Derde verdagte vas vir moord op polisieman

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Derde verdagte is Donderdagoggend in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n adjudant-offisier wat in November tydens ʼn kaping naby Brits geskiet is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die taakspan wat ao. Sipho Sithole se moord ondersoek, het die 24-jarige verdagte in Makapanstad in die noorde van Pretoria vasgetrek terwyl hy nog geslaap het. Hy sal Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn.

Die man se twee medepligtiges, Samuel Marothi Maphanga (24) en Luca Ndoda Mathibefazi (39), het reeds in die hof verskyn, maar sal Vrydag weer in die beskuldigdebank wees.

Sithole, wat by die Assen-polisiestasie in Noordwes gevestig was, is op 14 November deur drie mans genader wat hom in sy bors geskiet het voordat hulle met sy VW Polo op die vlug geslaan het. Sithole is na ʼn hospitaal gehaas, waar hy twee dae later dood is.

Sy motor is later verlate naby Soshanguve, noord van Pretoria, gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Dankie vir die Valke wat deesdae gewone polisie werk moet verrig. Kan hulle nie maar na polisie terug geplaas word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.