Derde boer op een dag vermoor

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Drie boere is Dinsdag in Suid-Afrika vermoor.

“Hoewel inligting nog min is, het ons bevestiging gekry dat ʼn opkomende jong boer vanmiddag in die Griekwastad-omgewing doodgeskiet is,” het Marius Muller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, Dinsdagaand aan Maroela Media gesê.

Die boer is na bewering omstreeks 17:00 glo deur een van sy plaaswerkers geskiet, waarna dié sy bakkie gesteel en weggejaag het. Die werker het glo ʼn ongeluk met die voertuig gehad en is in hegtenis geneem.

Die boer se naam kan nog nie bekend gemaak word voordat sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is nie. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Lees die opvolgberig hier.

Maroela Media het navraag by die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder gedoen en wag nog vir amptelike terugvoer.

Dié derde moord op ʼn plaas op 31 Oktober 2017 volg skaars ʼn dag nadat duisende Suid-Afrikaners landswyd die strate ingevaar het om teen plaasmoorde te betoog. Die Swart Maandag-optogte het gevolg ná die moord op Joubert Conradie (47), ʼn druiweboer van die Klapmuts-omgewing in die Wes-Kaap. Chris Loubser, ʼn vriend van Conradie, het daarna in ʼn hartroerende video ʼn beroep op die publiek gedoen om Maandag swart aan te trek ter ondersteuning van die land se boere.

Maroela Media het vandag berig ʼn boer is teen 12:30 op ʼn plaas net buite Fochville in Gauteng doodgeskiet. Willie Barnard is na ʼn hospitaal gehaas nadat hy geskiet is, maar het op pad daarheen aan sy wonde beswyk.

Volgens kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het die voorval plaasgevind toe die twee aanvallers glo vir plaaswerkers vir water gevra en die werkers hulle na die huis geneem het om vir hulle water te kry. “Die aanvallers het toe net losgebrand. ʼn 63-jarige boer is doodgeskiet,” het Dlamini gesê.

Dit volg nadat Barry Baars (55) se liggaam vanoggend op ʼn wildsplaas tussen Ficksburg en Rosendal in die Vrystaat aangetref is.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Baars se werknemers het omstreeks 09:00 op sy liggaam afgekom waar dit in komberse toegedraai was.

“Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat daar met ʼn klein kluis in die kombuis gepeuter is, maar niks is daaruit gesteel nie. ʼn Groot kluis in die slaapkamer is oop aangetref met die sleutel steeds in die deur. Daar was vuurwapens en weermagklere in dié kluis,” het Mbambo gesê. Die Ficksburg-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Pietman ·

Weerhou belasting. Alle boere. Gebruik geld om persoonlike veiligheid. Indien alle boere dit doen is daar niks wat die regering sal kan doen nie. Hulle sal 30000 boere moet arresteer. Sal miljarde aan inkomste verloor en moontlik. ‘n voedselkrisis beleef.

hendrik ·

Pietman, nie net 30000 boere nie maar elke afrikaner sal volg. Dit is die gebied waar jy die anc die hardste gaan slaan en die beste is daar is niks wat hulle daaraan kan doen nie. Aanvanklik sal dit dreig en grootmond wees maar dit sal baie gou omslaan na soebat en mooipraatjies.

RB ·

Ek glo mense wag net vir iemand om dit te organiseer en administreer…

JC ·

Ek stem saam julle, ons is in die laaste loopgraaf, en dit is ons beste geweer. Weerhou belasting, en gebruik die geld vir doeleindes van sekuriteit en ander maatreels. Hulle vra mos nou vir dit, nou ja, dan doen ons dit so. Ons sal sien waar kom die geld vir die ongebreidelde staatstoelae en geld vir “staatsdienaars” vandaan, welke “staatsdienaars” hul plig versuim om ons mense te beveilig en beskerm.

Nee ·

Nee. Weet jy wat gaan gebeur as almal ophou belasting betaal? Die min “service delivery” wat daar is gaan stop. En as daar nie “service delivery” is nie, dan volg n revolusie. Munisipaliteite gaan brand en als gaan geplunder word, en jy meneer, gaan n slagoffer word soos die res van ons. Om belastig te weerhou is nie die antwoord nie. Leer jou plaaswerkers hoe om selfonderhoudend te word. Leer hul dat die ANC nie hul heil is nie.

Jaco ·

En so begin hulle om n punt te maak. Die staat en politisie gee hul dan toestemming! Julle gaan ons volkie nie breek of laat twyfel nie

Sue ·

As ek hier kommentaar gaan lewer gaan ek myself incriminate…. Niks wat hier gesê kan word om die hartseer van die families beter te maak nie… En tog bid ons met elke maaltyd…”Vir spys en drank sê ons aan U die dank” Ironies

Raymond Lombard ·

Witmens, word wakker! Ek het wakker geword, hier is moeilikheid. Daar is goeie swart ouens daarbuite, maar die aanslag het reeds begin. Kyk FB se opmerkings teenoor blankes, sien adjunk minister van Polisie se opmerking teenoor Swart Maandag, word wakker witman. Jy dink jy is oraait, jy is nie. As jy wit is, is jy ook ‘n boer. Word wakker!!

Wiehan ·

Kyk na al die moorde op Afrikaners. Onthou wat Siener gesê het van hoe ons uitgemoor gaan word. Dit gebeur nou, maar we erens is ons te slapgat om iets daaraan te doen.

Pop ·

Pietman daar is nou n slim plan. Belasting is die een ding waarsonder hulle nie kan nie.

Jakalas ·

Ek dink dit is Lourens. As hulle dit wou weg steek as net nog ‘n moord gaan dit nie meer werk nie, want hierdie ‘n goeie bewys van politike inmenging.

Pop ·

Die haat groei en groei. Een vat die dae gaan daar n kooltjie in die kruitvat val.

Blom ·

Nee dit moes al lankal gebeur het pop. Dis nou te laat. Die wat nog wil kannie en die wat kon is of uit die land of reeds dood. Face it, ons is maar slapgat en ons skrik nou bietjie te laat wakker.

Madelein ·

En weereens is die kluis oopgesluit maar niks gesteel nie? Heinz Winkler ek hoop jy lees die berig. As dit gegaan het oor honger kinders hoekom word niks van waarde gesteel nie. Hoekom word die boere dood geskiet sonder om iets te vat?

Ek ·

Ek het n kluis, my ouers het n kluis. Al wat ons daar bere is ons paspoorte, sertifikate en belangrike papiere. ‘n Kluis het nie altyd iets in wat ander wil steel nie. Ongelukkig maak hul jou eers dood voor hul dit uitvind.

Kyk.... ·

So wat probeer ons volgende, Oom Angus? As ek jy was het ek van daai miljoene wat jy uit die boere gemaak het, geskenk om hulle te help beveilig…..

Jakoba ·

Hoekom blameer jy hom, hou op om vinger te wys begin by jouself, hy is gekies deur God om ‘n diaaipel vir Hom te wees en sy woord te verkondig, so wie is jy om te sit en blameer, dit is oor die blameer speletjies dat dit lyk soos dit lyk, almal sit en wag vir IEMAND om IETS te DOEN. Ten minste doen Oom Angus iets…wat doen jy behalwe om vinger te wys.

Kyk..... ·

Ek blameer hom glad nie vir die moorde nie. Inteendeel, hy kan absoluut niks daaraan doen nie. Maar as jy wil verkondig dat jy die oplossing het, en profeteer daaroor…..dan moet jy verseker verantwoordelikheid aanvaar vir dié wat jou volg….en bydra tot jou lewensstyl….

Ratelvark ·

Persoonlik. Ek kry die idee hierdie moorde word gefinansieer deur buitestaanders wat onmin wil saai tussen wit en swart Suid-Afrikaners en wat gaan baat vind daarby as daar ‘n burgeroorlog uitbreek. Hierdie wil vir my al hoe meer lyk na sluipmoorde wat onder die dekmantel van polities gedrewe aanvalle. Net my 2c.

RB ·

As die EFF, ANC, BLF met hulle aanhitsing, as buitestaanders gesien kan word, dan, ja.

Tiger ·

Mense op plase veral sal moet wakkerskrik want hier is ‘n groot ding aan die kom.Kry genoeg kos , brandstof en mediese voorrade NOU bymekaar as julle nie reeds het nie want dinge gaan handuitruk en winkels is die eerste wat geplunder gaan word.Plaasmoorde is net die oortjies van die seekoei.Die anc is teen ALLE blankes in die land ongeag vir wie jy stem.

Wdp ·

Find uit wie hits hulle aan. Eff. Anc Blf. Iewers sit iemand agter dit

MM ·

Betaal alle werkers af – en stel nuwes aan – en betaal geen belasting nie.

Anoniem ·

Suid Afrika huil vandag gister,vandag en sal more ook huil. Ons huil oor die moorde nie net van boere nie maar van elke onskuldige mens. Ons huil omdat ons land verarm en geplunder word. Ons sien nie meer n toekoms in ons land nie, maar hou moed glo en vertrou op die Here. Psalm 37 ’n PSALM van Dawid. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie; want soos gras sal hulle verwelk,en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog. Vertrou op die Here en doen wat goed is: bewoon die aarde en beoefen getrouheid, en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeerstes van jou hart. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer. Psalm 126:5-6 “Hulle wat met trane saai,sal met vreugde maai. Hulle wat met trane die saadsak loop en dra, sal beslissing van vreugde wanneer hulle die gerwe dra.
Laat ons dan nie vergeet wie ons is en keer terug na ons God en wanneer ons in eenheid kan bid en vra vir uitkoms en God dit vir ons bewerkstellig dan sal die wereld sien wie die Suid Afrikaner werklik is. Die volk van God wat glo, vertrou en volhard.
Mag julle Geseend wees volk van Suid Afrika

RB ·

Dankie Danien. Ek het juis begin bid en vra wat staan ons te doen, en die Psalm wat jy hier geplaas het antwoord die vraag duidelik.

Phillip van Niekerk ·

Afriforum! Ek het my lede geld onttrek omdat julle net petiesies kan teken wat NIKS beteken nie. Doen iets daadwerklik om die boer te beskerm en dan sal ek my R250.00 per maand weer na julle kant toe gooi. Beskerm die boere met gewapend magte soos wat hulle die bote daar bo met gewapende magte teen die seerowers beskerm!!!!!!

RB ·

Phillip, in my opinie hul doen meer as meeste, en volgens die wet.
Gewapende magte? Dit mag dalk nodig wees, maar jou R250/maand gaan vir so paar uur vir een wag se tyd betaal.
Ek wil ook soveel as moontlik sien gebeur, maar jy moet besef dat jy die net self kan laat gebeur, niemand anders nie.
Ek sê dit met alle respek aan jou.

Anoniem ·

Hul word seker per kop betaal. Ek dink ook belasting weerhouding is ons enigste kans vir oorlewing.

JC ·

Ek stem saam julle, ons is in die laaste loopgraaf, en dit is ons beste geweer. Weerhou belasting, en gebruik die geld vir doeleindes van sekuriteit en ander maatreels. Hulle vra mos nou vir dit, nou ja, dan doen ons dit so. Ons sal sien waar kom die geld vir die ongebreidelde staatstoelae en geld vir “staatsdienaars” vandaan, welke “staatsdienaars” hul plig versuim om ons mense te beveilig en beskerm.

Hennie ·

Ek dink al lank oor die plaasmoorde .Ons moet staak vir twee dae bly by die huis bid in jou binnekamer. Maak die opoffering verloor die twee dae se inkomste elke persoon wat ernstig is oor die moorde of jy n werker is of n eienaar .Stuur n brief aan die regering waar ons se as daar weer n moord plaasvind dan staak ons weer geen protes nie geen optogte nie net n land wat nie sake doen vir twee dae nie.Hulle kan dit dan nie as rasisties sien nie en hulle sal dit aan hulle sakke voel dan sal dinge gebeur.

Tande muis ·

MM wat gaan dit help om werkers af te betaal en nuwes aan te stel duidelik verstaan jy nie daai ene nie en dan weer nuwes aan te stel n resep om jou besigheid af gebrand te kry ja dink nie jy het gedink nie…..belasting ja dit kan werk

Jaco Prins ·

Ons Boere is onder beleg van groepe wat beplande aanvalle uitvoer… die staat weier om iets daaroor te doen agv. onkunde, onoselgeit of uit aspris wees of selfs oor hul iets daarmee te doen het. Dit is ‘n kruipende oorlog en sal onder enige regdenkende regering of bevolkings groep as een gesien word. Hoekom is ons so gewilligliglik blind? As dit omgekeerd was sou daar sekerlik reaksie gewees het.

Michelle ·

Daar is geen genade of uitkoms nie, die verbode immigrante het hul lande verwoes daar is nie kos nie, daar is niks, ons is so vinnig oppad in die selfde rigting, nie almal kom om te kom werk nie, hul kom moor, verkoop dwelms, bring siektes, word hul gevang met die klomp valse name hardloop hy weg en ons eie land se mense moor want hul is te sleg om te werk, dis maklik om te steel en moor. Dit is die boer se geliefdes wat by daardie oop graf moet staan. Mag God hul styf vas hou

Niklaas ·

Die boetie moet vir n maand alles uitvoer en niks vir SA hou nie dan sal jy n ander ding sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.