Derby-Lewis weer in tronk aangeval

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis (78) is Sondag vir die tweede keer in aanhouding aangeval. Manelisi Wolela, ʼn woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Maandag gesê Derby-Lewis is deur ʼn ander gevangene in die Kgosi Mapuru-gevangenis in Pretoria aangeval.

“Derby-Lewis het ʼn geringe besering aan sy rug opgedoen nadat hy met ʼn stuk glas aangeval is,” het Wolela gesê. “Hy word by die gevangenis se kliniek behandel. Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie en word ondersoek.”

Wolela het gesê dat Derby-Lewis Maandag ʼn hospitaal gaan besoek as deel van ʼn hofaansoek. “Die besering sal nie met die beplande hospitaalbesoek inmeng nie.”

Derby-Lewis (78) en die sluipmoordenaar Janusz Walus is op 26 Februarie ook in die gevangenis aangeval. ʼn Gevangene het Derby-Lewis met ʼn skerpgemaakte lepel gesteek.

Derby-Lewis is in 1993 tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in die moord op Hani. Hy het ʼn vuurwapen gereël vir Walus, wat tans dieselfde vonnis uitdien. Altwee is aanvanklik doodstraf opgelê, maar dit is tot lewenslange tronkstraf verander toe die doodstraf in Suid-Afrika afgeskaf is.

Lees ook:
DKD ontken Derby-Lewis-berig
Hof las dat Derby-Lewis na hospitaal oorgeplaas word
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Derby-Lewis en Walus sterk in hospitaal aan
DKD bevestig aanval op Derby-Lewis en Walus
Clive Derby-Lewis en Janusz-Walus glo in tronk aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Gaan julle. Hom aanhou tot die barbare in die tronk hom ook dood maak nog n blanke het julle nie al genoeg moorde gepleeg wat nou nog genoeg is genoeg Bring die Doodstraf terug ASB maar dit sal nie plaasvind want wie is dit wat gaan swing

Giel ·

Mmmmmm nou dat sy amper klaar uitgedien is sal die regering sorg dat hy wel die doodstraf kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.