Derde van SA’ners vrees polisie

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Derde van volwassenes Suid-Afrikaners is bang vir die polisie, het ʼn onlangse opname bevind.

“Drie uit 10 volwassenes is bang om self na ʼn polisiestasie te gaan en ʼn misdaad aan te meld, terwyl ʼn derde meen hulle is bang vir die polisie,” het ʼn onlangse opname deur Futurefact bevind.

Die studie is gebaseer op die resultate van ‘n opname wat laat verlede jaar op ‘n waarskynlikheidsmonster van 3048 volwassenes in Suid-Afrika gedoen is en wat 22,8 miljoen volwassenes verteenwoordig.

Nagenoeg 70% van die respondente het aangedui dat hulle konstant bewus is van die moontlikheid van misdaad en bang is daarvoor. Nagenoeg die helfte, of 44%, van respondente het gesê daar is geen punt om misdaad by die polisie aan te meld nie.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIR) en AfriForum het verlede week die Broken Blue Line-verslag bekend gestel wat 100 voorbeelde bevat van geweldsmisdade waarby Suid-Afrikaanse polisiebeamptes sedert 2011 betrokke was.

Die verslag het bevind dat dié polisiebeamptes dikwels hul polisiëringsmagte en amptelike toerusting gebruik om misdade te pleeg, en dat kriminele bendes blyk om voordeel te trek uit interne ondersteuning van die polisie.

Die SAPD se bestuur het die metodologie van die verslag bevraagteken en gesê dit is gebaseer op aannames en afleidings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anoniem ·

Dis nie net jan publiek wat die polisie vrees nie, maar onder hul eie geledere is daar vrees vir die kriminele elemente en die met sterk politiese konneksies.

Pierre Celliers ·

Aannames en afleidings???? Amptelike statistiek en besonderhede is daar vir almal om te sien , daagliks in die media!!!

Evie Ellis ·

Dis waar…. Ek se altyd ek is banger vir die polisie as vir die skelms!

Marietjie ·

Ek is vrekbang vir hulle. Drie beamptes het my Sondag afgetrek omdat ek nog sonder nommerplate ry maar met `n permit in die venster. Een het by my deur gestaan aan die bestuurderskant, die ander een by die passasiersdeur en die derde het aan die agterdeur gepluk om dit oop te maak, gelukkig was die deure almal gesluit anders weet ek nie. Hulle was opsoek na iets in my voertuig om te vat want hulle kon net nie ophou kyk wat in my kar aangaan nie, behalwe dat daar niks was om te vat nie. Hulle was uiters arrogant en het heeltyd met hulle wapens in die holsters gespeel om my te intimedeer. Ek het verlede week hier kommentaar gelewer om te sê hoe vreesbevange ek vir hulle is. `n Mens voel ongelooflik magteloos met drie van hulle om jou en jy kan net mooi niks doen indien iets sou skeefloop nie.

Drieks ·

BEE, Riah BEE, ANC, gemors.
Dit gaan die ANC in sy hakskeen kom byt wat hul geskep het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.