Derde verdagte vas in Panayiotou-saak

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

ʼn Derde verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Jayde Panayiotou.

“Sinethemba Nenembe (28) het Vrydagoggend in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklag van moord en ontvoering,” het brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, gesê.

Panayiotou is in April vanjaar in Port Elizabeth ontvoer en vermoor.

“Nenembe moet op 2 Desember saam met sy medebeskuldigdes in die hof verskyn,” het Mills bygevoeg.

Hy was reeds in aanhouding by die St Albans-gevangenis in Port Elizabeth in verband met die moord op die 72-jarige Denise Webber op 20 Augustus 2015 in Kabegapark, toe speurders bewyse ontdek het wat hom positief verbind met die Panayiotou-saak.

Jayde se man, Christopher Panayiotou, word beskuldig van die huurmoord. Hy en Sizwe Vumazonke, wat Jayde glo doodgeskiet het, het op 28 September in die hof verskyn waar die saak tot 2 Desember uitgestel is. Die verhoordatum sal na verwagting in Desember vasgestel sal word.

Lees alle vorige berigte oor Jayde Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

REGINA ·

Ja jy’s reg, maar die een wat as “uitsmyter” vir Jayde se man gewerk het, is mos nou n “Staatsgetuie” want hy het mos as n lokvink gehelp om Jayde se man te inkrimineer in die saak – dan kry so n skurk mos nie juis n straf nie, dan nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.