Derde verdagte vas vir Elsiesrivier-moorde

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op vier mense gisteraand in Elsiesrivier in die Wes-Kaap.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 27-jarige verdagte is vanoggend in hegtenis geneem nadat twee verdagtes vroeër vanoggend in verband met dié grusame moorde aangekeer is.

Dit volg ná gisteraand se moord op ʼn 10-jarige meisie, twee 12-jarige seuns en ʼn 19-jarige man in Northmead Hof in Meltonweg. Twee vroue, albei in hulle vroeë 30’s, is in die voorval gewond.

Maroela Media het vroeër berig ʼn deurnagsoektog deur lede van die teenbende-eenheid (AGU) en die Elsiesrivier-polisie se misdaadvoorkoming- en misdaadintelligensie‑eenheid het daartoe gelei dat ʼn 30-jarige verdagte in dieselfde gebied van die moorde vasgetrek is. ʼn Paar uur later is nog ʼn verdagte, 36 jaar oud, in hegtenis geneem.

Die derde verdagte sal saam met die ander twee verdagtes binnekort in ʼn hof verskyn.

Die polisie kon nie vanoggend bevestig dat die motief vir die moorde bendeverwant is nie, maar sê die moontlikheid word ondersoek. Volgens gerugte was die jong man, Vineto Afrika, ʼn lid van die Dissipel-bendegroep. Dié bendegroep is saam met die Bad Boys en die Terribles bekend vir hulle bedrywighede in die Elsiesrivier-omgewing.

Volgens ʼn gemeenskapsleier in Elsiesrivier, Steve Ross, is die orde binne die Dissipels-bendegroep versteur nadat hulle leier, bekend as Appel, doodgeskiet is. Volgens Ross kan die voorval van gisteraand as ʼn geteikende moord beskou word.

Volgens die Western Cape Gangwatch is die Wendy-huis waarin die slagoffers was, se voordeur afgeskop waarna die verdagtes op die inwoners begin losbrand het. Die twee vroue het na bewering op die bed gelê, terwyl die kinders televisie gekyk het. Die verdagtes het van die toneel gevlug waarna die gewonde vroue buite hulp gaan soek het.

ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

wilma ·

Die gemeenskap met stokke en klippe sal geregtigheid laat geskied. Wette van Afrika hopeloos

Kobus ·

Met die Weermag dasr kan dasr dan nie.meer vooraf optrede wees om sulkecgevalle te voirkom nie. Borg sal.ook natuurlik toegestaan word want hulle regte weeg swaarder as die van die slagoffers. Die mense in Beheer weet nie hoe om vooraf op te tree nie. Klopjag op Klopjag en arrestasies selfs vir pieppie op straat.

JohanR ·

Net moord en doodslaan in die nuwe SA, en ANC se nee vir ‘n referendum om die doodstraf terug te bring. Laat die mense van SA hulle kruise trek vir ‘n ja of nee stem om die doodstraf terug te bring. Dit is demokrasie !

Se maar net ·

stemvee sal dit beveg en sien hulle is meerderheid. so jammer

Koos de Meyer. ·

Die weermag kamtig daar maar dit hou net aan. Swak pateties elke dag lees ons van moorde. Wanneer gaan dit ooit ophou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.