Derby-Lewis weer hof toe oor parool

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis se prokureurs gaan vandeesweek hofdokumente by die hooggeregshof in Pretoria indien in ʼn poging om druk op adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, te plaas om ʼn besluit te neem oor sy aansoek om mediese parool.

Marius Coertze, Derby-Lewis se prokureur, het Maandag gesê sy kliënt het die nodige dokumentasie onderteken sodat die aansoek kan voort gaan. “As die aansoek nie dié keer slaag nie, sien ek nie hoe dit ooit gaan slaag nie,” het Coertze gesê.

Derby-Lewis is met terminale longkanker gediagnoseer. Hy het onlangs ʼn operasie ondergaan en word die afgelope drie maande in die gevangenis se hospitaal behandel.

Elsabe Juin, ook een van Derby-Lewis se prokureurs, het in Junie gesê die departement sal dringend aandag gee aan sy aansoek, aangesien hy terminaal siek is. Die departement het egter op 19 Junie aangedui die aansoek was nie volledig nie en hy wag nog vir die verdere inligting.

Derby-Lewis het al verskeie kere sedert Junie 2010 aansoek gedoen om parool.

Masutha het vroeër vanjaar bevestig die nasionale raad van korrektiewe dienste het aanbeveel dat die parool toegestaan ​​moet word. “Voorleggings deur die betrokke families en die SAKP sal in ag geneem moet word voordat ‘n besluit geneem kan word,” het hy destyds gesê.

Derby-Lewis se vrou, Gaye, beweer dit is lede van die SAKP wat dit moeilik maak vir haar man om parool te kry. Volgens haar beweer SAKP-leiers dat haar man nie ʼn volle bekendmaking gedoen het tydens sy verhoor in 1993 nie. “As hulle in die openbaar beweer daar is ʼn wyer sameswering, dan is dit vanselfsprekend dat hulle die inligting aan die polisie moet oorhandig om hulle uitlatings te steun,” het Gaye gesê.

Derby-Lewis het reeds 20 jaar tronkstraf uitgedien vir sy aandeel in die moord op SAKP-leier Chris Hani in 1993.

Lees meer oor Clive Derby-Lewis hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dave ·

Waarom word Janusz Walus geignoreer? Waarom is daar nooit ‘n woord in die media oor die Pool?

Bruno Stef ·

Dit wil vir my voorkom dat Clive die selfde pad as die oud Onderleier van NAZI Duitsland sal loop. Rudolph Hess het vrede probeer maak voor W/W 2 maar moes tronk toe vir die res van sy lewe as enigste gevangene in die SPANDAU tronk.Clive het die wapen voorsien maar was nie betrokke by die werklike daad nie.Die hele aangeleentheid is polities teen Clive gelaai.Ander persone het mediese parool gekry vir gefabriseerde skete en sommige selfs vir moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.