Derde verdagte gesoek ná moord op onnie

Foto: SAPD/Facebook

Twee verdagtes het vroeër die week in die hof verskyn in verband met die moord op ʼn onderwyser van Noordwes terwyl die polisie steeds na ʼn derde verdagte op soek is.

Tshepang Joseph Leteane (23) en Nkululeko Moses Kraai (38) het Dinsdag vlugtig in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn in verband met die kaping, ontvoering en moord op die 44-jarige Isaac Dekote Tlhapi.

Volgens kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, moet die verdagtes weer op 6 Mei in die hof verskyn.

Tlhapi was glo verlede Donderdagaand by ʼn kuierplek en het drie mans ʼn saamrygeleentheid gegee toe hy die kuierplek verlaat het. Tlhapi is nie weer gesien nie en is die Vrydag as vermis aangegee by die polisie.

Myburgh het gesê Tlhapi se silwer Nissan Qashqai is Vrydagmiddag verlate in Soweto gevind. Verdere ondersoek het daartoe gelei dat die twee verdagtes Sondag in hegtenis geneem is.

Tlhapi se naakte liggaam is Maandag langs die pad tussen Makwassie en Leeudoringstad gevind. Hy het verskeie steekwonde opgedoen.

Volgens Myburgh gaan die soektog na ʼn derde verdagte onverpoosd voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Philip ·

Nog ‘n onskuldige word vermoor. Suid Afrika is siek. Geen saamry geleentheid moet gegee word nie want dis onveilig. Simpatie met familie

CHris ·

Dit is hartseer en sterkte vir sy familie. Kom ons kyk of al die clowns weer by die hof gaaan opdaag en demand, wat te betwyfel is , want daa is nien blanke betrokke nie

Santie ·

Maak nie saak watter ras of klas vermoor word nie. Dit is ‘n tragedie dat niémand hulle lewe seker is in hierdie mooie land van ons nie.

$ ·

So hartseer – die feit dat hy ‘n saamrygeleentheid gebied het, wys die soort mens wat hy was – iemand wat vir ‘n ander ’n klip uit die pad sal rol.
Dis siek dat mense met geen gewete op ander met goeie harte teer en hulle uitbuit, en selfs vermoor.

Verder hartseer is dat hulle (misdadigers) so lief is daarvoor om slagoffers se klere uit te trek – net daai bietjie ekstra weerloosheid van die slagoffer, om die sadiste se drange te bevredig.

Mag sy familie vertroos word, en mag geregtigheid seëvier.

Gert van Wierdapark ·

Hofsake is tydmors. Gee die aangekeerdes oor vir tuisverhoor deur die gemeenskap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.