Derduisende Gauteng-leerders kort nog plek in skole

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Meer as 58 000 leerders in Gauteng is nog nie in skole geplaas nie.

Oupa Bodibe, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê daar is tot dusver meer as 130 000 leerders in gr. 1 en meer as 100 000 leerders in gr. 8 in Gautengse skole geplaas. Skole in die provinsie heropen Woensdag.

Die departement het verlede jaar ʼn aanlyn registrasieproses bekend gestel vir ouers om aansoek te doen vir toelating vir leerders. Volgens Bodibe kon aansoeke nie tydens die vakansietydperk verwerk word nie. Talle skole het egter vandag met die administratiewe proses begin.

Bodibe het gesê daar sal hard gewerk om soveel moontlik leerders in skole te plaas. Ouers wat nie betyds verlede jaar aansoek gedoen het nie se kinders sal eers teen Maart vanjaar geplaas word.

Khume Ramulifho, die DA se woordvoerder, het gesê dit is kommerwekkend dat soveel leerders nog nie geplaas is nie al het hul ouers betyds aansoek gedoen.

Ramulifho het gesê die aanlyn registrasieproses moet gebruik word om plasings te beplan met die nodige hulpbronne. “Die LUR [Panyaza Lesufi] moet meer hulpbronne gee aan skole waar die vraag hoër is. Dit sluit klaskamers, onderwysers en leermateriaal in.”

Ramulifho het gesê ouers beland in ʼn moeilike finansiële situasie wanneer hulle kinders nie geplaas word nie aangesien hulle nie vir uniforms, skoolgeld en ander nodige materiaal kan begroot nie.

Lesufi het vroeër gesê ouers wat verlede jaar aansoek gedoen het, moenie bekommerd wees nie aangesien skole gevind sal word om hul kinders te akkommodeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Landi Maree ·

Ek verstaan baie ouers het nie toegang tot aanlyn registrasie gehad ni. Maar as sekere ouers ni in opstand gekom het en skole afgebrand het sou daar genoeg skole gewees het

Simon ·

Het alle ouers toegang tot rekenaars en/of kundigheid om aanlynregistrasie te kan hanteer.
Mnr Lesufi moet behalwe.om net kinders te plaas Sorg dat daar genoeg skole is dan sal daar ook nie skole afgebrand word omdat daar (paradoksaal) te min skole is

Nico ·

En die dataverskaffers slaan munt ten koste van realistiese opvoeding.

snoefie ·

ai tog hier kom “rassistiese weiering” alweer. hulle het eerste, tweede en derde kanse om te registreer verbeur. laat hulle dus maar “homeschooling” doen. gratis. geen busse en taxies nie.

Susan ·

Die Lesufi stel net in een ding belang en dit is om Afrikaanse skole te vernietig.

Andre ·

My dogtertjie gaan Gr R toe die jaar. Ons het laas jaar fisies na die skool toe gegaan om seker te maak dit sal so geskied. Daar is na my opinie, nie verskoning vir laat registrasie nie. Dis die ouer se PLIG om dit te verseker.
Is daar te min fasiliteite, heel waarskynlik. Mnr Lesufi, hou op om alles te wil reguleer. Los Afrikaanse skole Afrikaans. Daar is ‘n meerderheid Engelse skole. Daar is ‘n meerderheid Engels Afrikaans medium skole. Maak eerder seker dat die onderwysers op ‘par’ is met wat verwag word. Verseker eerder dat daar die regte geriewe en nodighede is vir kinders wat wel daar is en wil wees. Julle spandeer teveel tyd om alles te wil verander. Spandeer meer tyd om eerder te herstel en of op te gradeer…

Clyvia ·

Die kinder wat eers teen Maart geplaas gaan word verloor natuurlik die eerste kwartaal se werk. Hoe vang daai kinders weer op?

Alida ·

Hulle kon 10 jaar gelede al voorspel het dat daar te min skole is. Hoekom het hulle nie skole gebou nie? Daar was genoeg tyd om dit te doen. Sommige mense kry mos net kinders vir die toelaag en dink nie verder nie.

bosfeetjie ·

Daarom my kind tuisonderrig. Sy sal baie beter opleiding kry as die snert wat oor geskiedenis vir hulle geleer word en die breinspoeling.

boself ·

ek hoop die kind is in n geregistreede program anders is dit maar net nog n arme kind wie se ouers hom/haar n geleerdheid uit selfsug ontneem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.