Derde van topstaatsamptenare nie gekwalifiseerd

Argieffoto (Foto: Unsplash/Pixabay)

Byna 35% van senior amptenare in die staatsdiens het nie die nodige kwalifikasies vir die poste wat hulle tans beklee nie. Volgens die DA verdien dié amptenare enige iets tussen R1 078 267 en R1 974 067 ʼn jaar.

In antwoord op ʼn vraag van die DA in die parlement het Senzo Mchunu, minster van staatsdiens en administrasie, gesê dat uit die 9 477 senior amptenare in die staatsdiens 3 301 nie oor die nodige tersiêre kwalifikasies beskik nie.

Volgens Mchunu is 1 987 van dié amptenare deur nasionale departemente in diens geneem en 1 314 deur provinsiale departemente.

Een van die groot sondaars is die nasionale departement van polisie met 228 senior bestuurders wat ongekwalifiseerd is. Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het 227 ongekwalifiseerde senior amptenare, die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling het 189, die departement van handel, nywerheid en mededinging het 128 en die departement van omgewing, bosbou en visserye het 107 ongekwalifiseerde amptenare in topposte.

Onder die provinsiale departemente het Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap die meeste ongekwalifiseerde senior amptenare met onderskeidelik 381, 246 en 185. Die Wes-Kaap (45), Noordwes (27) en die Noord-Kaap (18) het die minste ongekwalifiseerdes in diens geneem.

“Dit moet egter vermeld word dat baie departemente nie werknemers se kwalifikasies op die betaalstelsel plaas nie; inligting kan dus onakkuraat wees. Die departement van verdediging en staatsveiligheid word ook nie by hierdie statistieke ingesluit nie,” het Mchunu gesê.

“Sommige van hierdie departemente hou die sleutel tot die land se ekonomiese voortuitgang en voedselsekerheid, maar vir die ANC is kaderontplooiing baie belangriker as die welstand van sy mense,” het Michele Clarke, LUR van openbare ondernemings, gesê.

“Suid-Afrika gaan nie hierdie tendens van kaderontplooiing oorleef nie. Gewone Suid-Afrikaners ly al jare lank onder hierdie tipe korrupsie, en tensy daar nie dringend opgetree word nie, sal die land in ʼn piesangrepubliek verval.”

Die DA se wetsontwerp om kaderontplooiing hok te slaan, wat formeel die Algemene Wysigingswetsontwerp op Openbare Administrasiewette genoem word, poog om die aanstelling van staatsamptenare ten volle op meriete te laat berus en nie politieke lojaliteit nie.

“Ons wetsontwerp is onlangs in die regeringskoerant gepubliseer vir openbare kommentaar. Ons nooi Suid-Afrikaners uit om die wetsontwerp te lees en kommentaar te lewer deur na die volgende skakel te gaan.”

Alle kommentaar op die wetsontwerp moet voor einde April per e-pos aan [email protected] en [email protected] gestuur word.

Lees die DA se vraag in die provinsiale wetgewer aan Mchunu en sy geskrewe antwoord hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Blikkies ·

Sal baie graag wil weet as nie een van hierdie lede beskik oor ten minste ‘n NQF7 kwalifikasie soos aangedui deur die Minister van Staatsdiens en Administrasie nie, wat is hulle Individuele hoogste kwalifikasies?

Nie Verbaas ·

Wel as mens luister hoe n geoktrooieerde rekenmeester by Zondo kommisie getuig dan wonder ek hoeveel besit werklik enige kwalifikasie. Daarby, sonder gesonde verstand gaan mens ook geen kwalifikasie se kennis kan toepas nie.

Keith ·

Mind boggling. Imagine what the situation looks like at municipal level. Rotten from the top down, all the way down. “What a wonderful wooorld…….”. Eish… met kfc, coke en eish.

Persheks Adri ·

Ons kan sien aan hulle patetiese besluite dat hulle nie die nodige kwalifikasies het nie pffft maar hulle kry daai helse groot salaris waarvoor ONS betaal! Dink bitter min het matriek geslaag maggies man

Stefan ·

Ek’s eintlik verbaas, het gedink tenmindste 80% is nie gekwalifiseerd.
Mens sou dus kon dink ek is ‘aangenaam verras’ tensy die beampte wat hierdie syfer gee self nie gekwalifiseerd is nie.

Jakes ·

Dit is n skande vir enige land om sulke inligting bekend te maak. Ek kan miskien nie self iets daaraan doen nie maar ek stuur elke dag inligting na 15 verskillende lande wereldwyd, veral sulke tipe inligting sodat die mense in die buiteland kan besef wat hier aangaan en dan vra die agbare president nog vir mense om in SA te bele? Hy wat self kaderontplooiing goedkeur en bevorder. Geen wonder dat SA oor die afgrond in regeer is.

Nie Verbaas ·

En mense soos die kry hulle hande op $1 miljard lenings? Nie genoeg alreeds dat SA ongeveer R500 mil per dag moet genereer net om skuld te betaal nie. Dit is nou hoe gekwalifiseerdes n land regeer.

Annelize ·

Is julle seker dis NET 35%, dis nie dalk ‘n tikfout en moet eerder 53% wees nie? Want genade weet, teen die spoed wat alles ten gronde gaan, MOET daardie persentasie meer wees.

Anoniem ·

Om as ‘n senior bestuurder aangestel te word, vereis ten minste ‘n toepaslike kwalifikasie of jare se goeie ondervinding of beide. Ek stel enige dag eerder ‘n persoon met goeie ondervinding aan as iemand met ‘n nikswerd kwalifikasie wat nie die papier waarop die sertifikaat gedruk is werd is nie.

Jaco ·

Kwalifikasies is nie alles nie. Hier is my ervaring: ek het werkloos geraak verby die ouderdom van 40. Ek het geweet dis moeilik vir ‘n wit Afrikaanse man om op daardie ouderdom weer werk te kry. Behalwe vir my “verkeerde” velkleur, is ek keer op keer vir werk afgekeur weens die volgende redes:
Verkeerd gekwalifiseer
Te hoog gekwalifiseer
Uiteindelik het ek my CV gedokter. 4 jaar op universiteit en 2 universiteitsgrade het bloot geword: i attended University for 3 years. 1 jaar in die weermag het ek na 2 jaar verander. NIEMAND het my ooit oor dié “leuens” op my CV uitgevra nie. Niemand was ooit verbaas dat ek niks op universiteit bereik het nie. Uiteindelik, deur “dom” te lyk op my CV, het ek weer ordentlike werk gekry. Ironies dat daardie ordentlike werk nou help afbetaal aan die skuld uit die werklose jare waarin ek so eerlik was oor my kwalifikasies.

Sarel ·

Wat is nuus ons weet mos dit is ‘n Familie Besigheid
Skrik die DA nou errs wakker?

VaalDonkie ·

Ek self het nie ‘n graad nie, maar werk in ‘n bedryf waar mense gewoonlik grade het. Dit het my nog nooit gekeer om goeie werk te doen nie. MAAR ek moet ook darem noem dat ek wel goeie werk lewer (ek neem so aan want ek is ‘n senior en is nog nooit afgedank nie).

Hennie J ·

As oogknip nie n onwillekeurige aksie was nie, sou 50% van die oorblywende 65% nooit n oog knip nie.

Mariana ·

En wie is verbaas. Na aanleiding van die land se toestand is dit nie snaaks . Eintlik lagwekkend. Pateties.

Kiepie ·

En nog ‘n derde is, selfs met ‘n kwalifikasie, onbekwaam om die werk te doen.

Nie Verbaas ·

Net n derde? Mens sou dit nie se as ons kyk hoe elke liewe instansie, sonder uitsondering, deur onbeholpe kaders verwoes en geplunder is nie. Ek sal eerder dink dat minder as n derde is wel bekwaam.

Dup ·

Die mense gee geen duit om vir wat met die land gebeur nie.Solank hulle n blink motor ry,duur klere dra en naweke Johnny Walker drink, is alles reg.Dit is waaroor die “struggle” gaan….om by die geld en mag uit te kom.

Michael ·

Ek dink ons is lankal reeds ‘n piesangrepubliek-min wil dit egter erken

Sonia ·

Geen wonder SA is waar dit nou is nie! die ander 65% is óf dikwels afwesig óf die werklike ure wat gewerk word is bitter min – ek ook agtergekom dat hulle konsentrasie-vermoeë nie baie hoog is nie

Renier johannes ·

Haal hulle uit hulle poste as jy nie die kwalifikasies het nie is jy uit ry die sous train

Yolandie ·

Ek het actually gedink daar sal meer wees…..so dis nogal ‘n verrassing dat daar soveel minder is wat ek verwag het. Veral as mens nou inagneem dat meeste aangestel is agv nepotisme, glad nie geskool is nie en totaal onbevoeg is.

fishace ·

bitter moeilik om enigsins die anc iets goeds vir die HELE land te doen, maar probeer gerus

Madz ·

Dink daar moet nog na die wetlikheid van die oorblywendes se sogenaamde “kwalifikasies” ook gekyk word…. glo meer as die helfte daarvan is ook nog korrup/gekoop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.