Derby-Lewis hoor dalk dan van parool

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

ʼn Dringende aansoek deur Clive Derby-Lewis om op mediese parool vrygelaat te word, is Dinsdag onbepaald in die hooggeregshof in Pretoria uitgestel.

Regter Andre Louw het Dinsdag ʼn bevel toegestaan waarvolgens die SAKP en Limpho Hani, Chris Hani se weduwee, as respondente tot die saak gevoeg is.

Louw het verder gelas dat die mediese paroolraad teen 10 Desember al die mediese verslae wat op Derby-Lewis van toepassing is moet oorweeg en teen 15 Desember ʼn geskrewe aanbeveling aan Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, moet verskaf. Masutha moet, luidens die bevel, Derby-Lewis se aansoek teen 31 Januarie oorweeg. Die SAKP en Limpho Hani het tot 9 Januarie om ook voorleggings aan Masutha te voorsien.

Derby-Lewis (78) is reeds vir maande in die hospitaal weens mediese probleme. Hy is met terminale longkanker gediagnoseer en sy een long is glo deurtrek van die kanker en kan enige tyd platval. Marius

Coertze, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, het gesê sy kliënt kan nie geopereer word nie, aangesien hy te swak is en dit nie sal oorleef nie.
Volgens Coertze het Derby-Lewis net ʼn paar maande om te leef maar dat die departement van korrektiewe dienste sedert Mei vanjaar voete sleep rakende Derby-Lewis se moontlike vrylating. Hy het sedert Junie 2010 al verskeie aansoeke gebring om op parool vrygelaat te word.

Coertze het gesê die feit dat die SAKP en Hani se weduwee tot die saak toegetree het, wys dat sy kliënt soos ʼn politieke gevangene behandel word en nie soos enige ander gevangene wat lewenslange tronkstraf uitdien nie.

Derby-Lewis het reeds 20 jaar tronkstraf uitgedien vir sy aandeel in die moord op SAKP-leier Chris Hani in 1993.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leonie ·

Hoekom is hulle so bang om hom te laat gaan. Is die ANC bang hy praat dalk??? Hy het nie eers die sneller getrek nie. As hy ‘n ander ras was was hy lankal vrygelaat gewees. SA diskrimineer teen wittes en dis onregverdig. Hy is oud en siek laat hom gaan. Hoop hy sê regtig wat gebeur het en wie die opdrag gegee het om Hani dood te skiet voor hy die dag sy kop neerlê. Dis ‘n nuwe demokratiese land. Build a bridge and get over it!!

Nadine ·

Gun hierdie man asseblief nou sy vryheid. Ons weet nou reeds dat ‘iemand’ dit ten alle koste wil verhoed. Sterkte Mnr Derby-Lewis. Hoop u word spoedig herenig met u geliefdes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.