Derduisende mediese poste vakant

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Jossué Trejo/pixabay)

Daar heers groot kommer oor die hoë vakaturekoers van mediese personeel in die land.

Die departement van gesondheid het Maandag in die parlement bekendgemaak dat 18,6% van poste vir spesialis‑ mediese personeel in private en staatshospitale reg oor Suid-Afrika tans vakant is. Altesaam 13,7% van poste vir verpleegsters is nie gevul nie. Die provinsie wat die ergste geraak is, is die Vrystaat, waar ʼn kwart van poste nie gevul is nie.

As daar na vakatures vir spesialis‑ mediese personeel gekyk word, is die provinsie met die hoogste getal ongevulde poste die Noord-Kaap, met amper die helfte (46%) van poste wat tans vakant is.

Die Wes-Kaap verteenwoordig die laagste vakaturekoers vir verpleegpersoneel, teen 5,5%, sowel as spesialis‑ mediese personeel, met 9,2% van poste vakant.

Daar is altesaam 21 453 vakante verpleegposte in Suid-Afrika. Die departement het in Maart in ’n geskrewe antwoord aan die VF Plus bevestig daar is altesaam 10 831 verpleegposte net in staatshospitale vakant.

Die departement het in dieselfde antwoord bevestig dat altesaam 1 339 vakante poste vir dokters in die staatshospitale beskikbaar is. Die meeste van hierdie poste is in Limpopo (414), gevolg deur KwaZulu-Natal (257) en Gauteng (174).

Die departement het aan die party gesê dat hy nie al die poste gelyktydig kan vul nie, weens die dienskoste wat negatief beïnvloed word deur die algemene begrotingsbesnoeiings wat deur die nasionale tesourie ingestel is, as deel van fiskale konsolidasie in die staatsdiens.

Philip van Staden, ʼn VF Plus-LP en die party se woordvoerder oor gesondheid, sê die hoë vakaturekoers is ontstellend en dit is duidelik dat daar ’n tekort aan dokters en verpleegsters landswyd is.

“Die probleem gaan nie binnekort opgelos word nie. Die regering moet ook maar eerder sy planne om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) in te stel, laat vaar. Indien die regering dink dat die NGV hierdie tipe van probleme gaan oplos, leef hulle in ʼn droomwêreld,” sê Van Staden.

Michele Clarke, die DA se woordvoerder oor gesondheid, sê die hoë vakaturekoerse beïnvloed ongetwyfeld die verskaffing van gesondheidsorg van gehalte.

Die DA gaan aan die voorsitter van die portefeuljekomitee vir gesondheid skryf om die departement te versoek om die volgende op te klaar:

  • Die redes vir die hoë vakaturekoerse.
  • Planne oor hoe hierdie vakatures gevul sal word.
  • Hoe die departement beplan om opleidingsverpleegkolleges te versterk.
  • Of die departement sulke vakatures aan binnelandse sake bekend gemaak het ten einde die departement aan te moedig om verpleegkundiges en spesialis‑ mediese personeel by die lys van kritieke vaardighede in te sluit.

“In Maart vanjaar is duisende tydelike Covid-19-personeel boonop laat gaan omdat die provinsiale gesondheidsdepartemente nie die fondse gehad het om personeel te behou nie. Uitdagings in die gesondheidsorgsektor sluit ’n tekort aan mediese vaardighede en ’n tekort aan fondse in om hierdie kritieke vaardighede in die stelsel te absorbeer,” sê Clarke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lillian ·

die regering weier blanke studente om medies te swot, meeste van ons medici verlaat die land agv die feit dat hul nie poste kry nie agv van hul velkleur …

Marius ·

By die staat is dit maklik. Die poste word nie gevul nie want die werwings kantore sit op hul loure en rus. Hul is baie traag met die plasings van advertensies vir vakante poste en dan is daar natuurlik interne inmengery as daar wel mense geplaas word.

casper ·

Kyk maar net na die rassistiese ANC vir die redes.
My dogter vlieg uit Sondag.
Totsiens nog een dokter SA.

Hennie ·

Hou nou ook in gedagte dat die staat se mediese personeel BAIE meer salaris en voordele kry as in die privaat sektor. En die poertenjolle wil die Nasionale gesondheid stelsel bestuur.

Harley Davidson ·

Die regering se diskriminernde beleid teen wit minderhede verhoed ook wit studente om medies te swat agv hulle kwota innames gebaseer op velkleur.

Wondermaarnet ·

Waar saai die ANC nie verwoesting nie? Jy word gekeur op kleur en nie jou kwalifikasie of ondervinding nie. Geen wonder daar is so baie oop poste nie en geen wonder die wit dokters gaan landuit nie. Ek blameer hulle nie.

Twallie ·

Dit verbaas my nie. Staats hospitale word so erg verwaarloos deur die regering.

Geen persoon wat vir jare gestudeer het gaan hul tyd daar gaan mors in plaas van om geld te maak in die privaat sektor nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Almal wat vir die ANC se kommunistiese National Democratic Society , voortaan bekend as eMzansibabwe, stem, moet aan die res van die bevolking die pad vorentoe verduidelik. eMzansibabwe = Zimbabwe Weergawe II. Tragies.

piet ·

Jy’s reg, dit gaan hulle rede gee om Kubaanse dokters in te voer. Alles solank SA blankes net uitgehou word.

Manie ·

Dan het 2 Militêre Hospitaal in Wynberg seker ‘n 100% vakature persentasie. Hulle antwoord nie eers hul telefone nie en indien jy wel gelukkig is om deur te kom, is die persoon na wie jy soek op verlof. Absolute skande vir ‘n eens trotse hospitaal.

Swerwer ·

Ai Manie, by 3 Mil gaan dit net so. Ons trots bestaan lankal nie meer van die kommunis in beheer is nie. Gaan besoek die hospitaal en jy sien hoeveel sit agter 1 tafel en niks doen nie. Hul kleredrag is slordig, oorgewig, eet in die kantore en gil en lag soos net hul kultuur dit toelaat. Dissipline, netheid, integriteit ontbreek.

Kobus ·

Raai hulle of weet hulle? Is die syfers geloofwaardig? Word dit nie aangepas sodat die ” behoefte ” aan Kubaanse dokters “geregverdig” kan word nie? Of is dit ook te wyte aan die plundering van die ANC op alles wat eens goed gewerk het in SA?

Racheltjie Debeer ·

Die skuld lê vierkantig op die regering se skouers! As hulle hul BEE beleid laat vaar, sal die poste gevul kan word.

May10 ·

Bring nog mense van Cuba. Ons dokters is almal oorsee,want Suid Afrika maak n grap van hulle. Julle het hulle verdryf nou wil julle huil.

Vernon ·

Die ANC gaan eerder ten gronde as om wittes in diens te neem of Medies te laat studeer. Hy sny sy eie neus af…wag maar dit haal hulle vinnig in.

Swerwer ·

Ja want wit velle mag mos nie poste beklee nie, is mos die kommunis se siening!

Danny ·

Ja, ons mense kry geen keuring en gaan studeer oorsee.. As julle skrik, skrik net WAKKER!!

Jaco ·

Wat dan nou van regstellende aksie en BEE? Dit behoort eintlik maklik te wees om al dié poste vinnig te vul. Kwalifikasies en ondervinding tel nie eens veel nie. Net die “regte” velkleur is mos maar al wat tel om werk te kry.

Wondermaarnet ·

Hel nee, ek sal nie dat enige dr aan my raak nie. Darm kan ek kies en word nie daaroor deur die EFF aangevat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.