Derde verdagte vas vir moord op KZN-polisieman

(Argieffoto)

Nóg ’n verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op sers. Nduduzo Sibiya (36), wat in April in Verulam, KwaZulu-Natal, doodgesteek is. Twee verdagtes het reeds in die hof verskyn in verband met dié sersant se moord.

Kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die 22-jarige verdagte is Woensdag in die Durbanse middestad vasgetrek. Hy sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Verulam verskyn.

“Die verdagte is sedert die moord voortvlugtend. Die polisie sal ondersoek instel om vas te stel of hy met ander ernstige misdade verbind kan word,” bevestig Nkwalase.

Sibiya is op 11 April deur drie verdagtes oorrompel nadat hy ’n vrou wat aangerand is, gehelp het. Die verdagtes het Sibiya na bewering agtervolg en hom met ’n mes gesteek. Hulle het hom daarna van sy dienspistool beroof.

Sibiya is na ’n nabygeleë hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.

Maroela Media het vroeër berig die ander twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 25 jaar oud, is twee dae ná die moord in Bergville, KwaZulu-Natal, opgespoor. Hulle het in dié dorp weggekruip.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Persheks Adri ·

Nog ‘n vuurwapen in die hand van die kriminele en dis WEER ‘n wapen van SAPS gggmmmfff, maar ons moet ontwapen word voetsek man

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.