Derde SAUK-raadslid bedank

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Argieffoto: Maroela Media

Nog ʼn SAUK-raadslid het in die spore van twee voorgangers gevolg en bedank uit die raad van die openbare uitsaaier.

Pres. Jacob Zuma het Vrydagmiddag aangekondig hy het Leah Thabisile Khumalo, die raad se adjunkvoorsitter, se bedanking ontvang en aanvaar.

“Die president het me. Khumalo bedank vir haar bydrae tydens haar ampstermyn by die SAUK en wens haar alle voorspoed toe met haar toekomsplanne,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê.

Khumalo se bedanking volg nadat twee SAUK-raadslede, Krish Naidoo en Vusi Mavusa, op 5 Oktober in die parlement bedank het, waar hulle voor die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie verskyn het.

Naidoo het gesê die raad is wanfunksioneel en moet geheel en al geskrap word. Hy was ook uitgesproke oor die heraanstelling van Hlaudi Motsoeneng.

Hy het ook uitgevaar teen James Aguma, waarnemende hoof van die SAUK en gesê hy gebruik nie sy magte regverdig nie.

Mavuso het gesê hy stem saam met Naidoo en hulle word uitgesluit wanneer die raad besluite neem.

Prof. Obert Maguvhe, voorsitter, Nomvuyo Mhlakaza en dr. Ndivhoniswani  Aaron Tshidzumba is die enigste oorblywende lede wat nog op die raad dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

humor ·

Hoop nie hierdie wat so van die sinkede skip afspring kom vry nie.

aj ·

Sluit die plek toe en gooi die eat korrup is in die trok. Geen ordentlike programme word uitgesaai

doll ·

Hoe gouer die sabc in totaal gesluit word en almal wat daar werk se kwalifikasies gecheck word en dan die ding vandaar af wat sal die SABC in ‘n gemors bly . Maar hoe anderste ons regering is een groot gemors

Frederik ·

As die manne en vroue se name versier word met titels soos Dr. en Prof, kry ek altyd die idee dat daar ‘n slang iewers in die gras is.

Asjas ·

Seker nie geld vir bonusse nie want ons betaal mos nie meer ons TV Lisensies nie. Ons moet aanhou weier om te betaal. #SABCMustFall!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.