‘Derde mag’ agter treinbrande in Wes-Kaap

In die jongste voorval is 18 treinwaens uitgebrand. Twee tieners is in hegtenis geneem. (Foto: Twitter)

Die United National Transport Union (Untu) het die inhegtenisneming van twee tieners in verband met die jongste brandskade by die Kaapstad-stasie verwelkom.

Untu sê hy het die polisie al herhaaldelik gevra om sy misdaadintelligensie-eenheid in te span om die vakbond se vermoede, dat ʼn sogenaamde derde mag verantwoordelik is vir die aanvalle, te bevestig. Volgens die vakbond wil dié mag die passasierspoordiens in die Wes-Kaap, asook sy kwesbare ekonomie, vir eie gewin ruïneer.

“Dit is hartseer dat die inhegtenisnemings eers gedoen is ʼn week nadat die Passasierspooragentskap (Prasa) beeldmateriaal van die vermeende brandstigters en ʼn beloning van R100 000 uitgeloof het vir inligting wat kan lei tot hulle inhegtenisneming en suksesvolle vervolging,” het Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, gesê.

“Dit lyk of daar ná die bewind van die voormalige misdaadintelligensiehoof Richard Mdluli weinig oor is van die polisie se vermoë om dié sensitiewe misdade te ondersoek.”

Die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek het vroeër vanjaar gehoor dat Mdluli glo die misdaadintelligensie-eenheid se geheime fonds geplunder het vir veiligheidsopgraderings, oorsese reise en voertuie.

Volgens Harris het die polisie nog geen verantwoordelikheid aanvaar vir die feit dat sy snelspooreenheid versuim om sy mandaat by Prasa na te kom nie. Die eenheid moet onder meer sigbare polisiëring verskaf aan die spooromgewing en omsien na die veiligheid van pendelaars, passasiers, vrag en die vervoerstelsel.

Die eenheid moet ook vinnige diens aan die spoorstelsel lewer en misdaad in dié omgewing bekamp.

In 2016 was dié eenheid 3 232 lede sterk.

Harris sê die nou ontbinde Prasa-raad het Untu voorheen al verseker dat lede van die eenheid op 11 November op platforms ontplooi was toe hulle gekonfronteer is deur die reusevlaag vandalisme en skade aan infrastruktuur. Dit het gevolg op ʼn vroeëre besluit om die dienste van meer as 20 private veiligheidsmaatskappye op te skort.

“Untu-lede én pendelaars is die afgelope ses weke weerloos en oorgelewer aan misdadigers,” het Harris gesê.

Volgens Untu het die Wes-Kaap sedert 2014 al 213 treinwaens ter waarde van R6 miljoen elk as gevolg van brandstigting verloor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Riaan ·

En eat van ‘n sekere politieke party wat nie die Wes Kaap regeer nie?

Janine ·

Wie is die eerste en tweede mag…hul moet totaal onbevoeg wees?!

Sê-maar-net ·

Dis mos al te lekker om agter kinders te skuil. Dieselfde ding het mos maar gebeur tydens die Soweto-opstande. Kinders uit die skole gehaal en voor die comrades uitgestoot.

Piet ·

Sê-maar-net – wel soos jy sê werk sedert 1976.
Benewens die aftakeling van strukture wat gewerk het.
Sabotasie?

HPV ·

Die enigste derde mag aan ons bekend is die een wat die land in ‘n derde wêreld omskep het deur dit as geheel te vernietig in minder as 25 jaar. Die ANC. Viva ANC!

Julie Jansen van Rensburg ·

“Derde Mag” agter AL die gemors waarin die land hom nou sedert 1976 bevind… my ou kamermaat uit my koshuisdae het altyd gesê: “My ouma het altyd gesê dit gaan van ‘bed na wors’ (from bad to worse) en dis presies ons situasie sedert 1976 en nog erger, na 1994…

Kobus ·

1-ANC
2-EFF
3-Brittanje wat EFF befonds tot revolusie
4-Vatikaan.
Boerman, hul almal soek jou bloed.(want hul het reeds prakties al jou goed, die bietjie wat jy nog oor het is regtig nie veel werd nie.)

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.