Derde party het glo hand in Jan Viljoen-konflik

Gemoedere by die skool het hoog geloop weens bewerings van rassisme. (Foto: Douglas Ngobeni/Facebook)

ʼn Party wat onafhanklik is van die Hoërskool Jan Viljoen en sy bedrywighede het glo ʼn hand daarin gehad om ʼn gewelddadige onderonsie tussen leerders vroeër vanjaar aan te vuur. Dié gebeure is sedertdien as ʼn rasgedrewe voorval bestempel.

Chris Coetser, hoofondersoekbeampte in die saak, sê hy het tydens sy ondersoek ʼn buiteparty geïdentifiseer “wat vooraf daartoe bygedra het om leerders by die skool te beïnvloed en om wrywing en chaos te veroorsaak”.

Die party se optrede was glo doelbewus, maar Coetser het nie uitgebrei oor die identiteit van die betrokke party nie.

“Hierdie inligting is uiters sensitief en kan nie in hierdie stadium bekend gemaak word nie.”

Coetser is deur Mike Bolhuis aangewys as die hoofondersoeker nadat die beheerliggaam Bolhuis se private ondersoekdiens genader het om die voorval, asook ʼn saak van seksuele teistering teen ʼn onderwyser, te ondersoek.

ʼn Bakleiery het op Vrydag 11 Februarie tussen ʼn wit en ʼn bruin leerder uitgebreek wat tot verdere botsings gelei het. Tydens die onderonsies tussen wit, bruin en swart leerders is dreigemente en beskuldigings van rassisme teen mekaar gemaak, sowel as teen die skool se beheerliggaam.

“Die hele situasie het handuit geruk en alle skoolaktiwiteite is vir die dag opgeskort,” sê Coetser.

“Leerders het op die skoolterrein begin betoog en skooleiendom beskadig – tot so mate dat die polisie en ʼn plaaslike veiligheidsmaatskappy ontbied is om die situasie in bedwang te bring.”

Coetser het reeds sy ondersoek na die beweerde rassevoorval afgehandel en sy finale bevindinge aan die beheerliggaam oorhandig. Dié bevindinge is egter nog nie aan die publiek bekendgemaak nie.

Die ondersoek het talle ander leerders, buiten diegene wat self by die onderonsie betrokke was, geïdentifiseer wat glo betrokke is by die toenemende geweld wat by die skool plaasvind.

“Die ouers van die betrokke leerders sal mettertyd gekontak word vir individuele vergaderings met die skool om hul betrokkenheid en verdere dissiplinêre prosesse te bespreek,” sê hy.

Dit sal in samewerking met die departement van onderwys, soos die Suid-Afrikaanse Skolewet dit bepaal, gedoen word.

Volgens Coetser word die moontlikheid van siviele en kriminele aanklagte teen die geïdentifiseerde individue nie uitgesluit nie.

“Regsadvies sal eers ingewin word om verdere stappe te bepaal.”

Coetser het intussen verskeie maatreëls aan die skool voorgestel wat gebruik kan word om soortgelyke voorvalle in die toekoms te vermy. Dit sluit diversiteitsprogramme vir leerders in en komitees wat ras- en dissiplinêre verwante klagtes hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Estelle ·

Hoekom kry ek so n gevoel dat die rooi pette betrokke was?

Ruby ·

Ja, hulle soek ‘n skool om te besoek en vuur aanblaas en kry so gratis media dekking.

Elize ·

Daar is net een party, nee twee wat so rassisties en haat aangedrewe is wat tot so ‘n lae vlak kan daal.
Raai, raai , riepa………………….BLF en EFF

Natasha ·

Ek is jammer maar daai kinders wat die skooleiendom beskadig het moet aangekla en vervolg word en hulle ouers moet maar opdok om dit reg te maak. Ek kan geensins rede insien vir KINDERS om te verval in afbrekende metaliteit en te betoog en eiendom te beskadig nie. Ek gee nie om wat die rede is nie! Buig die boompie terwyl hy jonk is.

Jr ·

Nee want hulle ouers en leiers leer hulle dat afbreek en brand is hoe julle dinge oplos

Wondermaarnet ·

En dan is dit seker ouers wat nie skoolfonds betaal nie en subsidie kry.

Philip ·

Die hele storie is so uitgevoer om n insident te skep waaruit die opstokers die maksimum blootstelling kan kry. As jy daarby n ultra liberale pers se mening voeg het jy n wenner . Hoed dom en naief is die gewone mens nie om dit dadelik te kan indentifiseer as n manier van verdraaing om n politieke brownie aan te teken nie.

gatgogga ·

Ons TV media met hulle subtiele opstokery – wat beoog hulle?

Esme ·

Hoekom is daar altyd Derde Partye en Derde Magte betrokke? Ek kry al die idee dat sekere Departemente in ons land nie werklik toegewyd is, aan hulle werk nie, en om daardie rede word ‘n Derde Mag altyd beskuldig.
Hopelik kry ons die keer sinvolle antwoorde.

JM ·

Daar is sekere individue in die samelewing wie se “kos” dit is om op te stook en moeilikheid te veroorsaak. Die min grysstof en lae mentaliteit kan vir niks beter aangewend word nie, want hulle is SIEK.

Johan ·

Hulle is nie “siek” nie, dit is hulle werk. Dit is letterlik hul kos.

Willem ·

Is dit nou nie vir jou ‘n ding nie? “Verskeie maatreëls” om te verhoed dat dit weer gebeur! Die mees voor die hand liggende oplossing is (surprise, surprise) bou aparte skole vir die swartes en die bruines en laat die wit kinders in vrede by hul skool.

Anel ·

Willem, jy vat die woorde so uit my mond. Kyk maar orals in die wêreld waar kulture verplig word om saam skool te gaan, is daar probleme. Dit word maar net baie stil gehou. Hoekom is dat dat die meerderheid, voorheen engelse blanke skole nie meer blanke kinders het nie? Wonder ook maar net.

Wondermaarnet ·

Hoekom moet dit altyd iets beskadig? Daar is beter maniere om te betoog.

007 ·

Pasop dat die derde partye nie dalk die klomp is wat ons dink hulle is nie.

Christa ·

Ag weet jy! As die regering so ywerig is wanneer daar konflik is by die skole…en hulle neuse tydig en ontydig by sake indruk wat hulle nie aangaan nie – hoekom nie met dieselfde energie, ywer en deursettingsvermoë die plaasmoorde aanspreek nie. Leerders wat wetend skole se eiendom beskadig is deurtrekkers en het geen respek vir ander mense of hulle eiendom nie. Raak ontslae van die vrot appels, die meeste kinders daar WIL leer en het NIE onderduimse agendas het nie!

Sarel ·

Ek wil nie vooruit loop nie maar glo nue Lesufi gazn die verslag aanvaar nie. Opk gaan hulle gedn stappe teen
Leerders of sg. Derde Party ondersteun nie.
Kyk hoe lyk ons Universiteite..

SjN ·

Laat die rottang weer die praatwerk doen en die problem oplos.

De Villiers ·

Hoekom kry ek die gevoel dit is die Bittereinders Jeugbeweging waarna hier verwys word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.