Derde persoon sterf ná bendeskietery

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Derde persoon is Sondag dood ná ʼn bendeskietvoorval in Mitchells Plain in Kaapstad.

“Die persoon het Sondagoggend in die hospitaal aan sy beserings beswyk,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. Die skietery het Saterdagaand in Skorpalstraat plaasgevind.

Vier mense het in die spervuur beland. ʼn 12-jarige meisie en ʼn 15-jarige seun is dood en nog ʼn persoon ernstig beseer.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die Workers International Vanguard Party het gesê inwoners in die gebied het Sondag ʼn massabetoging teen die skietery gereël. “Inwoners is ontstoke oor die voortslepende skietery en geweld wat vermoedelik deur bendelede gepleeg word,” het Shaheed Mahomed, woordvoerder vir die party, gesê. Volgens Mahomed is minstens 10 mense Saterdagaand in bendeverwante voorvalle oorlede, insluitend ʼn sesjarige meisie.

Kinana het egter gesê hulle kan net drie sterfgevalle bevestig. “Ek is onbewus van enige ander persone en getalle. Tensy mense verwys na voorvalle waaroor ek nog nie ingelig is nie,” het hy gesê.

Lees ook:
Bendegeweld: Nóg tieners in Kaapstad doodgeskiet
Tiener in Kaapstad doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.