Derby-Lewis se vrou waarsku SAKP, Hani se weduwee

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis se vrou, Gayle, het die SAKP en Chris Hani se weduwee gewaarsku om nie bewerings te maak oor “wyer sameswerings” rakende Hani se moord nie.

Die SAKP en Limpho Hani moet teen 9 Januarie voorleggings doen aan Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, oor hoekom Derby-Lewis nie dringend op mediese parool vrygelaat moet word nie.

Die SAKP en Limpho het in die verlede volgehou dat Derby-Lewis nooit die volle waarheid vertel het oor die moord op Hani nie. Hy is op 10 April 1993 buite sy huis in Boksburg doodgeskiet.

“Ons wil graag die tweede en derde respondente waarsku dat indien hul voorleggings bewerings van wyer sameswerings bevat sonder enige bewyse, hulle dan skuldig is aan dwarsboming van die gereg, en dat ons op daardie gronde klagtes teen hulle sal aanhangig maak,” het Gaye in ‘n ope brief aan Hani en die SAKP gesê.

Haar 78-jarige man diens lewenslange tronkstraf uit vir sy aandeel in die moord op Hani. Hy het reeds 22 jaar van sy vonnis uitgedien.

Die hooggeregshof in Pretoria het op 2 Desember gelas dat die mediese paroolraad teen 10 Desember al die mediese verslae wat op Derby-Lewis van toepassing is moet oorweeg en teen 15 Desember ʼn geskrewe aanbeveling Masutha moet verskaf. Masutha moet, luidens die bevel, Derby-Lewis se aansoek teen 31 Januarie oorweeg.

Derby-Lewis is reeds vir maande in die hospitaal weens mediese probleme. Hy is met terminale longkanker gediagnoseer en sy een long is glo deurtrek van die kanker en kan enige tyd platval.

Klik hier vir vorige berigte oor Derby-Lewis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Andries Erwee ·

Mev. dreigemente gaan jou nêrens bring nie. Maak n afspraak met Mev. Hani. Julle deel dieselfde verlange na julle mans. Ek het geen twyfel dat Mnr. Derby-lewis die Kersfees tuis sou wees as jy lankal uitgereik het na die Hani familie. Julle is almal goeie mense. Praat die saak in nederigheid uit.

anne ·

Jy is reg Paul, wie is die Hani familie dat CDL in nederigheid na hulle moet uitreik, ek stik sommer.

Pieter ·

Andries?? Het jy geen idee waaroor dit gaan nie? Waar was jy die afgelope 30 jaar?

Elizabeth ·

Andries ja, vergifnis maak mens vry. Om ‘n ou, baie siek man so te haat dat jy hom nie gun om parool te kry is stompsinnig. Wat bereik die familie? Of paroolraad? Laat hy parool kry. Ek hoop ook mense kan uitreik na mekaar – dis juis nou die seisoen van genade. Mens moet dit probeer uitleef in plaas van wrokke ronddra. Dit geld vir ons almal….

Parool leek ·

Werk dit ALTYD so dat die familie van n vermoorde persoon kan besluit of parool vir die skuldige goegekeur word of nie? En wat dan as die familie nie christene is nie bv. satanisties is en hulle weier sulke toestemming – is iemand soos Mnr. DL se lewe/toekoms byvoorbeeld dan in hulle hande??

Andries Erwee ·

Die paroolraad moet die familie se mening in ag neem, maar die familie het nie vetoreg nie. Hulle mening is egter altyd belangrik.

Andries Erwee ·

Die paroolraad moet die familie se mening in ag neem, maar die familie het nie vetoreg nie. Hulle mening is egter altyd belangrik.

Kaspaas ·

Al was daar ‘n “wyer sameswering”, so what !!! Die ding was ‘n terroris en opsweper.

Ghost ·

Stem saam. Hoeveel ANC het moord gepleeg maar kon uit die tronk kom. Maar die vermoordes se families was nie in ag geneem nie. Dis n hele klug spul van die ANC. Wet word net toegepas soos hulle wil.

boer ·

Dankie Kaspaas,

Iemand wat weet wie Hani regtig was, n terroris,net soos sy ander maats,
insluitend Mandela

lillian ·

Ja, as almal maar weet, wie eintlik agter die beplanning van Hani se moord sit …

Leonie ·

Al hoekom Derby-Lewis nognie parool gekry het nie is omdat iemand bang is dat hy gaan praat. Hani was ‘n terroris so hoekom ons Regering en party draadsitters hom so beskerm gaan my verstand te bowe. Hy was wragtig ook nie so belangrik soos wat almal maak nie. Ander mense wat wittes vermoor kry binne 3 jaar parool. Laat mens wonder aan wie se kant die nuwe SA is.

anne ·

Wat van ons familie/mense wat op ‘n daaglikse basis vermoor word, ons word nie in ag geneem nie en moet dit net aanvaar. Hani se familie het geen reg om oor CDL se lot te besluit nie, dis belaglik.

Louis le Roux ·

Ek het nog nêrens gelees dat Shabir Sheihk of Selebi dood is nie. Hulle is vrygelaat agv van terminale siekte. Sheihk speel gholf en fletter die wêreld vol en Selebi loop elke dag om sy koerant te koop. Terminaal siek se gat. Derby-Lewis het longkanker maar moey nly sit omdat Hani se familie besluit hy moet bly sit. Wat ‘n siek spul.

Eish! ·

‘n Korrupte land! En almal wat opstaan vir die vermoorde Hani! Ja ek weet die man is dood, maar nou vra ek hoeveel ander swart ministers, ens ens ens word vrygeskeld van tronkstraf net omdat hulle swart is en nie eens regtig siek is nie.
Vergifnis kom van 2 kante af. Is Hani se familie jammer en christelik genoeg om te vergeef? As dit so is of nie is nie…………….verdien hul nie vergifnis nie en as hul wel is, sal hul nie ‘n man wat sterwend is kasty nie. Gelukkig moet die HELE HANI familie self voor Christus boet eendag! Ek dink regtig die man het al sy straf uitgedien onder omstandighede. Mev. staan op en se vir jou man daar is mense wat begrip het en sterkte! Mag ‘n regverdige God oordeel.

Eben ·

Is die hani gesin ooit Christine … of glo hulle aan die belaglikheid van voorvaders?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.