Derby-Lewis-kwessie na die VN geneem

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Front Nasionaal gaan ʼn formele klagskrif oor die Suid-Afrikaanse regering se hantering van Clive Derby-Lewis se paroolaansoek by die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie indien.

Die party het Dinsdag saam met die bekende Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr besoek afgelê aan Derby Lewis.

“Ten spyte daarvan dat Derby-Lewis op 9 Julie opnuut mediese toetse en ondersoeke ondergaan het vir ʼn mediese paroolaansoek, is daar steeds geen terugvoer van die departement van korrektiewe dienste nie,” het Francois Cloete, woordvoerder van FN, in ʼn verklaring gesê. “Intussen verswak sy gesondheid steeds en hy moet Vrydag weer ʼn operasie ondergaan.”

Cloete het gesê hulle het ná talle protesaksies en dringende versoekskrifte vir Derby-Lewis se vrylating, nog steeds geen reaksie van die kantoor van Michael Masutha, die minister van korrektiewe dienste, ontvang nie. “Ons gaan gevolglik nou aandring op ʼn afspraak met die minister om ʼn verduideliking te eis oor waarom hy die aangeleentheid vermy,” het Cloete bygevoeg.

Volgens Cloete word die klag wat die party vroeër vanjaar by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gelê het, steeds ondersoek.

Derby-Lewis het reeds 20 jaar tronkstraf uitgedien vir sy aandeel in die moord op SAKP-leier Chris Hani.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ekke ·

Schabir Shaik , Jacki Selebi loop buite rond – korrupte d@nerse spul!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.