Derby-Lewis se paroolvoorwaardes vasgestel

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Adv. Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste en justisie, het Vrydagmiddag aangekondig dat die voorwaardes vir Clive Derby-Lewis se vrylating op mediese parool vasgestel is.

Volgens Masutha het hy en die raad vir korrektiewe toesig en parool die voorwaardes vasgestel en is dit aan Derby-Lewis gekommunikeer. “Die besluit sal aan mev. Limpho Hani [Chris Hani se weduwee] en die SAKP gekommunikeer word aangesien hulle onmiddellike slagoffers en respondente is in die saak.”

Masutha het gesê Derby-Lewis se paroolvoorwardes sal nie in die stadium bekend gemaak word nie en dat dit standaardpraktyk is.

Die hooggeregshof in Pretoria het op 29 Mei bevel dat Derby-Lewis op mediese parool vrygelaat moet word. Die hof het die minister tot 5 Junie geleentheid gegee om Derby-Lewis se paroolvoorwardes vas te stel.

Roelof du Plessis, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, het vroeër Vrydag aan Maroela Media gesê Derby-Lewis word steeds in die hospitaal behandel. “Hy is nou in die hospitaal en kan in elk geval eers ontslaan word wanneer die dokters so besluit.”

Derby-Lewis het lewenslange tronkstraf uitgedien vir sy aandeel in die sluipmoord op die SAKP-leier Chris Hani in April 1993. Sy aansoek om mediese parool is voorheen herhaaldelik afgekeur.

Derby-Lewis is terminaal siek weens longkanker. Hy is verlede jaar gediagnoseer terwyl hy behandeling ontvang het ná ʼn mesaanval in die tronk.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Clive Derby-Lewis op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Juan Olivier ·

Hulle het ‘n gemors soos Mandela so maklik vrygelaat maar hulle wil nie die man vrylaat nie. Hoe agterom kan die mense wees.

Tommy Louw ·

Hi Juan

Ek voel net soos jy maar ons altwee weet velkleur speel n rol

Sue ·

Gisteraand op Sauk Tv 2 nuus het die minister gesê dat Oom Clive alreeds vry is en gisteraand by sy huis gaan slaap? Word ons ñ rat voor die oë gedraai? Is hy vry of nie?

Gideon ·

Kan dit tog so moeilik wees- wees net regverdig- volg neergelegde reëls. Laat mense wat moord gepleeg het, sit tot aan die einde van hulle lewens. Dit is tog wat lewenslank beteken!! Maar dan moet dit vir iedere een geld, of jy nou wit, swart of pienk is. President of straatveër almal onder selfde kam. Al voel ek natuurlik die doodstraf is die beste straf!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.