ʼn 40-jarige man sal na verwagting Maandag in die Vosman-landdroshof verskyn in verband met die diefstal van treinspore.
Die verdagte is ʼn werknemer van ʼn bekende afvalbestuur- en skrootmetaalonderneming in Mpumalanga, het kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, Valke-woordvoerder, gesê.
“Die verdagte word verbind aan ʼn voorval waar treinspore ter waarde van R1,4 miljoen gesteel is.”
Lede van die Valke het Maandag in samewerking met ander agentskappe verdagtes dopgehou wat by Kromdraai treinspore op ʼn vragmotor gelaai het. Die beamptes het op die verdagtes toegeslaan en twee mense in hegtenis geneem.
Volgens Sekgotodi het ʼn derde verdagte in ʼn maatskappyvoertuig op die vlug geslaan, maar kort daarna teen ʼn muur gebots. Hy het egter ontsnap en is Saterdag by sy huis in Vosman in hegtenis geneem nadat die Valke inligting opgevolg het oor waar hy hom bevind.
Thulani Rodrigo Khumalo (33) en Dumisani David Nkosi (38), die twee verdagtes wat reeds Maandag in hegtenis geneem is, is in aanhouding nadat hulle Vrydag in die Vosman-landdroshof verskyn het. Hulle sal na verwagting weer Woensdag in die hof verskyn waar hulle om borgtog sal aansoek doen.
Die derde verdagte sal Maandag in die hof verskyn op aanklagte van die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur, diefstal en die besit van gesteelde goedere.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Ek kan nie verstaan hiekom die hof se tyd gemors moet word met borgaansoeke nie. As jy op heterdaad betrap word, is jy skuldig. Geen borg. As daar ‘n vermoede bestaan dat jy wel’ ‘n misdaad geleeg het en dat jy in die hof sal verkyn, is dit’ ‘n ander saak. Maar om vir elke misdaad tyd af te staan vir borg is sommer nonsens. Dit is geen wonder sake word nie afgehandel nie en word uit gestel tot in lengte van dae.
En die eienaar wat dit koop ?
As dit ‘n spoorlyn is wat in gebruik is, behoort poging tot moord by die klagtes gevoeg word.
Waar is die mense se logika?Met geen gedagte aan die gevaar wat dit aan treine en menselewens kan veroorsaak nie. Geen respek vir ‘n ander nie. Ek hoop hulle en die eienaar van die skrootwerf word swaar gestraf.
Doen n oudit op skrootwerwe .my pa het n stuk grond aan n skrootwerf verhuur, dit was nie lank toe is al die omliggende plaaseienaars oproerig. Elke stukkie yster is wegfgedra van die plase af. Toe ons ook nog uitvind hulle brand snags kabels skoon, het ons hul verjaag. Snaaks genoeg het my pa ook nie in die volgende winters so brongitis gehad nie.