Derde geval van koronavirus in SA  

Dr. Zweli Mkhize. Foto: Elmond Jiyane

Die derde geval van die koronavirus, of Covid-19, is pas in Suid-Afrika aangemeld. Die derde pasiënt is die eggenoot van die 38-jarige man van Hilton in KwaZulu-Natal wat verlede week positief getoets het vir dié gevreesde siekte. Sy en haar man was deel van ʼn groep van tien Suid-Afrikaners wat onlangs uit Italië teruggekeer het.

Maroela Media het Saterdag berig ʼn tweede lid van die groep het die naweek positief getoets vir die virus en word in ʼn hospitaal in Gauteng behandel. “Ons behoort binne die volgende 48 uur die uitslae van die toetse van die ander lede van die groep te hê. Dit is belangrik om kennis te neem dat die egpaar se kinders reeds negatief getoets het vir Covid-19,” sê Zweli Mkhize, minister van gesondheid. Die kinders bly egter in kwarantyn tot hul ouers negatief toets vir die virus en sal ook deurlopend getoets word. “Dit beteken hulle sal steeds nie skool toe gaan nie,” sê Mkhize. Die laerskool waar die kinders skoolgaan is reeds verlede week gesluit.

Mkhize sê hy het Sondagoggend met die pasiënt gepraat wat heel eerste positief getoets het en sê die man is “optimisties en in ʼn goeie luim”. “Ek het ook met die dokter gepraat wat hom behandel en sy het bevestig dat die pasiënt goed reageer op behandeling en nie meer simptome van die virus toon nie.”

Die minister sal later vandag ʼn verklaring uitreik om die proses te verduidelik wat gevolg moet word indien ʼn pasiënt nie meer simptome toon nie. Dié proses is gebaseer op maatreëls wat gepubliseer is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan Venter ·

Mag hierdie onse minister so besig hou dat hy toetentaal van NGV vergeet! Ek verwar hom en Lesufi nou al met mekaar soos hy deesdae nie kan wag om van hom te laat hoor nie.

Lorna ·

Jong en die fobnuus hardloop OP FB hoor
Volgens hul is patient in tygerberg in hospital
Pas almal hulself baie mooi OP die virus sal sekerlik soos veldbrand versprei so wag jou beurt af moet hom nie vooruit hardloop nie
Ons almal is maar bang

Michael ·

Die regering weet nie eers hoeveel onwettige immigrante in SA is nie ,sal dit nie stupid wees om te dink hulle kan hierdie virus uitbraak isoleer en behandel nie.

Maria Magdalena ·

Hoekom is daar nie n telefoon nommer wat geskakel Kan word as jy vermoed dat jy die virus het nie, nou moet jy in die publiek uitgaan om getoets te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.