Derde ontsnapte gee homself oor

Argieffoto. (Argieffoto: Unsplash)

Drie van die ses verhoorafwagtendes wat verlede week uit aanhouding ontsnap het, is nou al agter tralies. Dít nadat die derde ontsnapte homself Maandag aan die polisie oorgegee het.

Bafeletse Nyembe het hom Maandag by die Vosloorus-polisiestasie aangemeld en is nou in aanhouding totdat hy weer op 27 Januarie in die hof verskyn. “Benewens ʼn klag van diefstal sal hy nou ook aangekla word van ontsnapping uit geregtelike aanhouding,” het brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder van Mpumalanga, gesê.

Ses gevangenes het Vrydag ontsnap toe hulle in ʼn polisievragmotor op pad na die hof in Vosloorus was. Drie gewapende mans in ʼn silwerkleurige Audi op die hoek van Barry Marais- en Rondebultweg in Boksburg het die polisievoertuig oorval.

Twee van die ontsnaptes is net die volgende dag deur die polisie in Olievenhoutbosch vasgetrek. Nkululeko Nkomo en Robert Hlatshwayo het Maandag weer in die hof verskyn en word nou ook daarvan aangekla dat hulle uit geregtelike aanhouding ontsnap het. Hulle is aanvanklik van sakeroof en poging tot moord aangekla.

Nog ʼn verdagte, wat die ses glo gehelp ontsnap het, is intussen ook in hegtenis geneem.

Muridili sê die soektog na die oorblywende drie ontsnaptes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius ·

Dis nou wat gebeur met sake wat die hele tyd uitgestel word. Vonnis hulle en kry klaar.

Shakespeare ·

Nog nooit voor 1994……
1. was daar miljoene onwettige buitelanders in ons land nie.
2. het kriminele ons land beheer nie.
3. was al die staatsinstansies ‘n totale chaos nie.
4. was korrupsie totaal buite beheer nie.
5. is daar so ongelooflike hoë moordsyfer nie.
6. was daar so ontsettend baie onbevoegde, korrupte Parlementslede nie.
7. was mense so bang om alleen op straat te wees nie.
……… en toe kom die ANC/EFF ………..

Di ·

Ja hoekom? Want ons korrupte regering sorg beter vir die onwettige immigrante as vir die landsburgers EN hulle het meer regte as ons! Kyk hoeveel miljoene kry GRANTS en gratis medies ens. met ONS belasting geld!

Di ·

Hy het seker besluit dis beter in die tronk as daar buite. Word gratis blyplek en kos voorsien. Sal graag wil weet HOEVEEL onwettige immigrante sit in ons tronke hier

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.