Derde verdagte vas oor Levubu-plaasmoord

Hennie Bonnema. Foto: Verskaf

Hennie Bonnema. Foto: Verskaf

Die polisie in Limpopo het bevestig dat ʼn derde verdagte in hegtenis geneem is in verband met die moord op Hennie Bonnema, die boer wat verlede week Dinsdagaand op sy plaas in die Levubu-omgewing in Limpopo vermoor is.

Maroela Media het Vrydagaand berig twee verdagtes is vandeesweek in hegtenis geneem. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het egter intussen bevestig drie verdagtes is in hegtenis geneem en hy het ook ʼn aanpassing gemaak in die ouderdomme van die verdagtes. “Drie verdagtes, onderskeidelik 24, 31 en 33 jaar oud, is in hegtenis geneem en die polisie het ook beslag gelê op verskeie items wat tydens die voorval gesteel is,” het hy gesê.

Bonnema (62) het op 18 Oktober by sy suster en swaer gaan kuier en is oorval toe hy later die aand teruggekeer het. Hy het verskeie steekwonde opgedoen en het dadelik aan sy beserings beswyk.

“Die polisie het sy liggaam in ʼn plas bloed aangetref. Die aanvallers het sy selfoon en motorsleutels gesteel,” het Ngoepe gesê.

Ngoepe het bevestig die verdagtes sal Maandag in die Vuwani-landdroshof verskyn, en nie Louis Trichardt soos vroeër berig is nie. Die polisie-ondersoek duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Hennie Bonnema op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Saff ·

Derde verdagte? Hoeveel het op dan op die weerlose mens toegesak?

Wilhelm ·

Hoog tyd dat sulke mense wanneer skuldig bevind word permanent uit die samelewing verwyder word – maw doodstraf. Sela

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.