Derby-Lewis se verskoning slegs ‘lippediens’

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis se verskoning aan die familie van die vermoorde SAKP-leier Chris Hani se familie is bloot “lippediens”, het die Pretoriase hooggeregshof Maandag gehoor, tydens ʼn aansoek vir ʼn hersiening nadat sy aansoek om mediese parool afgekeur is.

“Die aansoeker betoon slegs lippediens en nie ware berou nie, veral in die lig van die aansoek wat ons wil maak,” het Marumo Moerane SC, vir minister van justisie Michael Masutha, gesê.

Hani se weduwee, Limpho, het hierop hardop “ja” gesê uit die voorste ry in die openbare galery. Derby-Lewis se vrou, Gaye, het ʼn paar banke agter haar gesit.

Die prokureurs vir die 79-jarige Derby-Lewis doen aansoek vir ʼn dringende hersiening van Masutha se besluit op 30 Januarie dat die aansoek om mediese parool afgekeur is. Hulle wil hê Derby-Lewis moet vrygelaat word sodat hy by die huis kan sterf.

“In gewone taal kan mens sê dit is maklik om te praat,” het Moerane bygevoeg. Hy het Hani vroeër ʼn “edele ikoon” genoem.

Roelof du Plessis, Derby-Lewis se prokureur, het vroeër gesê sy kliënt het al herhaaldelik berou getoon, wat in ag geneem word om te bepaal of ʼn persoon weer ʼn oortreding sal begaan. Hy het gesê sy kliënt wou al in die 1990’s tydens die Waarheid- en Versoeningskommissie vir me. Hani om verskoning vra, maar SAKP-leier Jeremy Cronin en prokureur George Bizos het geweier.

Volgens die assesserings was hy oor die jare heen berouvol en ʼn toegewyde Christen.

Du Plessis het me. Hani uitgenooi om Derby-Lewis in die Eugene Marais-hospitaal te besoek sodat hy “van aangesig tot aangesig” vir haar om verskoning kan vra.

Moerane het hierdie benadering bevraagteken. Hy het gesê die verskoning tydens die WVK was nie in die teenwoordigheid van die Hani-familie nie en toe Derby-Lewis uitgevind het dat die WVK-wet nie ʼn verskoning eis nie, het hy dit teruggetrek.

Die hof het gehoor dat ʼn dispuut hieroor verklaar is.

“Slegs die vuurwapen verskaf”

Moerane het gesê volgens ʼn verslag van die departement van korrektiewe dienste op 9 Junie verlede jaar oor Derby-Lewis se kans om weer die oortreding te begaan, het hy gesê hy het nie ʼn aktiewe rol gespeel in die misdaad waarvoor hy tronkstraf uitdien nie. Hy het gesê hy het “slegs die vuurwapen verskaf waarmee Chris Hani vermoor is”. “U edelagbare, is dit ʼn bewys van berou?” wou Moerane by regter Selby Baqwa weet. “Ons sê dit is nie. En dit was verlede jaar. In die afwesigheid van berou, ware berou aan sy kant, vir die sluipmoord op mnr. Hani, is die weiering van parool geregverdig.” Hy het gesê volgens die Wet op Korrektiewe Dienste moet ʼn persoon fase 4- terminale kanker hê voordat die persoon op mediese parool vrygelaat kan word. Derby-Lewis was verlede jaar in fase 3b toe 10 lede van die mediese parooladviesraad oor sy parool besluit het.

Fase 4-kanker

Twee onafhanklike dokters het egter bevind dat hy wel in fase 4 is. Een van die onafhanklike dokters het verlede Desember gesê Derby-Lewis sal nie nog langer as ses maande leef nie.

“Die aansoeker is nog nie met fase 4-kanker gediagnoseer nie,” het Moerane gesê. Hy het gesê Masutha was gebonde deur die wet en moes ewewigtig en konsekwent optree. Hy het bygevoeg Derby-Lewis reageer op chemoterapie en radiasie en is in staat om “selfversorgingspligte” na te kom. Ubuntu en kompassie word in berekening gebring, maar dit was “nie ʼn maklike besluit vir Masutha nie, het Moerane bygevoeg.

Derby-Lewis het die vuurwapen aan Janusz Walus, ʼn Poolse immigrant, verskaf om Hani op 10 April 1993 in die oprit van sy huis in Boksburg te vermoor.

Derby-Lewis was ʼn LP vir die Konserwatiewe Party wat rasse-integrasie en die afbreek van apartheid in Suid-Afrika teengestaan het. Die SAKP en die KP was polities teenstrydige pole.

Die hof het Dinsdag verdaag. Baqwa het dit benadruk dat dit ʼn dringende aansoek is.

Bron: Jenni Evans

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Interessant dat soveel aandag daaraan gegee word op Derby-Lewis in die tronk te hou! Wat van al die verkragters wat op parool gelaat word en weer verkrag? Hoe het hulle parool gekry? Wat van Shabir Sheik wat nou slegs laag lê want hy is valslik op mediese parool uitgelaat? Dis ‘n politieke klug en werklik ‘n skreiende skande dat die hof dit boonop toelaat!

Berhalet Beukes ·

Interessant dat soveel aandag daaraan gegee word op Derby-Lewis in die tronk te hou! Wat van al die verkragters wat op parool gelaat word en weer verkrag? Hoe het hulle parool gekry? Wat van Shabir Sheik wat nou slegs laag lê want hy is valslik op mediese parool uitgelaat? Dis ‘n politieke klug en werklik ‘n skreiende skande dat die hof dit boonop toelaat!

Winston ·

Dit is baie jammer dat sy aansoek so onsusesvol is. Dis nie die feit dat hy kwansuis nie berou toon nie. Dis rassisme in sy ergste graad vermom in die hof se uitsprake. Ons regstelsel was nog nooit so eensydig soos nou nie.

CHRISTA ·

Dis omdat hy wit is – hoeveel swart gevangenis wat meer as een moord gepleeg het is nie al vrygelaat nie? Wat maak Chris Hani se lewe belangriker as ander landsburgers s’n? Dan praat hulle van diskrimenasie!!!!

Marie S ·

Het Mc Bride om verskoning gevra vir sy aandeel in die bom ontploffings wat hy ook gedoen het, en dit opreg bedoel

Nico Strydom ·

Mense kan alles kwyt raak wat hulle wil maar na soveel jare van sy lewe weggeneem dink ek hy mag “lippetaal” praat. Bo alles is hy n kind van die Here en het hoeveel in die tronk tot redding gebring gee hom biekie tyd saam sy vrou en sy eie lewe asb. Mag die siekte nie sy lewe steel nie! Ook nie die tronk lewe nie.

Jakes Niemand ·

wat weet hierdie rasuistiese maroela nou van Kanker af seker baie dis hoekom die shaick vent mediese parool gekry het en net mooi boggerall makeer. Hierdie is rasisme op die hoogste vlak. Maroela ons sal dit onthou ons wat wit is vergeet nie sulke laakbare gedrag soos jy het. Miskien sal ons shaick dalk besoek dat hy jou kan vertel hoe goed ons die onthou maar ons sal mooi met hom praat want hy is mos ook terminaal op die golfbaan en die winkels en boewery bedrywighede.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jakes

Dankie vir jou kommentaar. Ons vermoed jy verwys na “Marumo Moerane”, die prokureur in die berig, en nie “Maroela” nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

jaycee ·

Die Derby-Lewis sage bevat al die elemente van ‘n gru-verhaal: Onreg, harteloosheid, minagting van mense-lewens, wandade gebore uit rigiede politieke oortuigings, onverdraagsaamheid, leuens, politieke opportunisme…… Noem maar op. Dan kan mens met reg jouself afvra: wat het werklik op mense-waardes vlak verander van die “ou” na die “nuwe” Suid-Afrika?

Lappop ·

Ek stem saam met julle almal.
Jaycee, al wat verander het van die ou SA na die “nuwe” sa, is dat hulle toe terroriste was en so genoem was, en nou ons regering is. Nou maak en verkrag hulle die wet. Waar is die wereld nou om apartheid, verdrukking en rassisme uit te skree en sanksies toe te pas.

Andries Erwee ·

mnr. Derby-Lewis moes lankal vry gewees het. Ek wil Maroela media vra om tog n artikel te plaas en ons mense in te lig oor hoe parool verskil tussen lewenslange gevangenis en ander gevangenis. Jy kan eenvoudig nie Selebi en Shaik vergelyk met Derby-Lewis nie. Amptenare kon hul vry laat terwyl lewenslange gevangenis slegs deur min of Pres vrygelaat kan word.

Andries Erwee ·

mnr. Derby-Lewis moes lankal vry gewees het. Ek wil Maroela media vra om tog n artikel te plaas en ons mense in te lig oor hoe parool verskil tussen lewenslange gevangenis en ander gevangenis. Jy kan eenvoudig nie Selebi en Shaik vergelyk met Derby-Lewis nie. Amptenare kon hul vry laat terwyl lewenslange gevangenis slegs deur min of Pres vrygelaat kan word.

Kotie Wagner ·

En dan skreeu almal bring terug die doodstraf – sien julle nie dat dit net soos parool toegepas gaan word nie? Die wat dit moet kry gaan dit nie kry nie, maar vir sommiges gaan daar geen genade wees nie.

david ras ·

Wanneer iemand ‘n misdaad pleeg en gevonnis word, word tot tot tronkstraf, word die staat die kurator van sy lewe vir die duur van die straf.
Volgens ons regstelsel straf die staat en besluit die staat wanneer daar genoeg gestraf is.
Dit is nie vir ‘n wraaksugtige vrou of ‘n minister met sy eie agenda om hieroor te besluit nie.
Wat as in hierdie geval die vrou konsekwent weier om ‘n verskoning te aanvaar ? Moet die parool proses dan elke keer herhaal word totdat die vrou dan genoeg wraak uitgeoefen het ?

Dit lyk asof die reg nou die gevangene van me Hani geword het.

Hierdie geval staan in skrille kontras met die vrylating van die Aarts kommunis, Bram Fischer wat na 8 jaar van sy vonnis deur die “wrede apartheisregering” vrygelaat is omdat hy sterwend was aan kanker.
Hoe vergelyk hierdie “menseregte behepte” regime daarmee ?

Happyclappy ·

Ek kon nog nooit insien hoekom die EDELE mev hani se begeertes in die geval ‘n impak maak op die regstelsel nie. Mev Lewis moet haar wend na die die hof vir mensereg en ‘n saak teen die EDELE mev hani aanhangig maak. Waar is haar Christelikheid nou? Staan seker toegedek onder ‘n lamferkleedjie.

Theresa ·

Ja, oordeel julle maar julle verpestings. Maar kyk hoe loop julle misdadigers hier in die strate vrylik rond. Speel met mense se lewens. Wie gee julle die reg om te besluit wie moet vergewe word en wie nie. Julle soek net aansien. Julle sal julle dag kry. Dubbel en dwars.

pop ·

Laat dit nou n waarskuwing vir elke potensieele wit krimineel wees. Wette in hierdie land is net daar vir almal behalwe swart mense. Net gister lees ek hulle wil die moordenaar van daai 18 mde oue baba laat loop. Nou vra ek ?? Was Hani se lewe meer werd as n hulpelose baba. En so kan ons honderde voorbeelde opnoem. Moor n witmens en jys op straat vinniger as wat jy kan se mes.

Theresa Papenfus ·

Om verskoning te vra vir wat jy verkeerd gedoen het, is reg. Dis een ding. Om ‘n verskoning te aanvaar, is ewe noodsaaklik. Daar kom nie vrede sonder albei elemente nie. Dalk is dit die kern van ons moeilikheid in hierdie land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.