Derduisende jonges wil by polisie aansluit

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Maandag aangekondig dat hy steeds besig is met die keuring van nuwe polisierekrute vir die basiese opleidingsprogram (BPLDP) vanjaar. Altesaam 535 993 aansoeke is reeds by 1 154 polisiestasies reg oor die land ontvang.

Volgens genl. Khehla John Sitole, nasionale kommissaris van die polisie, is dit bemoedigend om te sien hoeveel jong mans en vroue in die land bereid is om hul medeburgers te dien en te beskerm as toekomstige polisiebeamptes.

Aansoeke het reeds in Oktober gesluit. Slegs kwalifiserende kandidate wat aan die basiese toelatingsvereistes voldoen, word in aanmerking geneem vir die keuringsproses vir die opleidingsprogram. Dié keuringsproses word gemonitor deur ʼn raad wat bestaan uit die senior bestuur van die polisie, sowel as eksterne belanghebbendes, insluitend lede van die gemeenskap.

Van die aansoekers het reeds psigometriese assessering ondergaan. Dié assessering dien as maatstaf om te bepaal of die aansoeker emosioneel stabiel is om in die gemeenskapsdienssentrum en binne die breër polisiegemeenskap te kan funksioneer. Aansoekers se vlak van integriteit word ook gemeet om die individu se vatbaarheid vir korrupte aktiwiteite te bepaal. Indien aansoekers dié assesserings slaag, kry hulle die geleentheid om na die volgende vlak van die keuringsproses te vorder.

Aansoekers wat binne drie maande ná die sluitingsdatum geen amptelike kommunikasie van die polisie ontvang het nie, moet hul aansoeke as onsuksesvol beskou. Suksesvolle kandidate sal onmiddellik in kennis gestel word sodra die betrokke prosesse afgehandel is.

Volgens Sitole en brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, is die werwing en keuring van gedissiplineerde, opregte en passievolle polisierekrute van kardinale belang vir die voortgesette sukses van die polisie se werk en mandaat. “Daarom word só ʼn streng keuringsproses gevolg,” sê Sitole.

Naidoo verseker die publiek dat aansoekers deur die keuringsproses op grond van meriete gekeur word en dat die proses vry is van partydigheid, nepotisme en diskriminasie.

Sitole het namens die polisiediens al die aansoekers sterkte toegewens met die keuringsproses. “Ons sien uit daarna om elkeen in ons geledere te verwelkom,” sê Sitole.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andie ·

Easy way out? Te lui om werk tesoek of wil jy regtig deel van die mag wees?

twaalfboor ·

Die polisie is lankal nie meer ‘n “mag” nie.
Ek dien al 35 jaar in SAPS en kan nie oor die degenirasie kom nie.

AW ·

POLICE WORK AND IDENTITY a South African Ethnography by Andrew Faull – 2018: Routledge .

“By focusing on police officers, this book positions the individual in primacy over the organisation, asking what policing looks like when motivated by the persuit of ontological security in precarious context.

It acknowledges but downplays the importance of police culture in determining officers’ attitudes and behaviour, and reminds readers that most officers’ lives are entangled in, and shaped by, a range of social, political, and cultural forces.

It suggests that a job in the South African Police Service (SAPS) is primary just a job.

Most officers join the organisation after other dreams have slipped beyond reach, their presence in the Service being almost accidental.”

SomeOne ·

ek hoop net die rekrute kan 5 en 6 bymekaar tel en nie 12 kry nie, weet hoe om ‘n pen vas te hou en te skryf en kan “luister” wat die klaer te se het
die basiese kennis het van ‘n pistool en geweer, loop altyd na jou gesig gewys

Vriendelike Frikkie ·

Ek hoop net hulle leer hulle dat betreding wel ‘n kriminele oortreding is. Hier in my gedeelte van Pretoria weier enige polisiestasie om betreding as ‘n misdaad te erken. Was amper toegesluit omdat ek glo ‘n “scene” gemaak het daaroor.

Leon ·

Daar is geen ander werk nie. Nou probeer hulle die polisie en Weermag. Die ANC se beleid van werks vernietiging.

MIA ·

Die meeste van hulle soek net ‘n maklike manier om verhewe bo die reg te wees, want om in die Polisie diens of staatdiens te wees, dan is jou kop deur. Jy kry betaling om heeldag niks te doen nie. Deur heeldag so besig te wees om besig te lyk , dat jy besig is.

Niklaas ·

Deesdae is dit een aangename kommervrye ontspannende vorm van daaglikse tydvedryf teen betaling. Dan bestaan daar ook wyses om ekstra geld te bekom. Pragtige vooruitsig. Soveel potensiële voordele vir enige aansoeker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.