
‘n Skermskoot van die webtuiste.
Derduisende Suid-Afrikaners wat geregistreer is op ʼn webwerf waar getroudes ʼn ‘skelmpie’ kan soek, se besonderhede kan moontlik bekend gemaak word ná ʼn kuberaanval.
Avid Life Media (ALM), wat die webwerf ashleymadison.com besit, het bevestig dat kuberkrakers toegang tot die persoonlike inligting van sy kliënte gekry het. Die kuberkrakers dreig nou glo om die inligting bekend te maak. Die webtuiste ashleymadison.com moedig buite-egtelike verhoudings aan en het glo sowat 40 miljoen lede regoor die wêreld.
RDM berig intussen tot 175 000 Suid-Afrikaners is op dié webtuiste geregistreer. Volgens ALM is ʼn tegnologieveiligheidsfirma aangestel om die saak te ondersoek.
KrebsonSecurity, wat eerste berig het oor die kuberaanval, het gesê die kuberkrakers is ʼn groep wat na hulself verwys as “The Impact Team”. Die kuberkrakers dreig glo om al die persoonlike inligting bekend te maak indien die webtuiste nie totaal verwyder word nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
34 Kommentare
Publiseer die name…….. huwelik is daar om ge eerbied te word. Nie om agter eggenote se rug te rinkink nie !!
Publiseer die name! Wil sien wie met rooi gesigte rondloop
Ek hoop hulle maak die name bekend want my vrou dink mos ek kan nie ñ skelm kry nie…
Ek stem saam Publiseer die name sodat almal wat skelm verhoudings het n les geleer kan word .
Wonder hoeveel egskeidings dan ?? Hoekom trou of in verhouding wees as jy n skelm streek in jou het .
As ‘n man honger is gaan nie eers dit hom stop nie. Dis verbasend dat eggenotes (manlike en vroulik) oor die draad eet.