Derby-Lewis: Masutha onbewus van paroolraad se aanbeveling

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Michael Masutha, minister van justisie, is nog nie deur die paroolraad in kennis gestel van die aanbeveling om Clive Derby-Lewis op mediese parool vry te laat nie, het sy woordvoerder Dinsdag gesê.

“Masutha sal Vrydag sy besluit bekend maak oor Derby-Lewis, Ferdi Barnard en Eugene de Kock,” het Mthunzi Mhaga gesê. “Die minister het geen amptelike kommunikasie van die adviserende mediese paroolraad ontvang oor hul aanbevelings nie. Ons kan dus nie kommentaar lewer oor hul beweerde aanbevelings nie.”

Mhaga het dit benadruk dat die minister nie gebind word aan die aanbevelings van die raad nie.

Gaye, Derby-Lewis se vrou, het vroeër gesê die mediese paroolraad het aanbeveel dat hy vrygelaat moet word. “Ek weet nie hoe om te voel nie,” het sy gesê. “Dit het nou al vier keer gebeur en elke keer word dit deur die regering teengestaan. Ek weet nie of die minister gaan besluit om hom vry te laat nie.”

Derby-Lewis dien tronkstraf uit vir sy aandeel in die moord op Chris Hani, sekretaris-generaal van die SAKP, op 10 April 1993.

Lees alle vorige berigte oor Clive Derby-Lewis op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jaco Steyn ·

Terwyl daar aan die een kant baie gevangenes is wat nié in die tronk hoort nie, is daar aan die ander kant heelwat mense in gesagsposisies wat wel daar hoort. Is dit enige wonder dat hierdie land by die dag agteruitgaan??

Willem ·

My gevoel is dat hulle moet Derby-Lewis ten misnte twee jaar gelede al vrygelaat het, as hulle enige biedjie menslikheid gehad het. Dit sou ook ‘n boodskap van versoening en vergewingsgesindheid betreffende die politieke geskiedenis en nasiebou in die hand gewerk het.

Soos dit nou is, is die druiwe klaar suur, en kan dit net vererger en ‘n nog groter wrang smaak in die mond laat.

Sodanige handeling sou baie van die ANC se siel weerspieël het. Soos dit nou is, is dit in graniet uitgekap en is Vrydag helaas te laat.

Dit word ook weerspieël in hoe hulle als op sy kop in die land staangemaak het en dan daar verby kyk, of nog erger die skuld op almal om hulle pak.

Margie Vermoten ·

Hy was onskuldig punt. Maar vir terroriste maak dit nie saak nie, hy is maar net NOG n wit man en dit is die kwessie. Hy sal rebuke hemell toe gaan vir dit wat hy al vir meer as 20 jaar verduur. Ek bid vir hom en sy naastes!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.