Derduisende NSFAS-aansoeke ontvang

Die skare buite die Capricorn TVET-kollege in Polokwane tydens registrasie (11 Januarie 2018). Foto: SAPD

Die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) het Woensdag aan LP’s gesê altesaam 408 000 aansoeke vir volledige studiefinansiering is reeds ontvang.

NSFAS-beamptes het die parlement se portefeuljekomitee oor hoër onderwys toegespreek en gesê meer as 90% aansoeke wat ontvang is, is reeds bekragtig.

Altesaam 258 000 aansoeke is ontvang van aansoekers wat by universiteite wil studeer en 149 000 van studente wat vir beurse aansoek gedoen het om by tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET) te studeer.

NSFAS het bevestig dat die skema finansiering vir 117 000 studente bevestig en reeds met hulle gekommunikeer het. ʼn Verdere 113 000 studente is reeds geassesseer en bevredig die finansieringskriteria na gelang van hul toelating tot die betrokke instellings.

Dié nuwe ooreenkoms, waarvolgens studente uit huishoudings met ʼn gesamentlike inkomste van minder as R350 000 gratis onderrig sal ontvang, sal oor ʼn tydperk van vyf jaar ingestel word vir universiteitstudente. Die volledige koste van studie sal betaal word vir studente wat die eerste keer universiteit bywoon.

Lenings van bestaande studente van gesinne met ʼn huishoudelike inkomste van R350 000 of minder sal in ooreenstemming met ʼn nuwe regeringsmandaat na beurse omgeskakel word.

“Studente wat by TVET-kolleges toegelaat is wat die toelatingskriteria bevredig in terme van prestasie en wat van ʼn familie afkomstig is wat minder as R350 000 per jaar verdien, sal nie van 2018 af verder studiekoste betaal nie. Studente wat terugkeer, sal nie weer by NSFAS moet aansoek doen nie.”

Alle studente wat vir finansiering kwalifiseer, sal geensins administratiewe geld vooraf hoef te betaal nie. Dié fooie sal betaal word as deel van die eerste betaling van die studiegeld.

NSFAS het ook laat hoor dat alle studente wat vir beurse in aanmerking kom kontrakte sal teken wat bindende verpligtinge soos akademiese en diensvereistes bevat.

“Die kriteria vir finansiële en akademiese geskiktheid sal steeds vir die nuwe finansieringsreëling geld, en akademiese geskiktheid behels dat die student aan die akademiese vorderingsvereistes voldoen het en by ʼn openbare tersiêre instansie aanvaar is.”

Finansiering sluit die studiegeld, voorgeskrewe studiemateriaal, verblyf, etes en basiese lewensbenodigdhede van die student in.

Toe LP’s bekommernisse opper oor uitstaande skuld van terugkerende studente het NSFAS gesê skuldinstellings sal versoek word om alle NSFAS-studente wat in 2018 verder studeer te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

DOKTER ·

LMGA . janee nou kan almal DOKTERS word .. is daar darem ‘n beperking op studiejare of mag hulle 50 jaar verniet studeer omme dokter te word?

Diklizzy ·

My dogter studeer studeer met behulp van NSFAS. Hulle moet kwartaalliks uirslae indien en jaarlijs heraansiek doen. Verder moet hulle die aantal jare wat hulle die beurs ontvang het, terugwerk na voltooiing van hulle studies.

GM ·

Ek kom ook uit ‘n huishouding uit waar daar minder as dít verdien was. Ek moes met beurse en lenings studeer. Mag ons almal ons geldjies terugkry?

Lou ·

Ek’t ook n fonds vir studente, maar ek kies self die 2 per jaar wat dit ontvang, soos Unisa se “sekere studente” wat oopboek toetse kry, en die ander nie.

Oom Koos ·

Ai foeitog… Na die verkryging van die waardelose ” grade” waar gaan al die derduisende graduandi ‘n werkie kry.

JOKE ·

Daarmee stem ek saam oom Koos, vandat sekere mense nie hoef gekeur te word nie, maar op grond van kwotas in alle rigtings ingedruk word en vandat elke Jan Rap en sy maat enigiets wat hy wil kan studeer teen GEEN koste, gaan ons binnekort miljoene gegradueerdes hê wat soos in Zimbabwe karre oppas of GEEN werk het met hulle grade nie. Ten minste sal hulle dan VREEDSAME proteste kan lei, dan is hulle darem gekwalifiseerd en opgelei/opgevoed!

Al ·

Kyk News 24. Volgens navorsing stel slegs 1% belang in grond en die ander verkies eerder studeer en werksgeleenthede.
Dis goed dat hul studeer. Dit hou hul uit die kwaad uit… O wag, voordat iets aan die brand gesteek word.

BCom Vanself ·

Kyk nadat Malema sy BCom graad verwerf het met een F en 5 E’s op sy matriek rapport moet ek se dink ek ook nie meer dieselfde van BCom nie. As hy een kan kry, kan enigeen.

Al ·

Hy het sy BCom met Comics-Laude geslaag.
Dalk kry hy ñ meestersgraad in Snert praat.

zeno ·

`n Graad agter die naam, maar kan die persoon die werk doen. So raak die land net al hoe meer in sy kannon in. Siek besigheid.

Hans ·

Word die aansoekers se inligting oor die inkomste ooit ge-oudit of word dit net as korrek aanvaar?

Nettie ·

En hoeveel van hierdie studente is ware, gebore Suid-Afrikaners??? Ek praat nie van “genaturaliseerde” Suid-Afrikaners nie. Myns insiens verdien SLEGS studente wat potensiaal toon om hul studies te voltooi binne ‘n gegewe tydperk en wat werklik ‘n aanwins vir die ekonomie sal wees in hul studierigting en wie ook daardie studielening gaan afbetaal op die ou einde, sodanige NSFAS-fasilitering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.