Derde transitoroof binne 4 dae in Gauteng

Argieffoto (Fidelity Security)

Gauteng het vandeesweek omtrent deurgeloop onder transitorooftogte. Nóg een het Sondagmiddag plaasgevind, dié keer in Johannesburg.

Die rooftog het omstreeks 12:00 by die Southdale Mall in die suide van Johannesburg plaasgevind.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die polisie is in dié stadium op soek na agt verdagtes wat van die toneel gevlug het in ʼn bruin Audi A4.

“Daar word beweer dat ʼn Fidelity-geldwa geparkeer gestaan het met een veiligheidswag in Shoprite terwyl die ander een by die wa gewag het. Dit is toe dat die gewapende aanvallers hom [die wag by die voertuig] nader en dwing om die geld aan hulle te oorhandig,” het Masondo gesê.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Masondo het ʼn beroep op die publiek gedoen om die polisie te laat weet van enige inligting wat daartoe kan lei dat die misdadigers aangekeer word.

Die verdagtes het van die toneel gevlug in ʼn onbekende rigting.

ʼn Saak van transitoroof word ondersoek.

Dié rooftog kom slegs twee dae nadat ʼn G4S-geldwa op die N4 in Silverton in Pretoria tussen Watermeyerstraat en Simon Vermootenweg beroof is. Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het bevestig dat twee veiligheidswagte van die G4S-voertuig wat aangeval is, gering beseer en na die hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

Skote het ook vroeër vandeesweek in Boksburg geklap toe ʼn groep swaar gewapende verdagtes Donderdag op twee geldwaens aan die Oos-Rand toegeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

PJ ·

Een of ander Politieke Party het geld nodig vir die 2019 verkiesing

Neels ·

PJ ek is geneig om met jou saam te stem. Daar is gerugte van n moontlike teestander party vir die ANC, maar die kan nie die nodige befondsing kry nie. So dit laat n mens wonder want nadatdie gerugte versprei is het die aanvalle skielik toegeneem

Cherokee ·

Julle probeer jul bes om meer ondersteuning te kry met die storie maar dit is steeds net julle wat dit vertel.

Bok ·

Ek stem volmondig saam dat dit vir fonds insameling is vir verkiesing is.!!!

Eish ·

Née wat, daar is geen keer aan die rewolusie nie.
Dié in die Carducci pakke plunder die staat en die voetsoldate die kontant.

zoom zoom ·

Wie dra die versekering op die geld wat so vervoer word. Iemand moet verloor en ons weet wie wen. Dit word nou ‘n daglikse oefening sonder resultate.

Chelle ·

Onthou jul nog daai advertensie? It’s not inside but on top!
Ek reken….it is inside AND on top…
Transito- rooftogte geskied te seepglad,gemaklik…

Bets ·

Jy slaan die spyker op sy kop, dis nooit anders as inside en on-top nie !!!

Linda Gouws ·

Ag nee, dis te maklik. Die veiligheidswagte staan gewoonlik met sulke groot gewere wag dat ek nie eers naby hulle verby wil loop nie. Nou konfronteer die rowers net die wag en dwing hom om geld oor te handig! Ag nee nonsens!

martin ·

As die ou nie kan skiet nie hoe gan hulle raak skiet die skelems weet dat hulle nie kan skiet nie en kyk hoe sukel die poeliesie om n 9mm in mekaar te sit in die ou da is mense n tyd ge gee om in mekaar te sit nou het hulle heuldag

Frikkie Geld en huis ·

Hoekom vergesel ‘n paar swaar gewapende polisielede nie van die geldwaens in ‘n privaat ongemerkte voertuig nie. Dis die maklikste manier om hul te arresteer……….of dood te skiet.

Wilma ·

Sjoe ek ook nou tot die punt gekom dat ek dalk die vinger na n politieke party wil point. Welkom in Afrika.

Lynne ·

Stem 100% saam met PJ & Eish! Gauteng, well known as Gangsters Paradise, is mos die plaaslike ATM!

Lynne ·

Stem 100% saam met PJ & Eish! Gauteng, well known as Gangsters Paradise, is misdadigers se ATM!

Robert ·

Ek is met jou Lynne! Gauteng/Gangsters Paradise is NIE net die KLEINSTE Provinsie nie, maar ook die Provinsie met die MEESTE inwoners! Dus, maak dit sin dat Gangsters Paradise die Provinsie met die MEESTE gewapende rowe en crime scenes in die land is!

Snuffels ·

Wil nou nie anders wees nie…maar 8 verdagtes vlug in een Audi??? Amazing!

Neels ·

Snuffels hoekom nie as daar 30 in n 16 sitplek taxi klim hoekom nie 8 in n audi nie . As jy moet wegkom prop jy in en niemand gaan hulle keer nie

André ·

Moes seker ‘n “tight fit” gewees het. Vier voor en agter of twee voor en ses agter.

Reguit ·

Hoe kostelik. Die linkses se wonderlike Azaniese Reënboog Paradys, waar ‘n eenheid gemaskerde aasvoëls (bekend as “die Valke”) ‘n wilde bende “ondersoek” wat gereeld kontant waens opblaas, en dan die polisie op trapfietse en in een Audi ontglip. En dit lyk elke keer soos dieselfde ou IAOT bendetjie (Inside And On Top).

Linda ·

Hierdie transitorooftogte het absoluut niks met politieke partye te doene nie. Daar is n groot sindikaat van die DRC wat hierdie tipe rooftogte reel met Zimbabiers, Mosamkiers ens. Wanneer die geld merke op het, koop hulle baie duur chemikalua en ‘was’ die note weer skoon !!! Al hierdie rowe word gedoen deur mense vanaf ander lande !!! Volg n polisiebeampte dit op en raak warm op die spoor word hy dood geskiet. Die polisie is bewus van hierdie sindikaat !!!!

Frikkie Geld en huis ·

Wel, die polisie het darem nou sewe gevang. Ons sal seker eersdaags verneem of jou teorie waar is.

Melt Olckers ·

Met SA Polisielede wat deel is van die bende, met Polisie voertuie en wapens. Dit is Suid Afrikaners wat deel is van die Polisie. Geen buitelanders nie. En na my mening verbind met faksies in sekere Politieke Partye.

Linda ·

Ek wil net noem dat hierdie sindikaat baie geld het wat hulle gebuit het en beweeg ,vinnig rond na nuwe woonplekke, tussen Fourways, Pretoria en Springs !!!

Linda ·

Snuffels hierdie bruin Audi word gereeld verbind met rooftogte deur hierdie sindikaat. Dit is glad nie ‘inside jobs’ nie. Ek kry die gevoel dat die geldwa se wagte en polisie baie bang is vir hierdie sindikaat. Hulle maak dood vir geld !!!

Linda ·

Op die stadium is daar nie n teenstaabder vir die ANC nie. Mense moet in ag neem dat al die groot Maatskappye soos PicknPay, Sanlam ens ens die ANC geweldig ondersteun en geld voorsien vir verkiesings. Die rede hiervoor is dat al die maatskappye die ANC vertrou, al het Zuma opgeneuk. Maatskappye is bang vir die DA ens, hul het nie vertroue in hulle nie, en is bang hul verloor hul bates !!! Die mense wat se die DA ens gaan die verkiesing wen dink verkeerd. Die DA is n goeie opposisie party, maar hy gee nog nie n waarborg en vertroue vir maatskappye nie. Die EFF is net n groot mond en niks meer nie. Ons het hul nodig om druk op die ANC te plaas. Almal moet net op hierdie stadium ontspan, dis al.

Alice ·

Iets is groot fout met jou kommentaar Linda. Geen party het al vir ewig regeer en en al weet ons nie wanneer nie die ANC gaan ook nie vir ewig regeer nie. Beleggings vertroue in die ANC?

Wrrner ·

Linda hoe klink dit vir my jy wil die paddas in die pot probeer paai dat die water nie warm word nie

Linda ·

Wrrner en Blondie…ek sal nie iets se waarvan en nie kennis dra nie. Ja Blondie, wat moet ons doen ? weghardloop, waarnatoe ??? Ons Regering moet begin om ons grense behoorlik te patrolleer ens. 99% plaasmoorde word deur onwettige immigrante gepleeg. Dit gaan nooit stop nie !!!!

jacques ·

Regstelling dinsdag aand ook geldwa opgeblaas op ontdekkers roodepoort

thelsa ·

Vervoer die geld in ‘n bruin Audi of ou Mecedes. Hulle word altyd verbind met die rooftogte en is verantwoordelik om die geldwa van die te dwing. Die geldwa het dan geen nut nie. Ons moet ophou om te adverteer “Kom roof my. Ek vervoer geld”

Linda ·

Jacques, ek bly teenaan Ontdekkersweg waar daardie geldwa opgeblaas was !

Lourens ·

Ongeag nou wie of wat vir die rooftogte verantwoordelik is, een ding is seker: indien ons polisie kamtig te bang is om die sindikaat teen te staan, is hul NIE hul sout werd. Klaar! Dit wil my voorkom as of hul nie werklik ‘n poging aanwend om hierdie geldwaens te beveilig nie. Iewers is GROOT fout….

Willie ·

Probleem is die polisie is altyd eerste op die toneel, gewoonlik het hulle deelgeneem…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.