoordelik en deursigtig te wees.

Grassie ·

Dink hulle nou wragtig hierdie bejaarde, hulpelose man sal probeer ontsnap? Om waar te gaan wegkruip? En dit terwyl sy parool oorweeg word! Ek glo dit word opsetlik gedoen om hom te verneder en te verguis. Dit is diepgewortelde haat wat sy lelike kop hier uitsteek.

Hantie ·

Clive Derby Lewis is juis geboei agv. Front Nasionaal se optrede en betoging. Die Departement van Korrektiewe Dienste is blykbaar nie bang dat ‘n ou man soos CDL kan ontsnap nie, maar vertrou nie FN nie en wil keer dat regses hom van buite ontset. FN doen meer kwaad as goed en gaan die man op die ou einde sy parool kos! Gelukkig het Mulder ingegryp en is die kettings nou weer los.

Pierre ·

MOENIE snert praat nie, inteendeel, jy weet nie waarvan jy praat nie. Wie en wat is die regses?

Colleen ·

As dit so is is ons land se korrektiewe diens onmenslik. Die stryd teen kanker is klaar n emosionele en ligaamlike aftakeling vir n lewende wese. Hoe kan julle toelaat dat die arme man nog vasgeketting moet wees. Ek dink hy het sy straf goed uitgedien. Maar ja ons boere mag maar vermoor word en hul vrouens verkrag word en sulke mense kry net n paar jaar in die tronk.

Dawid ·

Mense regte skending.Dit was nooit met Stafendas gedoen nie.Dit word gedoen omdat hy Blank is.

david ras ·

Is dit nie vreemd, dat Bram Fischer agt agt jaar van sy tronkstraf uitgedien het en toe deur die “wrede, onderdrukkende apartheids regime” na sleg 8 jaar vrygelaat is a/g/v/ kanker,( 1966 tot 1974).
Die VOORTREFELIKE MENSEREG BEHEPTE ANC is so wreedaardig dat hulle ‘n sterwende ou man net nie kan vrylaat nie. Probeer hulle hul mag bewys ? Wat het Die HANI weduwee met die besluit uit waai ? Wat is George Bizos se rol hierin. Of is dit maar net weereens ‘n bewys dat die kommuniste vergewe wil word vir hulle geweldsdade, maar weier om self te vergewe ?

Of is dit dalk ‘n geval dat ‘n vrye Derby Lewis iets mag vertel wat vir sommiges “ongemaklik” mag wees ?

chantal ·

Se asb watter gevaar is hy nou regtig? Selebi, shabier kry almal “siek parool” en dan kuier hulle orals en die man is regtig siek en moet geboei word vir behandeling

Pierre ·

Jammer oor die verlies van jou dierbare vriend, maar ek kan jou verseker, op 78 jarige ouderdom en na chemo kan en sal geen mens in Clive Derby-Lewis se toestand ‘n vlieg kan of wil skade aandoen nie.

lizzie van niekerk ·

Nou waar is die GEREG nou. Ek wonder WIE MISHANDEL NOU DIE BEJAARDES EN WEERLOSE MENSE. Van ons LAND. Dis die mense wat vir hule LAND geveg het. Ek voel soms skaam om as n SA Burger gemoem te word.

anita ·

woorde is nie te vind nie, die onmenslike behandeling is onbegryplik. Mense kan op medise parool vry gelaat word en dan heel normaal funksioneer asof daar geen siekte bestaan nie.

Me. Hani is nie die beslisser nie, en hierdie weerstand bring meer ontevredenheid onder blankes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.