Derby-Lewis se prokureur nader nou glo hooggeregshof

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Marius Coertze, Clive Derby-Lewis se prokureur, het Vrydag gesê hy gaan die hooggeregshof nader rakende sy kliënt se aansoek om mediese parool.

Coertze het gesê hy gaan die hooggeregshof versoek om die departement van korrektiewe dienste te dwing om aan die wet te voldoen wanneer Derby-Lewis se aansoek hanteer word. Sy kliënt het glo op 2 Mei aansoek gedoen om mediese parool en ʼn vergadering is op 8 Mei met beamptes van die departement belê.

Die departement was glo nie tevrede dat dokumente van Derby-Lewis se dokter en twee mediese spesialiste aan die vorm geheg is nie. “Die departement was nie tevrede met die voltooide vorm nie,” het Coertze gesê. “Hulle het gesê ʼn dokter of verpleegster in die gevangenis se kliniek moet die vorm voltooi. Daardie persoon dra egter geen kennis van sy toestand nie.”

Coertze sê die gebiedskommissaris het aan die einde van die vergadering vir hom gesê hy is nie tevrede met die wyse waarop die vorm voltooi is nie. Die vorm stel glo dat Derby-Lewis terminaal siek is en dat hy aan kanker gaan sterf. “Hy [die kommissaris] het gesê dit is nie aanvaarbaar in sy kultuur om so iets te sê nie, omdat jy die voorvadergeeste sal opwek,” het Coertze verduidelik. Die departement wou glo nie hê die vorm moet dit stel dat sy kliënt terminaal siek is nie. “Ek glo nie in die voorvadergees-nonsens nie. Alhoewel hulle daaraan glo, kan hulle dit nie bewys nie.”

Die departement van korrektiewe dienste het Donderdag gesê die aansoek om mediese parool is nie volledig voltooi nie. Manelisa Wolela, woordvoerder, het gesê die departement beskik nie tans oor enige aansoek om mediese parool of ʼn vorm van enigiemand wat namens Derby-Lewis optree of van Derby-Lewis self af nie.

Derby-Lewis (78) het reeds 20 jaar tronkstraf uitgedien vir sy aandeel in die moord op SAKP-leier Chris Hani in 1993. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Die arme man is oud. Hy het betaal vir sy fout. Hulle laat verkragters vry op parool - n bedreiging vir vroue!

Arme ou man. Hy het jaaare betaal. Hulle laat verkragters (bedreiging vir
Samelewing) vry).

Trippie

Ons het NIKS met NIEMAND se voorvadergeeste te doen nie – ons glo aan ‘n Drie-Enige-God – PUNT.

Marius, BAIE DANKIE vir al die opofferings reeds deur jou gemaak – ek glo jy doen dit vir die liefde van die saak en vir Oom Clive.

Dankie ook aan Front Nasionaal se leiers vir hul aandeel in die vrylating van Oom Clive.

Ons sal steeds nie ophou bid vir sy vrylating nie.

-|-

Groete aan jou Dr Johann en Grassie – ek hoop julle lees ook hier.

Hettie Nieuwoudt

Ons het n regverdige en almagtige God, wat nie ongestraf laat bly nie. Geen voorvader gees het hulle nog gehelp nie.Mag god die arme Oom Clive veilig hou ons bid vir hom..

Lanie

Satanskinders !!!! Hulle besef nie hoe Almagtig ons God is nie. Here bewaar asb Oom Clive !

David Ras

Dis al jare lank glashelder duidelik dat hier ‘n veldtog aan die gang is om Clive in die trunk te hou, ten spyte van die feit dat hy al 5 jaar gelede “gekwalifiseer” het vir parool. Ek dink dit is tyd dat sy regsverteenwoordiger die name bekend maak van almal wat hierby betrokke is, beginnende met Hani se vrou, haar regsadviseurs en almal binne DKD. Wat hie plaasvind is dat ‘n man beroof word van sy menseregte, soos voorgeskryf in die toepaslike wetgewing oor parool. Ons weet natuurlik almal dat hierdie wetgewing hoeka al verkrag is met die Shaik episode.… Lees meer »