Derby-Lewis: Minister moet finaal sê ondanks aanbeveling

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Michael Masuthu, minister van justisie en korrektiewe dienste, sê hy sal die voorleggings van familielede en ander belanghebbendes in ag neem voor hy finaal besluit of Clive Derby-Lewis op parool vrygelaat gaan word.

Masuthu het Maandag aangekondig dat daar aanbeveel is dat Derby-Lewis (78) op parool vrygelaat moet word. Hy sê voorleggings deur die geaffekteerde families sal oorweeg word voor hy sy finale besluit maak.

Masuthu sê die emosionele en politieke sensitiwiteit rakende die saak sal oorweeg word. “Ons oorweeg die saak en ons glo dat ons behoorlik moet konsulteer en nie haastig ‘n besluit hieroor moet neem nie.”

“Daar was ‘n positiewe aanbeveling, met ander woorde daar is aanbeveel dat hy op parool vrygelaat word. Ons kyk ook daarna in die lig van voorleggings deur die SAKP wat ‘n memorandum voorgelê het,” het Masuthu aan verslaggewers in Pretoria gesê.

Derby-Lewis dien tronkstraf uit vir sy aandeel in die moord op Chris Hani, voormalige sekretaris-generaal van die SAKP. Hy het reeds meer as 20 jaar van sy vonnis uitgedien.

Derby-Lewis is vroeër vanjaar twee keer in die Kgosi Mampuru Sentraal-gevangenis deur ander gevangenes aangeval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.