Derby-Lewis het ‘lewensreddende operasie’ ondergaan

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis het ʼn “lewensreddende operasie” ondergaan nadat hy vir ʼn tweede keer in die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis aangeval is, het sy regsverteenwoordiger Marius Coertze gesê.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) ontken egter die bewering en sê Derby-Lewis (78) was vir ʼn “roetine besoek” na die hospitaal geneem en dat dit nie verband hou met die aanval nie. Coertze sê Derby-Lewis is Dinsdag na die teater gehaas weens die aanval Sondag waar hy met ʼn stuk glas in die rug gesteek is. “Die hospitaal het Dinsdag kort na middernag vir dr. Durand geskakel en hom versoek om na die hospitaal te kom. Dr. Durand het met sy aankoms hom [Derby-Lewis] ondersoek en gevind dat die steekwond wat hy Sondag in die tronk opgedoen het, sy long gepenetreer het. Mnr. Derby-Lewis het in sy eie bloed verstik en het dringende mediese bystand nodig gehad.”

Coertze sê mediese beamptes by die tronk het nie gekyk of Derby-Lewis interne beserings opgedoen het nie en dat hulle bloot die wond met steke toegemaak het. Hy sê dit is duidelik dat die DKD nie bekommerd is oor Derby-Lewis se welstand nie. “Hy is in die tronk gehou sonder die nodige mediese sorg en kon maklik deur die nag gesterf het.”

Die DKD sê intussen hy weet niks van die operasie wat Derby-Lewis ondergaan het nie. “Sover ons weet het sy tyd in die hospitaal niks te doen gehad het met die aanval nie,” het Logan Maistry, woordvoerder van die DKD, gesê. “Dit was ʼn beplande besoek wat al ʼn ruk terug geskeduleer is.” Maistry sê Derby-Lewis het die beste moontlike mediese sorg ontvang na die aanval.” Maistry sê die polisie ondersoek ʼn strafregtelike saak in verband met die aanval.

Lees ook:
Derby-Lewis: DKD-beamptes het te stadig reageer
Derby-Lewis: Aanvaller wat Oscar dreig net nóg ‘n sensasie-soeker
Derby-Lewis weer in tronk aangeval
DKD ontken Derby-Lewis-berig
Hof las dat Derby-Lewis na hospitaal oorgeplaas word
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Derby-Lewis en Walus sterk in hospitaal aan
DKD bevestig aanval op Derby-Lewis en Walus
Clive Derby-Lewis en Janusz-Walus glo in tronk aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Erika Nel ·

Skokkend. Is dit nou hoe daar na ‘n bejaarde persoon omgesien word wie se lewe vir ‘n tweede maal byna ge-eis is.

Demokraat ·

Ek sal nooit Derby-Lewis se eertydse misdaad goedkeur nie maar is die behandeling wat hy van die tronk-owerhede ontvang, om die minste te sê, uiters barbaars en onmenslik. Verder behoort hy parool te ontvang want dit dien geen doel meer om ‘n siek en afgeleefde man in ‘n tronksel aan te hou nie, Waar is die menslikheid wat die Owerheid moet openbaar ?

Peter Says ·

Dit is hoog tyd dat die man vrygelaat word, hy het sy straf lankal uitgedien.

Theresa ·

Ek stem saam dat dit lankal tyd is vir sy vrylating. Die onregverdigheid geld maar nogsteeds vir mense soos hy. Maar daai vergunning geld net vir mense soos Celebe, Shaik ens – nie vir ander nie. KD raak net soos die SAPD. Onregverdig en koerup.

stephanie ·

Kyk die verskil tussen hoe Mandela vs Derby-Lewis se tronklewe is/was… Mandela is met nodige respek behandel, hy het in see gesurf, geswot, sy eie private sel gehad ens. .. ek se nie dit was altyd n partytjie nie maar tenminste het hy mediese behandeling gekry wanneer nodig, nie die geval met Derby-Lewis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.