Derde persoon sterf ná Soweto-onluste

‘n Buitelander se winkel in White City in Soweto word geplunder. Foto: Matthews Baloyi/ANA

ʼn Derde persoon is dood weens die geweld wat Woensdag in Soweto uitgebreek het toe plaaslike inwoners en buitelanders slaags geraak het.

Twee mense is Woensdag dood tydens die geweld wat in verskeie dele van Soweto opgevlam het – een is doodgeskiet, terwyl die ander doodgesteek is. Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn derde persoon wat met ernstige beserings na ʼn hospitaal gehaas is, is Woensdagaand dood.

“Een verdagte is op aanklag van moord in hegtenis geneem. Twee is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens. Daar is op drie vuurwapens beslag gelê wat in die verdagtes se besit gevind is,” het Dlamini gesê. Altesaam 27 mense is in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig die onluste het ontstaan nadat inwoners woedend gereageer het omdat hulle meen dat buitelanders produkte wat reeds hul vervaldatum bereik het, in hul winkels verkoop. Gemeenskappe in Gauteng het onlangs begin om vervalste goedere en goedere wat verval het uit spaza-winkels te verwyder deur dit óf te konfiskeer óf self daarvan ontslae te raak.

Dlamini sê die situasie in Soweto is vanoggend steeds gespanne, maar onder bedwang. Die polisie is in groot getalle in die gebied ontplooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Calamarie ·

Ek dink ons gaan onself dood skrik as daar eendag goeie nuus op enige nuus website/tv/ koerant wees. Ons gaan nie weet wat om te doen nie. Ons is so gewoond aan moord, plunder, diefstal, verkragting, bedrog………. Ons jong kinders weet al hoe om die nuus te hanteer, want hulle word met dit groot gemaak al probeer mens hoe hard om dit weg te steek.

Johann ·

Ja wel nou weet ek waar daai koeldrank yskas op die Greyston Afrit vandaan kom….

Staak ·

In groot getalle ontplooi, dan le die res van die land weerloos!

Willem ·

Ontplooi beteken om te staan en toekyk, met of sonder hulle is die land in alle geval weerloos.

Cherokee ·

Stank vir dank. Afrika het Suid Afrika se swartes gehelp om bewind oor te neem.

marous ·

En die land se vors bly steeds tjoepstil En sy dame wat vals en misleidend gil vir elke negatiewe berig oor hul paradys is ook tjoepstil.

Thinus Erasmus ·

Massas doen net wat hulle wil? SAPD wil/kan nie keer nie? Ek hoor ‘n klokkie, ‘n Franse rewolusionere een!
Die wat nie bewus is dat daar daagliks wanorde regoor die land heers nie, en dink ons land is die beste en mooisste plek in die wereld……. aan julle wil ek net vra: Loop jou yskas nog? Maak dan gerus jou deur toe en sluit hom, net-nou stap hy met vier pare tekkies by jou huis uit!

Johan ·

Dit maak nie sin nie. Die inwoners is bitter ongelukkig oor die produkte van die uitlanders verkoop. Tog het hulle die winkels leeg gestroop en eet nou lekker aan dieselfde produkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.