Derby-Lewis se aansoek vir mediese parool aangehoor

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Die hooggeregshof in Pretoria sal Dinsdag ‘n dringende aansoek hoor vir die vrylating van Clive Derby-Lewis op mediese parool, het Front Nasionaal gesê.

“Die regspan wat namens Derby-Lewis optree sal aanvoer dat die drastiese verswakking van sy gesondheid te wyte is aan administratiewe onbeholpenheid by die departement van korrektiewe dienste. Derby-Lewis ly, onder meer, aan longkanker,” het Francois Cloete, woordvoerder van die party, gesê.

Volgens Cloete is Front Nasionaal optimisties oor die uitspraak. “Die behandeling wat Derby-Lewis ontvang van die gevangenisowerhede is tans die onderwerp van ʼn ondersoek waarmee die Suid-Afrika Menseregtekommissie gemoeid is. Derby-Lewis is die wêreld se oudste politieke gevangene en het reeds 22 jaar tronkstraf uitgedien van sy lewenslange vonnis vir sy aandeel in die sluipmoord op die voormalige SAKP-leier Chris Hani.

Marius Coertze, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, het in Oktober gesê hy bly “hoopvol” dat die aansoek toegestaan sal word. “As dit nie die keer slaag nie, weet ek nie hoe dit ooit sal slaag nie,” het hy gesê.

Derby-Lewis is met terminale longkanker gediagnoseer. Hy het vroeër vanjaar ʼn operasie ondergaan en is vir langer as drie maande in die gevangenis se hospitaal behandel.

Elsabe Juin, ook een van Derby-Lewis se prokureurs, het in Junie gesê die departement sal dringend aandag gee aan sy aansoek, aangesien hy terminaal siek is. Die departement het egter op 19 Junie aangedui die aansoek was nie volledig nie en hy wag nog vir die verdere inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

david ras ·

Bram Fischer is nadat hy ook terminale kanker opgedoen het deur die “bose en wrede” Apartheidsregering na sleg AGT JAAR van sy vonnis om menslikheidsredes vrygelaat.

Die “progressiewe en menseregte behepte “ANC regime het blykbaar nie dieselfde morele standaarde van die vorige regering nie.

Iemand binne die regime is vrekbang vir ‘n vrye Derby Lewis.

Die hele saak skree ten hemele !

scalla ·

Die oom moes lankal uit gewees het, dubbel standaarde, shaik, wat so terminaal siek is werk reeds paar jaar lank aan sy gholf voorgee!!! Volgens my mening word terminaal deur medici omskryf as lewensvewagting minder as 12 maande vir n persoon,

henk ·

Ek kan nie verstaan nie, Shaik was na bewering besig om dood te gaan en hy is binne enkele maande vrygelaat. Die krimineel Selebe was kwansuis besig om dood te gaan en het met ‘n smile op sy gevreet in die ambulans geklim en is huistoe gery en lewe ‘n koningslewe op staatskostes. Hier sit ons met ‘n man wat werklik besig is om te sterf aan kanker en die kriminele hou hom in die tronk om net een rede – want hulle dink hulle kan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.