Derde Phalaborwa-ontsnapte vasgetrek

Benny Mathaba het uit polisieselle in Phalaborwa ontsnap en is intussen weer in hegtenis geneem. Foto: SAPD

Benny Mathaba het uit polisieselle in Phalaborwa ontsnap en is intussen weer in hegtenis geneem. Foto: SAPD

Die derde verdagte wat verlede Donderdag uit polisieselle in Phalaborwa in Limpopo ontsnap het, is Woensdagaand in die gebied aangekeer.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Benny Mathaba (24) is terug agter tralies ná ʼn week op vrye voet. Hy is voorheen op aanklag van verkragting in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig Mathaba, Papiki Mashapo (23) en Thomas Maowasha (23) het uit die aanhoudingselle ontsnap toe polisiebeamptes hul kos gebring het. Volgens die polisie het die verdagtes die polisiebeamptes na bewering oorrompel, een van hulle ontwapen en toe ontsnap.

Mashapo en Maowasha is Sondagaand in Tzaneen vasgetrek, maar albei is in die proses dood. Volgens Ngoepe het Mashapo in ʼn skietgeveg met die polisie betrokke geraak en is in die proses gewond. Hy het ʼn ruk later aan sy wonde beswyk.

Ngoepe het gesê Maowasha se liggaam is langs die pad aangetref nadat hy vermoedelik deur ʼn onbekende groep mense aangerand is.

“Mathaba sal Vrydag in die Phalaborwa-landdroshof verskyn op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding,” het Ngoepe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CAROL ·

YOU CAN RUN – BUT YOU CAN’T HIDE. ALMAL WORD EEN OF ANDER TYD GEVANG. MOOI SO SAPS.

miv ·

Dank aan die SAPD en die gemeenskap. Jul spaar die belastingbetalers baie geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.