Derby-Lewis se prokureur nader nou glo hooggeregshof

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Marius Coertze, Clive Derby-Lewis se prokureur, het Vrydag gesê hy gaan die hooggeregshof nader rakende sy kliënt se aansoek om mediese parool.

Coertze het gesê hy gaan die hooggeregshof versoek om die departement van korrektiewe dienste te dwing om aan die wet te voldoen wanneer Derby-Lewis se aansoek hanteer word. Sy kliënt het glo op 2 Mei aansoek gedoen om mediese parool en ʼn vergadering is op 8 Mei met beamptes van die departement belê.

Die departement was glo nie tevrede dat dokumente van Derby-Lewis se dokter en twee mediese spesialiste aan die vorm geheg is nie. “Die departement was nie tevrede met die voltooide vorm nie,” het Coertze gesê. “Hulle het gesê ʼn dokter of verpleegster in die gevangenis se kliniek moet die vorm voltooi. Daardie persoon dra egter geen kennis van sy toestand nie.”

Coertze sê die gebiedskommissaris het aan die einde van die vergadering vir hom gesê hy is nie tevrede met die wyse waarop die vorm voltooi is nie. Die vorm stel glo dat Derby-Lewis terminaal siek is en dat hy aan kanker gaan sterf. “Hy [die kommissaris] het gesê dit is nie aanvaarbaar in sy kultuur om so iets te sê nie, omdat jy die voorvadergeeste sal opwek,” het Coertze verduidelik. Die departement wou glo nie hê die vorm moet dit stel dat sy kliënt terminaal siek is nie. “Ek glo nie in die voorvadergees-nonsens nie. Alhoewel hulle daaraan glo, kan hulle dit nie bewys nie.”

Die departement van korrektiewe dienste het Donderdag gesê die aansoek om mediese parool is nie volledig voltooi nie. Manelisa Wolela, woordvoerder, het gesê die departement beskik nie tans oor enige aansoek om mediese parool of ʼn vorm van enigiemand wat namens Derby-Lewis optree of van Derby-Lewis self af nie.

Derby-Lewis (78) het reeds 20 jaar tronkstraf uitgedien vir sy aandeel in die moord op SAKP-leier Chris Hani in 1993. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Die arme man is oud. Hy het betaal vir sy fout. Hulle laat verkragters vry op parool - n bedreiging vir vroue! ·

Arme ou man. Hy het jaaare betaal. Hulle laat verkragters (bedreiging vir
Samelewing) vry).

Trippie ·

Ons het NIKS met NIEMAND se voorvadergeeste te doen nie – ons glo aan ‘n Drie-Enige-God – PUNT.

Marius, BAIE DANKIE vir al die opofferings reeds deur jou gemaak – ek glo jy doen dit vir die liefde van die saak en vir Oom Clive.

Dankie ook aan Front Nasionaal se leiers vir hul aandeel in die vrylating van Oom Clive.

Ons sal steeds nie ophou bid vir sy vrylating nie.

-|-

Groete aan jou Dr Johann en Grassie – ek hoop julle lees ook hier.

Johann ·

Hallo Trippie.

Ek neem kennis. Ons kan rustig raak want die voorvadergeesteaanbidders sal nog met wyd gevleuelde neusgate die skrik op die lyf gejaag word wanneer God genoeg gehad het van hulle kettery.
Ons gaan weer sy aan sy op ons knieë staan en soos jy tereg sê, vir sy vrylating bid.

Groete aan jou ook Trippie, slaap rustig met die wete dat dit uit ons hande is en God weet wat om te doen. Ons sal nie ophou bid nie. Dankie dat jy hierdie onregverdige saak ernstig opneem. Jy maak ons Saligmaker se hart baie bly.

Hettie Nieuwoudt ·

Ons het n regverdige en almagtige God, wat nie ongestraf laat bly nie. Geen voorvader gees het hulle nog gehelp nie.Mag god die arme Oom Clive veilig hou ons bid vir hom..

Lanie ·

Satanskinders !!!! Hulle besef nie hoe Almagtig ons God is nie. Here bewaar asb Oom Clive !

David Ras ·

Dis al jare lank glashelder duidelik dat hier ‘n veldtog aan die gang is om Clive in die trunk te hou, ten spyte van die feit dat hy al 5 jaar gelede “gekwalifiseer” het vir parool.
Ek dink dit is tyd dat sy regsverteenwoordiger die name bekend maak van almal wat hierby betrokke is, beginnende met Hani se vrou, haar regsadviseurs en almal binne DKD.
Wat hie plaasvind is dat ‘n man beroof word van sy menseregte, soos voorgeskryf in die toepaslike wetgewing oor parool.
Ons weet natuurlik almal dat hierdie wetgewing hoeka al verkrag is met die Shaik episode. Nietemin moet enigeen wat nog steeds die rede dat Clive nie “alles” vertel het nie, voor die hof gedaag word onder die klag dat so ‘n uitspraak sou beteken dat die betrokke person wel iets weet, en dit weerhou van die polisie–dus regsverydeling.
Enigeen wat doelbewus ook die proses vertraag is eweneens ook skuldig aan regsverydeling wat dit is vir die reg om te straf, en vir die reg om te besluit die straf is nou genoeg.

Ek meen nogtans dat iemand baie senuweeagtig is oor wat ‘n vrye Clive Derby Lewis mag vertel oor hierdie aangeleentheid.

Marlene ·

Ai laat die man huistoe gaan en in vrede sterf. Genade man julle laat moordenaars vry en maak hulle sommer ministers en presidente. Stuur hom huistoe ASB!!!

david ras ·

Toe Chris Hani se voorganger Bram Fischer gediagnoseer was met kanker, het die destydse “verskriklike” Apartheids regering hom vrygelaat nadat hy slegs 8 jaar van sy vonnis vir hoogverraad uitgedien het.
Nou kan hierdie mensereg behepte ANC regering nog steeds na 20 jaar nie ‘n sterwende ou man vry laat nie.
Mensliewendheid ? Genade ?
Of is dit ‘n geval van moord op ‘n kommunis word nooit vergewe nie ?

david ras ·

Maroela. kan julle asseblief verduidelik waarom my kommentaar nie gepubliseer word nie ? Dit was, en is nie enigsins rassisties of beledigend van enige aard nie. Verduidelik asseblief !

Sune van Heerden ·

Dagsê David

Dit vat soms ‘n paar oomblikke vir die kommentaarprogram om die goedkeuringsproses te volg. Jou kommentaar verskyn nou wel onderaan hierdie berig. Is daar moontlik ander kommentaar waarna jy verwys?

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Grassie ·

Ek glo nie die DKD woordvoeder glo regtig dat sy “geeste” gaan kwaad word oor die aangeleentheid nie. Saam met die gekibbel oor die administratiewe prosedures is dit bloot ‘n vertragingstaktiek om die besluit so lank as moontlik uit te stel. Intussen belemmer hulle sy noodsaaklike mediese behandeling so veel moontlik. Ek hoop nie daar is weer ‘n aanval op mnr Lewis in die pyplyn nie.

Intussen wil ek graag vir Clive sê: “Byt vas, vriend, die hele Boerevolk bid vir jou”

Trippie ·

Hallo Grassie, baie dankie ook vir jou gebede – trots om te lees ons BOEREVOLK BID SAAM.

Geseende naweek aan jou, Dr Johann, en onse Boerevolk !

david ras ·

Ek vra nederig om verskoning Sune. Ek was bietjie oorhaastig, Jammer daaroor !!

Annamarie Loubser ·

Hulle soek net verskonings dis al Waar is die minister van korrektiewe dienste in hierdie saak hulle wil net n punt bewys dis al ons sal nooit regverdug behandel word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.