Derby-Lewis sal Vrydag weet

Die Pretoriase hooggeregshof sal Vrydag sy besluit bekend maak in Clive Derby-Lewis se aansoek vir ʼn hersiening nadat sy aansoek om mediese parool afgekeur is.

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Regter Selby Baqwa het gesê hy begryp dat die saak dringend is. Hy het hofstukke van Michael Masutha, minister van justisie, en Roelof du Plessis, vir Derby-Lewis, ontvang.

Die hof het vroeër gehoor Masutha is bevooroordeeld teenoor Derby-Lewis. “Die minister het voor 30 Januarie 2015 die verslag van die mediese paroolraad aan me. Hani en die SAKP beskikbaar gestel, maar nie aan die applikant [Derby-Lewis] nie,” het Du Plessis gesê. “Die verslag is eers aan Derby-Lewis beskikbaar gemaak nadat ʼn saak hieroor ingedien is. Ons kon nie die verslag in ons aanvangsverklaring hanteer nie, aangesien ons dit nog nie vroeër onder oë gehad het nie. Hy [die minister] het dit slegs vir die een kant gegee. As dít nie bevooroordeling is nie, dan weet ek nie wat is nie.”

Hy het gesê die aansoek om parool kan gevolglik nie na die minister terugverwys word nie, omdat die minister bevooroordeeld is.

Hy het toegegee dat mediese kenners nie saamstem of Derby-Lewis fase 3b- of fase 4-kanker het nie.

Derby-Lewis (79) dien lewenslange tronkstraf uit vir sy aandeel in die sluipmoord op SAKP-leier Chris Hani in April 1993. Sy aansoek om mediese parool is al herhaaldelik afgekeur. Die mediese paroolraad het in Januarie aanbeveel dat Derby-Lewis vrygelaat moet word.

Lees alle vorige berigte oor Clive Derby-Lewis op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shannon ·

Ek dag een van die vele Boere partye, Fronte of sangers sou by nou al oom Clive se vryheid verseker het ?

Jean ·

Die helle het twee stelle reels. Een vir hul, die skeinheilge manier waar hul maak wat hul wil, moor, roof, korrupsie en loop vry, kyk maar maar Shaick en Winnie die moordenaar, Zuma die beweerde verkragter. En dan is daar een traak my nie stel reels vir die blankes en laat hul vir ewig betaal..Clive ou maat ek kan nie sien hoe jy ooit ook al hoe siek lewendig daar gaan uit stap nie..dis nie hul plan nie….helle..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.